SA’ner in Israel vertel: ‘Ons help waar ons kan’

Israel se nooddienste bekyk die toneel van ‘n vuurpylaanval in die stad Ashdod.
(Foto: Ahmad Gharabli / AFP)

ʼn Suid-Afrikaner in Israel vertel dat hy en ander Suid-Afrikaners van dié is wat hul deure oopgemaak het vir honderde vlugtelinge vanaf stede op die Israelse grens met Gaza, nadat lede van die Hamas-terreurgroep Israel Saterdag binnegeval het.

Volgens die Suid-Afrikaner het honderde mense nou al sedert Saterdag in hul dorp aan die suide van Israel, honderde kilometers van die oorlogsgebied, aangekom. Hy en sy bure het baie van hierdie vlugtelinge ingeneem en help nou om kos en klere vir hulle in te samel. Weens vrees vir hul veiligheid het die weldoener gevra dat nóg sy naam nóg die dorp waar die vlugtelinge versorg word, genoem word.

“Die vrou wat langs ons woon, is ook ʼn Suid-Afrikaner en bedryf ʼn gastehuis hier. Sy het nou haar deure vir vlugtelinge oopgestel. Ons help maar waar ons kan.”

Duisende vuurpyle is ongeveer 06:00 Saterdag op Israelse grondgebied afgeskiet, waarna lede van Hamas te voet die grens na Israel oorgesteek en honderde Israelse soldate gedood het. Burgerlikes is toe in hul huise aangeval, vermoor of ontvoer. Die Israelse minister van buitelandse sake het Hamas-vegters daarvan beskuldig dat hulle “van deur tot deur gaan en mense doodmaak”.

Die Suid-Afrikaner, wat op voorwaarde van anonimiteit met Maroela Media gesels het, woon al langer as tien jaar in Israel en is met ʼn Israeli getroud. Hy sê die vlugtelinge is erg geskok oor dit wat hulle in stede soos Sderot moes aanskou.

Hy sê hy en sy vrou het Saterdagoggend regstreeks op die nuus gehoor hoe ʼn inwoner van een van die stede aan die grens die nuusdiens gebel en om hulp gepleit het.

Brandende motors ná ʼn vuurpylaanval uit die Gaza-strook in Ashkelon in die suide van Israel (7 Oktober 2023) (Foto: Ahmad Gharabli/AFP)

“Dis baie erg. Ons hoor van mense, kinders ook, wat voor die voet doodgeskiet is. Ou mense is ontvoer. Dit klink of Hamas-vegters, sommige in uniforms van die Israelse weermag, Saterdag agterop bakkies die strate ingevaar en mense begin skiet het. Honderde mense is ontvoer. Dis een ding om soldate te ontvoer, maar om dit aan vroue en kinders te doen is barbaars.”

Die Suid-Afrikaner sê een van die soldate wat in Saterdag se aanval oorlede is, se ouers woon naby hulle.

“Hy was maar 19 jaar oud. Die meeste soldate wat vermoor is, is 19, 20 jaar oud.”

Jong Israeli’s moet diensplig ná skool doen, en enigiemand anders kan vrywillig by die weermag aansluit. Sowat 300 000 soldate is sedert Saterdag opgeroep om Israel teen Hamas te verdedig.

Volgens Maroela Media se bron is van die mense wat opgeroep is, Suid-Afrikaners wat na Israel geëmigreer het.

In die dorp waar hy woon, sien hulle niks van die oorlog nie, maar vrywilligers in die polisie en grenswag patrolleer die omgewing.

Oor die burgerlikes wat ontvoer is, sê die bron daar is geen inligting oor waar hierdie mense hulle bevind of wat van hulle geword het nie.

“Die regering het nou gevra dat mense kledingstukke van vermiste familielede bring sodat DNS-monsters geneem kan word. Die ergste is om op nuuskanale te sien hoe ouers huil omdat hulle nie weet waar hul kinders is nie.”

Die Suid-Afrikaner sê hy is ontnugter deur die ANC se uitsprake wat skynbaar Hamas-lede se optrede probeer regverdig.

“Hierdie mense [Hamas] is barbare. Ek kan nie glo dat die ANC hulle verdedig nie.”

Die ANC het Sondag gesê die aanval is “geen verrassing” nie, aangesien Palestina bloot reageer op die “brutaliteit van die setlaar- Israelse apartheidsregime”.

