SA skop Lesotho-diplomate uit oor drank

(Argieffoto)

Suid-Afrika het verskeie Lesotho-diplomate 72 uur gegee om die land te verlaat nadat die regering hier hulle as sogenaamde persona non grata – wat letterlik ʼn onwelkome persoon beteken – verklaar het.

Lesotho se departement van buitelandse sake en internasionale betrekkinge sê in ʼn verklaring hy het met “teleurstelling en verleentheid” kennis geneem dat verskeie Basotho-diplomate wat in Suid-Afrika werk uitgeskop word.

“Die diplomate en hul gesinne het 72 uur gekry om uit Suid-Afrika te vertrek en hul diplomatieke status op te sê.”

Luidens vroeëre berigte het diplomate van dié klein land weens ʼn geldtekort glo aksynsvrye drank in Suid-Afrika en Lesotho gesmous.

Weens ʼn tekort in die betaling van salarisse het sommige hulle glo tot dié praktyk gewend in ʼn poging om ʼn paar rand te maak. Dit is egter bestempel as ʼn onwettige bedryf om die Suid-Afrikaanse Inkomstediens van die belasting op die items te ontneem.

Lesotho se verklaring bevestig dat die diplomate versuim het om aan Suid-Afrikaanse wetgewing te voldoen, “spesifiek wat betref die onwettige handel in aksynsvrye drank”.

“Die regering van die Koninkryk van Lesotho distansieer hom van en veroordeel die optrede van die betrokke diplomate ten sterkste. Maatreëls word getref om te verseker hulle keer binne die voorgeskrewe 72 uur terug.”

Lesotho het ook onderneem om tugstappe teen die amptenare te doen sodra hulle terug in Lesotho is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Tiptol ·

Gaan al die mense wat in SA onwettig handel in drank, sigarette, vuurwapens, motor onderdele ook 72 uur kry om die land te verlaat?

Chris dupreez ·

En Kopdoek, is sy nie by smokkel sigarette betrokke nie. Hoekom word dit nie ondersoek nie

Kerneels ·

Ek reken hier is ‘n geleentheid om van haar ontslae te raak. As daar klagtes in dié verband teen haar gelê kan word, sal sy ook moet “step-aside”….

Kobus ·

Kopdoek en haar x moes al lankal ondersoek word want dit is waar die ontwettige goed plaasvind

Misky ·

So dit gaan vir hulle oor belasting en geld…… Nou wag ons om te hoor wat gebeur met madam Kopdoek en haar seun

Aikie ·

Op ‘n manier voel ek so half jammer vir die diplomate en hulle families. Volgens die artikel was daar’ n tekort aan salarisse wat gelei het tot hul gedrag. Nou, weet ek nie van ander mense nie, maar ‘n tekort aan geld laat nie die wereld stop tot jy weer gekry het nie.
Onse regering se probleem is dat die diplomate nie gedeel het met die inkomste belasting nie wat redelik moelik is aangesien jy die verkope “onwettig” gedoen het.

E ·

Ek kan dalk ook simpatie he, maar verdien diplomate nie gewoonlik goed geld nie en bly in gratis huise of sulke goed nie? Ek weet nie hoeveel hierdie mense verdien het nie, en of hulle net gulsig was soos meeste nie.

marius ·

Die mense het net die uitmunte voorbeeld gevolg van die Romeine by wie hulle tuis gegaan het . Punt .

Lindi ·

Gaan ander lande dit met SA Diplomate ook doen? Hulle doen BAIE meer skade in ander lande as wat die ouens hier aangejaag het

Kokerboom ·

Die Lesotho en Swaziland enklawes is net ‘n Britse klug. Dink SA werklik hul steur hul aan die verbod? Die grens is soos ‘n sifdraad na AL die buurlande. Wie bluf nou vir wie?
Beste is lyf die streke in by SA. Dan het ons ten minste “beheer” oor hulle! Hul is in elk geval nie lewensvatbaar!

Persheks Adri ·

Kan kopdoek en haar kinders ook sommer uitgeskop word? Hulle het mos lekker onwettig geld gemaak met drank en sigarette op level 5. Tot vandag toe het hulle niks oor gekom nie

Vernon ·

Wel..eintlik het hulle n misdaad verhoed deur nie taks te betaal nie…want hierdie regering mors dit of dit beland in n krimineel se sak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.