SA akteur glo in hegtenis vir moord

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn 50-jarige man wat glo bekend is vir sy rolle in Suid-Afrikaanse sepies en verhoogproduksies, is Vrydag in verband met ʼn moord in Norkem Park aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Ao. Barbara-Anne Ferreira, polisiewoordvoerder, sê private veiligheidsbeamptes is Vrydag na die toneel in Tenkwastraat ontbied waar die liggaam van ʼn 29-jarige man in ʼn kothuis aangetref is. Die slagoffer was vermoedelik die verdagte se lewensmaat.

“Die verdagte was steeds op die toneel en in besit van ʼn Beretta-vuurwapen. Die motief vir die moord is in dié stadium onbekend.”

Ferreira sê die verdagte is in hegtenis geneem en na die Tembisa-hospitaal vir behandeling geneem aangesien hy ʼn oordosis pille ingeneem het.

“Hy sal van moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen aangekla word.

“Die verdagte sal in die Kempton Park-landdroshof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan is.”

Hoewel daar tans in die media beweer word dat die akteur voorheen al in die gewilde sepie 7de Laan te sien was, het 7de Laan se woordvoerder, Kaylene Bessit, aan Maroela Media bevestig dat dit nie die geval is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

QueenB ·

Nee wag los mense se privaatheid..privaat..nuuskierig kom wees nie

Jinksie ·

Toemaar dink nie dis vir n sepie wat jy graag na kyk nie. Klink na n regering-geborgde sepie se akteur.

H.A. ·

Die media is tog so geheimagtig. Dit sal in elk geval uitkom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.