SA se naam op gryslys kan hom duur kos

(Argieffoto: btcfeed.net)

Kenners sê Suid-Afrika beweeg al hoe nader aan die internasionale gryslys nadat Suid-Afrika die afgelope paar jaar toenemend gebruik is vir geldwassery en die finansiering van terreurbedrywighede weens ongebreidelde korrupsie en skuiwergate in die land se strafregstelsel.

Dit kan die bankbedryf duur te staan kom en kenners meen die regering het tot dusver nie genoeg gedoen om die gryslys te vermy nie.

Die Amerikaanse tesourie se kantoor vir buitelandse batebeheer (OFAC) het die afgelope week boonop sanksies teen vier lede van die Islamitiese Staat van Irak en Sirië (Isis) ingestel wat glo ʼn sel in Suid-Afrika bedryf en tegniese, finansiële of ander steun aan die terreurgroep gee.

OFAC het ook sanksies teen agt maatskappye ingestel wat besit, bestuur of beheer word deur diegene in die Isis-sel.

Die kantoor sê Isis gaan voort om sy terreurnetwerk oor die vasteland uit te brei en die tesourie is verbind daartoe om terreurfinansiering in Afrika bloot te lê en te ontwrig.

Brian E Nelson, ondersekretaris van terreur en finansiële intelligensie by die Amerikaanse tesourie, sê die vier speel ʼn sentrale rol om terreur- en misdaadbedrywighede in die streek moontlik te maak.

Hy sê die Amerikaanse owerhede werk saam met Suid-Afrika om Isis van die vermoë te ontneem om die land se ekonomie uit te buit en meer geld in te samel of rond te skuif om die groei van Isis en sy netwerk te steun.

Die vier mense wat in Suid-Afrika geïdentifiseer is, is almal bondgenote van Farhad Hoomer, wat daarvan beskuldig word dat hy Isis-doelwitte in suidelike Afrika bevorder en in die verlede al gesê het dat hy van voorneme is om die belange van die VSA en sy bondgenote aan te val.

Broers Nufael Akbar en Yunus Mohamad Akbar is glo senior lede van ʼn Durbanse sel wat deur Hoomer gelei word. Nufael Akbar is na bewering die sentrale bevelvoerder van dié sel, terwyl Yunus Mohamad Akbar se rol glo dié van afdwinger en logistieke koördineerder is.

Mohamad Akbar en Umar Akbar is ook op die lys. Suid-Afrika het hulle in 2018 saam met Hoomer in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by ʼn komplot om ʼn plofstoftoestel naby ʼn moskee en winkels te plant.

Die maatskappye waarteen sanksies ingestel is, is MA Gold Traders, Bailey Holdings, Flexoseal Waterproofing Solutions, HJ Bannister Construction, Sultans Construction, Ashiq Jewellers, Ineos Trading en Shaahista Shoes.

Die sanksies beteken geen Amerikaner of Amerikaanse maatskappy mag met die individue of maatskappye sake doen nie.

Gevolge van gryslys

Wanneer ʼn land op die gryslys geplaas word, word dit streng deur die internasionale waghond, die Financial Action Task Force (FATF), dopgehou. ʼn Land op die gryslys word beskou as een met beduidende tekortkominge in sy stelsel om finansiële misdaad te bekamp.

Sou Suid-Afrika op die lys geplaas word, sal hy as ʼn hoërisikoland beskou word om sake mee te doen en die FATF sal bykomende stappe vereis vir enige beleggers wat sake in die land sou wou doen.

Vir die bankbedryf beteken dit dat banke meer geld sal moet bestee om bankrekeninge te bestuur, en verhoudinge met internasionale infrastruktuurverskaffers in Suid-Afrika te handhaaf.

Dr. Celeste Campher, ʼn dosent by die departement ekonomie en finansies van die Universiteit van die Vrystaat, sê Suid-Afrikaanse owerhede het die afgelope jaar nie genoeg gedoen – of vinnig genoeg opgetree – om die gryslys te vermy nie.

Benewens die verslag van die FATF, het die Reserwebank in Julie vanjaar ʼn verslag bekend gemaak waarin bevind is dat die land se grootste banke die gevaar loop om vir onderduimshede deur eksterne en interne partye gebruik te word.

Suid-Afrika skarrel tans om wetgewing deur te voer om geldwassery en die finansiering van terreur te probeer stuit.

Campher sê die land se oorhaastige poging om die wetgewing deur te voer, hou egter ook ʼn gevaar in. Die sentrum vir risiko-ontleding (CRA) het verlede maand gesê die vinnige opgetrekte wetsontwerp hou gevare in vir burger- en grondwetlike regte. Dit word gekritiseer as dat dit die regte op vryheid van spraak kan inperk en gebruik kan word om kritiek op die regering te smoor.

Sou Suid-Afrika wel op die gryslys geplaas word, kan dit die land uit sekere finansiële markte sluit en dit gaan ʼn negatiewe uitwerking op die breër ekonomie hê, sê Campher. Veral verbruikerspryse kan deurloop.

Gewone verbruikers gaan opdok

“Die voorgestelde wysigings aan sleutelwetgewing oor finansies in ʼn poging om die gryslys te vermy, kan egter aansienlike uitdagings vir Suid-Afrikaanse ondernemings inhou,” sê Campher.

Veral wysigings aan die Wet op die Finansiële Intelligensiesentrum (Fica) is kommerwekkend en kan beteken ondernemings moet aan ʼn klomp nuwe regulasies voldoen wat ekstra administratiewe en bedryfskoste gaan beloop.