“Die ANC staan saam met die mense van besette Palestynse grondgebied aangesien dit duidelik is dat die ontaarde veiligheidsituasie direk verband hou met die onwettige Israelse besetting,” het Mahlengi Bhengu-Motsiri, nasionale woordvoerder van die ANC, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Morné ·

Die ANC sal dit hier ook doen, en dit is hoekom hulle dit regverdig.

Bolandse Nooi ·

Maak julle maar reg daarvoor, volgende jaar, net na die verkiesing … as die ANC nie die onoorwonne meerderheid stemme kry nie.

Hendrik ·

Morne, presies. Met alles wat malema kwytraak wat anders kan ons in die verdere verwag?

Oosieoos ·

Die cANCer ondersteun net terroriste en kommuniste het die die hele wereld vir suckers gevang deur apardheid te skree voor 94 hulle was en is die probleem

Karoo ·

Trots Suid Afrikaans, dankie dat julle julle harte en deure oop maak om die mense te help. Wees veilig.

Waarnemer ·

Dit gaan in SA ook gebeur en waarteen veg ons?Ons weermag en polisie is in die vyand se mag.

Piet parys ·

Wel die luhatla kwessie sê vir ons wat hulle doen in n krisis en wat hulle weet wat beplanning is.

Bolandse Nooi ·

Ag wat, moenie ‘worry’ nie … die SAPD en sg. “Verdedigingsmagte” is soos ‘n stokou, ou, OU boerboel, wie se (vrot) tande al lankal al uitgeval het. “Just bark, no bite”.

Sobymykoolkop ·

Seker hulle reg om saam ander muishond lande te staan …..maar teen HOM? Daai is ń ander storie. Kry vir julle…julle lang tou is amper op.

Adriana ·

Die een kommunis steun die volgende kommunis. Suid-Afrika het lankal geen waardes nie, die oomblik toe die ANC en EFF ingestap het, het die land se morele waardes verval en in ñ ashoop verander..

Sê maar net ·

Ek skaam my vir die ANC!! Hulle ken glad nie Israel se geskiedenis nie.
As jy teen Israel staan, staan jy teen God. Die Bybel sê as jy Israel seën, sal God jou seën en dat Israel Sy volk is en Sy land. Buitendien behoort Gaza al van toentertyd aan Israel. Die Filistyne wil dit nie aanvaar nie. ANC moet bietjie hulself inlig oor Israel se ware geskiedenis.

Bolandse Nooi ·

Nee, Sê maar net, gaan kyk mooi wat in die bybel staan. Die Israeliete het uit Egipte gevlug na die Land van Kanaän … hierdie land is in die Bronstydperk (waarin die bybel afspeel) reeds deur mense vanuit Mede en Perse en Sirië bewoon. Wie wás dan nou die “setlaars” of “koloniste” – die Israeliete of die Palestyne?

Kobus ·

Daar was en sal nooit wenners in oorloeë wees nie, net verloorders. Vreemd dat die ANC nie die oorlog teen Oekraine veroordeel nie want hulle “beleid” is om neutraal te bly. Nou spoel hulle behoorlik hulle monde uit oor Israel. My kennis is te beperk om ‘n opinie te lug maar waarom besoek Rampposa en Melema nie Israel om eerstehandse kennis te gaan opdoen oor wat daar aangaan nie? Die uitmoor van konsertgangers deur Hamas terrosiste, ongeag nasionaliteit word met stilswye goedgekeur deur ‘n land wat “mense regte” predik. Geen woord van die ANC nie. Wat hulle wel tot die konflik toevoeg is dat Isreal die onderdrukkers is en dat Hamas se optrede regverdigbaar is.

Fran ·

Die ANC is van hulle ontstaan af kommunisties en terroristies. Hoekom is ons verbaas dat alles in hierdie land ten gronde gaan?

Bolandse Nooi ·

Mense, waarom verbaas die ANC-regering se reaksie julle? Terroris staan by terroris. ALTYD!!!

Henk ·

Ek het onlangs eers uitgevind wat die ware toedrag van sake is tussen Palestina en Israel. Kyk na die kaart van 1946 en dan na die kaart van 2010. Israel het al amper die hele Palestina afgeneem van die Palestyne.

Kyk https://voi.id/en/memori/21331

Ek verstaan nou die optrede van Hamas beter. Ek stem nie saam nie, maar wat anders staan hulle te doen?
Ons staar ons blind teen die feit dat hulle Moslems is, ‘n geloof wat ons nie verstaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.