SA man van nog ʼn moord in Alaska aangekla

Brian Steven Smith in die hof. Foto: (AP Photo/Mark Thiessen)

Brian Steven Smith (48), die Suid-Afrikaner wat vroeër die maand in Anchorage, Alaska, in hegtenis geneem is vir moord, word nou van nog ʼn moord aangekla.

Volgens hofdokumente het Smith aan die polisie erken dat hy ʼn vrou vermoor het en dat hy die plek waar hy van haar liggaam ontslae geraak het aan die polisie uitgewys het.

Die vrou is geïdentifiseer as die 52-jarige Veronica Abouchuk. Sy is in Februarie vanjaar deur haar familie as vermis aangemeld. Haar oorskot is vroeër vanjaar in die area wat Smith uitgewys het gevind.

Smith het intussen onskuldig gepleit op aanklagte van moord en seksuele aanranding op die 30-jarige Kathleen Henry. Dit is dié saak wat daartoe gelei het dat hy op 8 Oktober by die Ted Stevens- Internasionale Lughawe in Anchorage in hegtenis geneem is.

Smith het vyf jaar gelede van Suid-Afrika na Alaska verhuis en volgens hofdokumente het hy verlede maand ʼn wettige Amerikaanse burger geword. Hy is oorspronklik van Queenstown in die Oos-Kaap.

Veronica Abouchuk (links) en Kathleen Henry.

Volgens die polisie het ʼn reeks vreemde gebeure tot Smith se inhegtenisneming gelei. Beamptes van die Anchorage-polisie is op 30 September na die Fairview-woonbuurt ontbied nadat ʼn inwoner ʼn geheuekaart in die straat opgetel het.

Die SD-kaart het verskeie video’s bevat wat blyk te wees van die aanranding en die daaropvolgende moord op ’n volwasse vrou. Op 2 Oktober is die polisie na ʼn toneel langs die Seward-hoofweg ontbied nadat menslike oorskot daar gevind is.

Daar is deur verdere ondersoek vasgestel dat die oorskot wat gevind is, dié is van die vrou in die video. Dit is ook vasgestel dat die misdaad in die eerste week van September in Anchorage plaasgevind het.

Daar is glo 39 foto’s en 12 video’s op die geheuekaart gevind. Dit wys glo onder meer hoe ʼn kaal vrou op die vloer van ʼn hotelkamer aangerand en gewurg word. Die vrou het glo verbete probeer terugveg. Daar is glo ook bewyse dat Smith die betrokke aand ʼn hotelkamer bespreek het en selfoonrekords plaas hom glo ook naby aan die moordtoneel.

Openbare rekords wat deur die Anchorage Daily News bekom is, wys dat Smith ʼn huis in die Geneva Wood-woonbuurt besit. Volgens sy Facebook-profiel is hy ook in 2014 getroud. Sy vrou word nie by die moorde betrek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Zettie ·

En nou gaan staan en maak die pateet SA se naam nog slegter in ‘n ander land. Hou hom maar daar. Ons soek hom nie terug nie!

Jerry ·

Hartseer dat daar altyd eers slagoffers moet wees voordat n lafhartige psigopaat uit die samelewing verwyder kan word.

Agter die skerms ·

Brian Steven Smith – jy lyk baie scary – ek hardloop al klaar. Jou vrou by die huis en jy is besig om sulke goed aan te vang not good not good at all. Amerikaanse Burger nou dalk ‘n groter straf in Amerika.

NOG EEN ·

Nog een…..
Gelukkig in daardie land behoort die regters hom te vonnis, alhoewel hy “gevang” is, UITGEVANG is, sy kaliber kom gewoonlik weg hiermee in ONS LAND VIR AL as hulle nie gevang (uitgevang) word nie, dan help die defense prokureurtjies hulle vinnig wegkom…

Ander land, en uitgevang, glo hy sal die binnekant van ‘n tronk sien……

Suid Afrika, nie op heter daad betrap terwyl verkrag of moor = sien nie die binnekant van ‘n tronk nie…. want regters word omgekoop en die prokureurtjies help DIE TIPE baie mooi…

Mm ja nee ·

Wonder of hierdie tipe optrede nie die deur na die buiteland moeiliker laat oopmaak vir die res van ons nie

Meisiemens ·

Ek wonder net hoeveel moorde het hy in SA gepleeg voor hy weg is?

Jacoba ·

Meisiemens ek sit met daardie selfde gedagte. Ek dink hy het hier ook moorde gepleeg. Hy was net nie gevang nie

Swanna ·

Een of ander haal korrel het hom getref want hy lyk glad nie lekker nie.

Gaitsigubib ·

Haha Swanna, ek dink hy het op n bicycle deur ‘n haalstorm gery! Hy is beslis nie meer vars nie!

@Swanna ·

Die skurk se optrede walg my en ek het baie simipatie met die slagoffers, maar heng die opmerking van jou laat my onbeheersd lag. Jy beskryf dit net, wel – goed.

tarien ·

As hy daar kan moor het hy sekerlik hier terwyl hy hier gebly het ook gedoen, mens moet dalk ondersoek instel oor on opgeloste moorde hier

Lindtjies ·

Ek dink nie hy gaan daar die doodstraf so maklik vryspring soos hier nie. Hy moet maar boet vir sy dade.

Niklaas ·

Jy is reg Meisiemens en Tarien. Ek wil amper glo dat ‘n hele aantal onopgeloste SA sake aan hom gekoppel kan word. Hy lyk asof hy gevaarlik kan wees. Dalks het hy hier net betyds weggekom voordat sy doen en late ondersoek kon word . In die geregshowe in die VSA en Kanada word regters nie maklik ‘n rat voor die oë gedraai nie , so hy kan hom maar klaarmaak vir lang tronkstraf met geringe parool kanse.

Hanlie ·

Jislaaik, hy lyk baie soos die Modimolle moordenaar of kyk ek maar net verkeerd. Ek kyk net na hom en dan wil ek al hardloop!!! Grillerige man daai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.