SA dokkie wen Oscar; ‘Nomadland’-regisseur maak geskiedenis

My Octopus Teacher.

My Octopus Teacher is as beste vollengte dokumentêr by die Oscars aangewys.

Pippa Ehrlich, regisseur van die rolprent, en die vervaardigers James Reed en Craig Foster het die toekenning ontvang. Die rolprent het ook vroeër die maand ’n Bafta gewen, is al vir talle ander toekennings benoem en het ook al ʼn paar pryse op internasionale rolprentfeeste ingeoes.

Die Oscars is vanjaar by Union Station in Los Angeles uitgedeel met die room van Hollywood wat by die toekenningsgeleentheid teenwoordig was. Die toekenningsgeleenthede wat die Oscars vooraf gegaan het, het hoofsaaklik aanlyn plaasgevind.

Frances McDormand en Chloe Zhao. (Foto: POOL/GETTY IMAGES NORTH AMERICA/Getty Images via AFP)

Chloe Zhao het slegs die tweede vrou geword om ’n Oscar te wen vir beste regisseur vir die rolprent Nomadland. Zhao is die eerste vrou van kleur om as beste regisseur aangewys te word. Kathryn Bigelow was die eerste vrou om ’n Oscar te wen vir beste regisseur. Sy het in 2010 gewen vir The Hurt Locker.

Nomadland is ook as die beste rolprent aangewys en Frances McDormand is as beste aktrise aangewys vir haar rol as Fern.

Anthony Hopkins is as beste akteur aangewys vir sy rol in The Father. Daniel Kaluuya is as beste akteur in ’n ondersteunende rol aangewys vir Judas and the Black Messiah. Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol is aan Yuh-Jung Youn toegeken vir Minari.

Die ander wenners sluit in:

Beste buitelandse fliek

Another Round (Denemarke)

Beste tekenprent 

Soul

Beste oorspronklike draaiboek

Promising Young Woman, Emerald Fennell

Beste aangepaste draaiboek

The Father, Christopher Hampton en Florian Zeller

Beste kinematografie

Mank, Erik Messerschmidt

Beste kostuumontwerp

Ma Rainey’s Black Bottom, Ann Roth

Beste kortprent dokumentêr

Colette, Anthony Giacchino en Alice Doyard

Beste redigering

Sound of Metal, Mikkel E. G. Nielsen

Beste grimering en haarstilering

Ma Rainey’s Black Bottom, Sergio Lopez-Rivera, Mia Neal en Jamika Wilson

Beste oorspronklike klankbaan

Soul, Trent Reznor, Atticus Ross en Jon Batiste

Beste oorspronklike liedjie

Fight for You van Judas and the Black Messiah; H.E.R., Dernst Emile II en Tiara Thomas

Beste produksie-ontwerp

Mank, Donald Graham Burt en Jan Pascale

Beste kortprent

Two Distant Strangers, Travon Free en Martin Desmond Roe

Beste kortprent (animasie)

If Anything Happens I Love You, Will McCormack en Michael Govier

Beste klank

Sound of Metal, Nicolas Becker, Jaime Baksht, Michelle Couttolenc, Carlos Cortés en Phillip Bladh

Beste visuele effekte

Tenet, Andrew Jackson, David Lee, Andrew Lockley en Scott Fisher

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lindi ·

Baie geluk aan die “Octopus Teacher” se vervaardigers en sommer almal wat daaraan gewerk het! Dit was regtig gevoelig en briljant gedoen. Dis ‘n huil werd!!!

Jaco ·

“Eerste vrou van kleur”. Was alle vroue wat tot nou toe Oscars gewen het dan kleurloos of deurskynend? Sover ek weet is wit/blank/Kaukasies ook ‘n kleur. Ek wonder maar net…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.