SAL-staking: Droomvakansie word ʼn nagmerrie

Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency/ANA)

Dit was veronderstel om ʼn lekker vakansie te wees vir ʼn ma van Mauritius, maar nou het sy al meer geld spandeer as wat sy wou en sy het baie emosionele druk beleef weens die staking by die SAL.

Heerah Jyotee woon in Mauritius en het Suid-Afrika tydens haar vakansie kom besoek, maar sy was baie verward toe sy in die land aangekom het. Sy het Donderdag by die OR Tambo Internasionale Lughawe aangekom om op ʼn verbindingsvlug na Kaapstad te klim, maar sy was baie teleurgesteld.

“Dit was baie sleg. Ek het ʼn verbindingsvlug na Kaapstad gehad, en toe ek aangekom het, is die vlug vertraag. Ek is na die doeane om my bagasie te kry, maar toe ek by die toonbank aankom, het hulle net gesê daar is ʼn tegniese probleem,” het Jyotee verduidelik.

“Ek het in die volgende ry gaan staan. Dit was baie deurmekaar. Daar het ek gehoor ek is twee minute laat en ek kon nie inteken vir die vlug nie. Die konsultant het my weer in ʼn ry laat staan by die British Airways-toonbank. Die agent wat later gestuur is om my te help, het my bygestaan, maar toe was dit te laat, want die vlug het reeds vertrek.”

Sy het gesê niemand was bereid om aanspreeklikheid te aanvaar vir die probleem nie en sy moes gevolglik ʼn kamer in ʼn hotel bespreek saam met haar vier maande oue baba ná sy om 23:00 die aand weg is by die hotel.

“My baba was al baie gefrustreerd en het die hele tyd gehuil. Ek wil nooit weer terugkom na Suid-Afrika nie. Ek sal almal afraai om die land te besoek. Ek moet nog steeds Kaapstad toe gaan want ek het al die besprekings gedoen, maar my vakansie het soos werk begin voel.”

Talle passasiers het in ʼn ry gestaan by die SAA Airways-toonbank om ʼn terugbetaling te eis. Honderde SAL-werkers het daar naby betoog.

SAL-werkers staak (15 November 2019) (Foto: Nokuthula Mbatha/African News Agency/ANA)

Werkers van die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Kajuitpersoneel (Sacca) wat kommersiële personeel, tegniese personeel, kajuitbemanning en korporatiewe werkers insluit, het gesê hulle is keelvol vir korrupsie by die lugdiens. Die werkers het struggleliedjies gesien en plakkate rondgeswaai met die woorde “We are not fools”, “Planes must park en we must be heard” en “Scrap all SOE [staatsbeheerde ondernemings]” daarop.

Phakamile Hlubi Majola, woordvoerder van Numsa, het gesê vorige gesprekke het vasgeval omdat die bestuur nie bereid is om te luister na die pleidooi van die mense nie. Sy het gesê die grootste uitgawe vir die lugdiens is aanskaffing teen R25 miljard per jaar. “Sommige van die kontrakte is korrup. Sommige het verhoogde koste. Die SAL het onderneem om die kontrakte te hersien en te kanselleer wat finansieel ʼn las is vir die lugdiens, maar dit is nooit gedoen nie.”

Majola het gesê die staking sal voortduur tot ʼn ooreenkoms bereik is.

Tlali Tlali, woordvoerder vir die SAL, het intussen bevestig dat meer as 200 vlugte gekanselleer moes word. Die staking sal die lugdiens na verwagting meer as R100 miljoen kos, in ʼn tyd waar die SAL reeds onder skuld gebuk gaan.

Sacca-president Zazi Sibanyoni-Mugambi het gesê die werkers staak omdat gesprekke met die lugdiens ʼn dooiepunt bereik het. “Hulle het vir ons ʼn verhoging van 5,9% aangebied. Ons gaan nou na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vir verdere onderhandelings. Vakbonde en werkers is nie in kennis gestel oor beplande afleggings nie. Ons het eers ʼn brief gekry ná die storie deur die media gedek is,” het Sibanyoni-Mugambi bygevoeg.

Sy het gesê dit gaan nie net oor die 8%-verhoging nie, maar ook om die SAL te herstel na sy voormalige beeld en om die struktuur van die bestuur te verander.

