SA’ner uiteindelik vas ná skipper verdwyn

Ferdie Visser met sy inhegtenisneming. (Foto: Facebook)

’n Suid-Afrikaanse man is in Mosambiek in hegtenis geneem in verband met die verdwyning van John Matambu, ’n bekwame skipper van Sodwanabaai wat vroeër vandeesmaand in raaiselagtige omstandighede in die see by Sodwana verdwyn het.

Ferdie Visser is Vrydag in Maputo in hegtenis geneem in verband met Matambu se verdwyning nadat foto’s van hom oor die hele stad en sosiale media versprei is en ’n vakansieganger hom eindelik gewaar het.

Die vakansieganger het Visser Vrydag in Costa do Sol, ’n groot toerismeaantreklikheid, gewaar en die kontaknommer van die familie geskakel wat saam met Visser se foto versprei is. Die Mosambiekse polisie is in kennis gestel en Visser is in boeie geslaan.

Ferdie Visser se foto is die afgelope week wyd versprei. (Foto: Facebook)

Maroela Media het vroeër berig Matambu het op 16 Maart vanjaar vermis geraak nadat hy ’n man, vermoedelik Visser, op die see uitgeneem het.

Matambu het nooit teruggekeer nie.

Sy uitgebrande skiboot, Magnum Too, is egter die volgende dag op ’n strand in Mosambiek aangetref. Die skiboot is na bewering aan die brand gesteek.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het reeds kort ná die verdwyning gesê daar is tekens van vuilspel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.