SANW-lid sterf in skietery; twee gewond

(Foto: SA Weermag)

Een weermaglid is dood en twee ernstig gewond in ʼn skietery in Atteridgeville in Pretoria Vrydagaand.

Die twee gewonde soldate is na 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane geneem vir verdere behandeling.

“Dit is nie presies seker wat tot die skietery aanleiding gegee het nie, maar die weermaglede was nie aan diens ten tye van die voorval nie,” het die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) Sondag in ʼn verklaring gesê. “Die polisie ondersoek tans die saak en die oorledene se naam sal bekend gemaak word sodra sy familie in kennis gestel is,” lui die verklaring.

Weermaghoofde en lede van die departement van verdediging en militêre veterane het hul innige meegevoel met die oorledene se naasbestaandes betuig.

Meer inligting sal verskaf word soos dit bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek dink dit is maar ‘n algemene verskynsel daar oor naweke maar die feit dat dit nou soldate van die piesang republiek is is wat dit nuuswaardig maak.

Phillip ·

Nou hoekom nie Montana Hospitaal toe nie ?? dis mos waar hulle mense mos heen stuur wat maak daai persoon beter as die wat geskied is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.