Tlali het op sy beurt gesê die lugdiens bly optimisties en is steeds in gesprek met die vakbonde. “Die werkers het ons in kennis gestel dat hulle bereid is om met ons te praat. Ons het nou ʼn proses by die KVBA begin om ʼn oplossing te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Hector Jooste ·

Vakbonde speel ‘n vername rol in Suid-Afrika se ondergang. Miskien moet sommiges gaan leer by die wyse waarop Margaret Thatcher Britse vakbonde vasgevat het in die 1980’s. Sy het Brittanje gered van ‘n gewisse ondergang. Maar waar sal SA iemand van haar kaliber kry?

Vakansie ·

Wat besiel jou in elkgeval om so ver te reis met ‘n 4 maande oue baba?

Cherokee ·

Het jy ‘n idee hoe oud ek was voordat ek op reis kon gaan? Gun die kind dit.

Kootjie ·

Dit maak nie saak hoe oud of jonk ‘n baba is om te reis nie!! Terwyl hulle nog baie klein is is hulle rerig soet en geniet die geskommel van die voertuig of vliegtuig! En mens se lewe gaan nie stilstaan nie!! Jy moet vorentoe!! In vandagse lewe…
As jy gaan stilstaan….dans jy vir ewig agter en haal nooit weer in nie!! Dis daar waarbal die selfmoorde plaasvind!! Hulle voel afgeskeep! En daar gaan hulle!! Sommer self!!

Dassie ·

Verklaar SAL bankrot en sluit dit. Dan kan hulle almal lekker sonder enige werk sit…. Geen pay is mos beter as ‘n pay.

Hannelie ·

Maklik om te sê almal moet lekker sonder werk sit, wat van die wat elke dag daar is en werk? Sal jy daarvan hou om jou werk te verloor!!!

Kerneels ·

Dis goed dat oorseese besoekers eerste hands ervaar wat SA burgers op daaglikse basis moet trotseer (stakings, betogings, swak diens, ens.)

Karools ·

Ek kan nie glo hulle staak as daar afleggings in die proses is nie!!
Jare gelede het ons gesê, mag ons nooit soos Brittanje deur die vakbonde “regeer” word nie!! Nou gaan dit baie erger hier en daar is min kans vir herstel!!!

HPV ·

Dit is tragies dat onskuldige mense gedurig tydens betoging en stakings benadeel word, mense wat niks daarmee te doen wil hê nie. Ons waarsku egter gereeld familie, vriende en sakemense oorsee om nie van die bankrot onbetroubare SAL gebruik te maak nie. My vrou en skoonsuster vertek woensdag op ‘n buitelandse vlug met daardie land se lugdiens. Geen stres,tyd of geldelike verlies.

Sirkus ·

“Down with privatisation”. Daar is die probleem, totsiens SAL, totsiens toerisme, totsiens ekonomie en totsiens stakers se werk. Hulle eie keel afgesny en die vakbonde glimlag van oor tot oor. Dit beinvloed hulle glad nie…

GR ·

En Sibanyini-Umgambi se kry die redery terug na die beeld en struktuur soos wat dit voorheen was…….Oepsie! watter beeld? en wie was toe in beheer?

CHAPPIES ·

Neee, daar sal niks met SAL gebeur nie… julle vergeet dat ou Tito 9,2 Miljard belowe het,n maand gelede en NOU HET DIE SLIM UNIES GELD GERUIK EN STAAK…

Jr ·

Wat kla jy ons moet met hierdie goed elke dag opsit. Luister net radio – vermy pad A B, vermy nationalle pad A – Z. Vermy dorp A – Z want daar is ” affirmative aerobics SA se nationale winter sports oefenning alweer.

Pensioenaris ·

Nou verstaan ek nie mooi nie – hoe wil hulle die beeld van SAL VERBETER deur te staak??? In my tyd was jy trots op jou werk en tevrede met jou salaris – al het jy gevoel jy verdien meer – maar het nie gestaak nie. Ons het nog ons werke opgepas.

Anni ·

En daar gaan my pension geld, Wat al verlede keer ook vir Sal geleen is.

Delien ·

Dwaas om in SA te kom vakansie hou!! Ma goedso sy gaan dit nou oral bevestig.
Ons ga hou nie eers vakansie in ons eie land nie, agv aanvalle.

Johan Erasmus ·

Hoop hulle staak hom nou in sy tjops in.
Hahahahahaha

Hennie ·

Hoekom vlieg ek slegs SAFAIR? Want SAFAIR is 99.9% op tyd, bekostigbaar, en hulle diens nie hul vliegtuie by SAA nie soos bv BA en Kulula. SAFAIR diens hul eie vliegtuie!

Amanda ·

Ek het retoer kaartjies vir Desember gekoop vanaf Kaapstad tot Durban met Safair….hoop ons sal kan vlieg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.