“Verhoogde voldoeningskoste lei tot ʼn styging in produkkoste, wat dan eindelik na die verbruiker oorgedra word,” sê Campher.

Vir Suid-Afrika om die gryslys te systap moet wetgewing om terreur en finansiële misdaad te stuit, nog hierdie maand deurgevoer word.

Verslae van Business Leadership SA en die navorsingsmaatskappy Intelligex dui egter daarop dat Suid-Afrika ʼn 85%-kans het om in Februarie op die gryslys geplaas te word.

“Met dié onvermydelikheid op hande, is die belangrike aspek nou vir plaaslike owerhede om die uitwerking daarvan op die finansiële sektor en die Suid-Afrikaanse ekonomie tot die minimum te beperk,” sê Campher.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Elma ·

So sal die verbruiker sonder ophou ELKE LIEWE KEER maar opdok vir die nuttelose regering se wandade.

Kobus ·

Hoekm sal SA bekommerd wees? Ons is mos die “witbroodjie” van die wêreld en die heelal skuld SA mos oor Jan v Riebeeck hier voet aan wal gesit het.

Goldy ·

Deklerk se romanse is lankal verby en was net n vals belofte. Om verskillende onversoenbare kulture saam te dwing is onverantwoordelik.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramaphosa sal alles ontken en sê dis kwaadwillige leuens. Maar hy sal wel ‘n kommissie van ondersoek aanstel.

domheks ·

Financial Action Task Force (FATF) moet maar eers al die kaders ook ondersoek. Ons swaar verdiende geldjies gaan na snaakse plekke/persone toe. Die skuldiges sal NOOIT erken nie!

Keelvol ·

Wel, kyk hoe anti-Israel is die regering. Hulle ondersteun openlik terrorisme in Palestina. Hulle het hand om die blaas met Gaddafi gestaan en doen nog steeds met lande so Iran en Rusland.

Wielspore ·

ISIS in SA is heelwat groter as wat die gemiddelde SA buger besef. Die groep het hulle self goed ingewortel in die Noorde van Mosambiek en gebruik Maputo hawe om hulle grootmaat dwelms te verwerk en versprei. Die meerderheid dwelms is bestem vir Suid Amerika en dan weer verpak vir Amerika. Die res van die dwelms kom SA binne van Maputo na Durban en Maputo via Nelspruit na Gauteng. Die aanwins vir die dwelms is vir ISIS om hulle terreur te finansier.

Republikein in die Wes Kaap ·

ISIS is waarskynlik ook betrokke by renosterstropery, diefstal sindikate en onwettige sigarethandel. Hul agente werk in kioks en sny hare, maar samel inligting in. Plase word wettig gekoop en dan as depots gebruik waar alles wat onwettig is geberg word. Militêre oefeninge kan met gemak daar gedoen word. Hulle het verseker mag oor politici en senior amptenare. Die Amerikaners weet van alles, maar ons glo alles gaan goed.

Laksman ·

Die besighede waarteen sanksies ingestel is in die berug laat mens wonder oor die $9mil goud wat ook gekry was in n ander berug.

Roebs ·

Nuwe regering is nou nodig. ‘n Regering wat weet hoe om met geld te werk asook kennis het van die land se sake, ons uitdaagings raak net groter. En ons die verbruiker moet te duurste betaal. Tyd dat ons mense inkry wat weet wat hulle doen.

Witwax ·

Die ANC en EFF is verantwoordelik vir die terroriste in ons land , Amerika moet nie almal in RSA die skuld gee nie en wil straf nie.

Eden ·

As die ouens terroriste is, hoekom sanksies instel? Sover ek weet is terrorisme (behalwe natuurlik vir die ANC-EFF alliansie) onwettig.

Vexed ·

Ek verstaan nie, Amerika het aktief baklei dat ons huidige regering in bewind kom, nou is dit ‘n probleem? Dit is dan wat hulle wou hê…

Marthinus W ·

Ons is deel van Brics, en Rusland en China is Amerika se erkende vyand.

Goldy ·

Groot rede waarom weskaap vir hul onafhanklikheid moet stem. Dan is hulle nie meer met die gryslys SA geassosieer nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ten minste sal ons dan ‘n deel van die land kan red van die misdaadhool.

Keelvol ·

Ongelukkig word die Wes-Kaap deur n liberale party regeer wat ons wil brein spoel.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die DA is net ‘n middel tot ‘n doel.

My siening ·

Issis x kaders = korupte SA intelegensie, USA moet ons nou beskerm want ANC net geworry oor geld in matrase!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Amerikaners het die vermoë om die land te destabiliseer.

Manie ·

Tien teen 1 klaar besig daarmee as ek die onderlinge faksie gevegte dophou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Volgende neem die US Marines ‘n paar basisse oor en hul vloot gooi anker in Durban. Dan kan die Navy Seals en CIA agente die skelms jaag. Ons SANDF sal net toeskouers wees.

Sarel ·

Toe die Wereld gewaarsku was wou hulle nie hoor nie.
Nou sit ons met die gemors

marius ·

Die plek is niks anders as ‘n bak hand bedel korrupte afrika landjie nie . Dit sal nie verander nie .

minnie muis ·

jy kan nie a terrorist leier van land maak nie ….. na 28 jaar jaar betaal ons daarvoor

Lillian ·

En ramapokker bekommer hom oor dinge wat ons nie aangaan nie (klimaathulp vir arm lande by COP 2022) terwyl ons al dieper sink in die verderf in …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.