SA Toerisme ‘melk stelsel’

Patricia de Lille. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Patricia de Lille, minister van toerisme, het in antwoord op parlementêre vrae deur die DA erken dat die Suid-Afrikaanse Toerismeraad (SAT) sedert 2020 ʼn astronomiese R2 509 653,64 aan vergoeding, reis en verblyf bestee het.

“Dit is duidelik dat die direksie besig is om die stelsel te melk. Hierdie bedrag is nie ʼn weerspieëling van die groei in toerismesyfers oor dieselfde tydperk nie,” sê Manny de Freitas, die DA se woordvoerder oor toerisme.

Alhoewel net 10 van die raad se 57 vergaderings teenwoordigheid in persoon vereis het, is R769 548,47 nietemin aan reis- en verblyfskoste vir raadslede bestee.

“Dit is ongeveer R77 000 per vergadering vir reis en verblyf,” sê De Freitas.

Raadslede se vergoeding oor dieselfde tydperk het belastingbetalers meer as R1,6 miljoen gekos.

“Meer as R2,5 miljoen moet geregverdig word, die toerismeraad moet aandui hoe hierdie duur vergaderings die toerismesektor en toerisme regstreeks bevoordeel.”

Amptelike toerismestatistieke wat verlede maand vrygestel is, bevestig dat die toerisme-indiensnemingsaandeel van 4,8% in 2019 tot 3,1% in 2020 afgeneem het.

Die direkte bydrae van toerisme tot die bruto binnelandse produk (BBP) het van sowat R208 316 miljoen (3,7%) in 2019 tot R123 616 miljoen (2,2%) in 2020 afgeneem, ʼn afname van 40,7%.

Hoewel statistieke sedert die Covid-19-pandemie verbeter het, is toerismesyfers nog glad nie waar dit behoort te wees nie.

“Dit maak die roekelose besteding deur lede van die SAT-raad selfs meer ontstellend, ” sê De Freitas.

“Bykomende vrae sal aan die minister gestel word, veral oor die peperduur vergaderings wat die SAT-raad hou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Amelia ·

Seker geval van duurste hotelle kos maseerings en wat als met dit gepaard gaan

Johanna ·

Die tante weet Om geld uit te gee. Lekker teer op Ander man SE geld. Skande

JohanR ·

Johanna ek sal nog like om te weet wat de Lille as burgermeester aangevang het. Dit was alles baie hush hush en sal eers seker oor 100 jaar weet, Ek sou defnitief nie lank gehou het om onder die tannie te werk nie!

Piet 6 ·

Sy is nou ń maand die minister. Hoe volgens julle het sy die geld uutgegee?

Althes ·

Skandalige plunderaars wat tot verantwoording geroep moet word. Die land word leeg geplunder ons neuse.

Pietertjie ·

Die toerismeraad toer die wêreld vol. Hulle “toets” seker al die vakansie-bestemmings.

CHRISTINE ·

Die ANC is van mening ons belastinggeld is net hulle s’n

Eugene ·

Al wat die ramp-phosa regering kan doen, is om geld te mors, pleks om die geld produktief te gebruik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.