Saak oor model se tref-en-trap-dood uitgestel

Olivia Sieff (18) is in Januarie voor ’n kuierplek in Claremont doodgery. (Foto: Instagram / Olivia Sieff)

Onesimo Makhubalo (31), die vrou wat van die tref-en-trap-dood van die Kaapse model, Olivia Sieff (18), beskuldig word, het Woensdag vir die tweede keer in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Makhubalo staan onder meer tereg op aanklag van strafbare manslag en dat sy versuim het om by ʼn ongelukstoneel stil te hou.

Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die saak is nou tot 10 Junie vir verdere ondersoek uitgestel. Luidens ʼn berig op News24 is die nadoodse ondersoekverslag asook beeldmateriaal nog uitstaande.

Makhubalo se nuwe regspan het ook aangedui dat hulle ʼn aansoek sal indien sodat haar borgtogvoorwaardes aangepas word.

Maroela Media het vroeër berig dat Sieff op 30 Januarie in die vroeë oggendure voor die Tin Roof-nagklub in Claremont raakgery is. Sy is op die toneel dood verklaar.

Makhubalo is later in hegtenis geneem nadat haar motor met behulp van kringtelevisiebeeldmateriaal geïdentifiseer is. Sy het op 4 Februarie in die hof verskyn waar sy op borgtog van R3 000 vrygelaat is.

Haar borgtogvoorwaardes, wat onder meer vereis dat sy elke Vrydag tussen 18:00 en 21:00 by die Wynberg-polisiestasie aanmeld, geld steeds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Waarnemer ·

R3000.00 BORG VIR STRAFBARE MANSLAG EN VERSUIM OM BY N ONGELUKSTONEEL STIL TE HOU ASOOK VERSUIM OM N ONGELUK AAN TE MELD.BELAGLIK!!!DIT GEBEUR NET IN SA.

Sarel ·

Berldmateriaal uitstaande m.a.w. volgens SA Standaard het dit heel moontlik verdwyn..

Frank ·

Mense maar ons regstelsel is onbevoeg!!!! Onbeholpe, noem dit net wat jy wil. Ek kan verstaan dat die howe vol geboek is agv te min regters en te veel sake, maar kyk nou na hierdie tipiese geval!! Vyf maande later en die saak moet nog kamstig verder ondersoek word. En die beeldmateriaal moet steeds nog ingedien word!! Ek hoop daars kopiee gemaak……

Tanniepetoors ·

Daar word te veel tyd gemors in Howe met uitstelle en onvoltooide ondersoeke. Die tekort aan speurders moet dringend aangevul word, nie net bespreek word nie.

Nico ·

Die anCanser regering is meer gepla oor ‘n spoed oortreding van ‘n R1000. as ‘n tref en trap ongeluk waar die beskuldigde nog weg jaag sonder om te stopen kry dan net R3000. borgtog, dit is hoe dit gaan die onregverdigheid speel ‘n baie groot rol. Doen ‘n witman dit is dit soos olie op vuur. Wat doen die verkeers afdeling en die SAPD daaraan, “NIKS”, sekere mense kan mos ry en maak net soos hulle wil, dit is mos hulle land wat nie behoorlik geregeer word nie.

Sandra ·

Hoe verstaan ek dit nou. Die vrou is uitgeken met die hulp van kringtelevisie beeldmateriaal, maar beeldmateriaal is nog uitstaande?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.