‘Saak het té lank gesloer,’ sê Kymie du Toit

Kymie du Toit (Foto verskaf)

Vir Kymie du Toit, ’n kleuterskoolonderwyseres van Pretoria, is dit ʼn verligting dat die vier Tshwane-metropolisiebeamptes (TMPD) wat haar in 2019 onregmatig in hegtenis geneem, aangehou en hardhandig behandel het, vervolg gaan word.

Dit is vandeesweek bekend gemaak dat die beamptes vervolg gaan word op aanklag van aanranding. Du Toit het reeds in Maart verlede jaar – vier maande ná die voorval –  ʼn siviele eis teen die polisie en metropolisie ingestel en aangedui sy gaan hulle vir ʼn minimum van R750 000 dagvaar.

Die kriminele saak het egter gesloer nadat die TMPD te kenne gegee het dat hy nie teen die beamptes gaan optree nie. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het intussen verlede jaar ook by Du Toit se saak betrokke geraak en vuur gemaak onder die nasionale vervolgingsgesag om die beskuldigdes te vervolg.

Nou, ná meer as twee jaar, gaan die beamptes eindelik vervolg word. Du Toit sê die afgelope twee jaar se gewag en gehoop dat daar iets van die saak kom, het soos ʼn swaard oor haar kop gehang.

“Dit spyt my dat dit so lank gevat het om tot op hierdie punt te kom. Ek hoop van harte dat die vervolging ook nie jare neem nie,” het Du Toit aan Maroela Media gesê.

Du Toit sê sy het haar prokureurs gevra om aanhoudend by die Nasionale Vervolgingseenheid (NVG) oor die saak op te volg. “Dit is sodat die saak nie ook deur die krake val soos baie ander sake waar vervolging begin is, maar nooit deurgevoer word nie.

“Ek sal aanhou veg en baklei totdat geregtigheid seëvier. Maak nie saak wat of hoe moeilik die pad nog mag wees nie.”

Maroela Media het vroeër berig die metropolisiebeamptes het Du Toit glo die aand van 26 November 2019 by ʼn vulstasie in Moreletapark uit haar motor gepluk, rondgestamp en daarna met boeie in ʼn gemerkte bussie gestop.

Dit volg nadat sy vroeër die aand nie vir hulle wou aftrek toe hulle haar beduie het om te stop nie.

Kringtelevisiebeeldmateriaal van die voorval wat daarna gevolg het, is wyd op sosiale media versprei.

“Vir die prokureurs kan ek net op my knieë gaan en dankie sê vir hul harde werk. Sonder hulle sou dit nie moontlik gewees het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cherokee ·

Kymie, mag jy as wenner uit stap en die skuldiges gestraf word op ‘n wyse wat hulle sal laat terugdeins van dieselfde kriminele optrede. Voorspoed Meisie!

Herpiet ·

Die dossier gaan moontlik voete kry.
Bere julle bewyse mooi

Perdeby ·

Ek hoop sy dagvaar ELK van hulle in persoon vir R750 000.00

Harley Davidson ·

As almal net siviele sake teen die skuldige departement maak sal hulle moet optree en hulle lede tot orde roep

Souterig ·

Nou die dag ‘n familielid afgetrek in Pta Oos (jong dame wat bestuur het met haar man en skoonma) en haar gas gegee oor sy sonder skoene bestuur, slim man vol bravade, vat hulle vir ‘n miljoen.

Tiptol ·

Jy kan nie teen die wet optree en dink die reg moet aan jou kant wees nie.

Moedeloos ·

Sal graag wil weet hoe het hulle geweet sy bestuur sonder skoene?

Souterig ·

Hulle het nie geweet nie, lyk my dat hulle geneig is on jong dames af te trek vir geen rede nie en dan te boelie.

Souterig ·

Sy het vir ‘n boete gevra maar daar was nie een uitgereik nie, wonder hoekom? Dalk iets met die wetgewing te doen, of hoe?

Elinette ·

Is dit dan teen die wet om kaalvoet te bestuur? Nou my liewe land, dan moet ek baie vervolg word of aangespreek word, want ek bestuur baie kaalvoet.

Souterig ·

South African law also does not say anything about the footwear drivers should be wearing. It is not illegal to drive barefoot, with flip flops or high heels.

Marius ·

BRAVO!!! Dit is tyd dat die geregsdienaars wat hul outotiriteit misbruik vasgevat en uitgesmyt word.

Pablo ·

En wat was die rede waarop die polisie nie die saak van aanranding wou ondersoek nie? Hulle moet verduidelik.

Annetjie ·

Nou vir wat moet sy hulle dagvaar, ‘n bos blomme? Want tronk toe sal hulle nie gaan nie, dalk net ‘n raps oor die vingers en môre doen hulle dit weer. Nee, laat hulle dit aan hulle sakke voel!

Ilze ·

Johan, hoekom nie. Haar prokureurs moet betaal word. Ek sou dit meer gemaak het. Wat sal jy doen as hulle jou kind so rondruk. Sy moes verserker sielkundige hulp gekry het na die voorval. Dit is nie goedkoop nie.

Frederik C ·

As Afriforum nie elke keer intree nie, word niemand ooit vervolg nie. Waarmee Batoti en haar span hulself vermaak, sal ek graag wil weet.

Smurf ·

Foeter hulle op ! Sorg sommer dat hulle , hulle werk ook kwyt is……Ek is in my kantoor , voor al die personeel en publiek in hegtenis geneem sonder enige ondersoek of bewyse vir n roof. Die saak is onmiddelik deur die hof uitgegooi a.g.daarvan .Nie teenstaande het my werkgewer my dissipliner aangekla en geskors. Hulle het jammerlik gestotter en bespotting van hul self gemaak .Het hulle en sap gedagvaar….my pensioen het aansienlik vermeerder…

Elinette ·

Good 4 u, veral omdat jy die werkgewer (soos ek dit verstaan) aangevat het. Sommige werkgewers dink mos hulle besit hul werknemers omdat hul werknemers ‘n salaris betaal word.

Blikkies ·

Sy moet die kriminele in hulle privaat hoedanigheid ook dagvaar. Vat alles van hulle af weg.

madels ·

Hierdie saak is ontsettend belangrik want dit gaan n voorbeeld wees vir al die walglike polisiemanne EN vroue wat dink hulle kan doen net wat hulle wil en daarmee wegkom. Kymie jy is vir ons almal n bemoediging. Hulle moet nou besef dat ons nie meer gaan toelaat om geboelie, verneder en hanteer te word soos wat hulle al met soveel ander gedoen het nie

Annelize ·

Goed so! Staan op wat jy glo, en voer dit deur. Ek sal ook elke beampte betrokke, siviel dagvaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.