SAPD tref ‘maatreëls’ ná sluiting van hoofkantoor  

Só lyk dit by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoofkantoor in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) meen die welstand en veiligheid van werknemers is sy hoofbesorgdheid.

Dit nadat sy hoofkantoor in Pretoria Dinsdag ongeskik vir menslike gebruik verklaar is. Dié gebou in Pretoriusstraat, wat die polisie sowat agt jaar gelede vir nagenoeg R900 miljoen gekoop en daarna glo opgeknap het, sal nou tot verdere kennisgewing gesluit bly totdat dit weer veilig verklaar is.

Volgens brig. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het genl. Fannie Masemola, nasionale polisiekommissaris, alle persone aangesê om die gebou te verlaat.

Johan Böning, afdelingshoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, is Dinsdag saam met ʼn inspekteur van die departement van arbeid na die polisie se hoofkantoor in die Telkom Towers-gebou wat onveilig vir menslike gebruik verklaar is.

Die Telkom Towers-gebou in die Pretoriase middestad huisves personeel van ondersteuningsafdelings wat administratiewe ondersteuning aan operasionele afdelings verskaf.

Mathe het gesê reëlings word getref dat hierdie personeel op alternatiewe persele kan werk.

“Die SAPD is deurlopend in gesprek met die departement van openbare werke en infrastruktuur, wie se verantwoordelikheid die herstel en instandhouding van staatsfasiliteite is.”

Volgens Mathe word kernpolisiëring nie deur die tydelike sluiting geraak nie.

Dinsdag se besoek deur Solidariteit en die departement van arbeid het gevolg op verskeie klagtes van polisielede oor ’n gebrek aan skoon drinkwater, swak of stukkende lugversorging en ventilasie, stukkende en vuil toilette, geslote en ongemerkte nooduitgange, hysbakke wat nie werk nie, onvoldoende toerusting vir brandbestryding en algemene vuil en besmette kantoorruimtes.

Volgens Renate Pieterse, netwerkkoördineerder vir die openbare bedryf by Solidariteit, is dié hoofkantoor die plek waar onder meer die polisie se regsafdeling en korporatiewe bestuursafdeling moet werk.

“Cele en die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, is ook veronderstel om daar te sit. Die boonste vloer waar min. Cele se aangewese kantoor is, is nuut oorgedoen en met goeie tegnologiese sekuriteitstoestelle beveilig.

“Dít terwyl die res van die 24 verdiepings as onleefbaar beskou word,” sê Pieterse.

Die gebou het boonop nie die vereiste okkupasiesertifikate of goedkeuring van die brandweer gehad nie, sê Pieterse. “Die polisie se hoofkantoor mag dus eers weer sy deure oopmaak nadat ʼn okkupasiesertifikaat toegeken is en die brandweer ʼn inspeksie gedoen het.”

Helgard Cronjé, adjunkhoofsekretaris van die openbare bedryf by Solidariteit, sê dit is skokkend dat die amptelike wetstoepassers van die land nie eens basiese veiligheidswetgewing kan nakom nie.

“Tog kan min. Cele polisiegeld en -tyd gebruik om met ʼn polisiehelikopter na die ANC se manifesbekendstelling in Durban te vlieg; terug by die huis is die hoofkantoor absoluut vervalle.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Vonkprop ·

Die SAPD meen die veiligheid en welstand van hulle werknemers is hulle top prioriteit, maar julle het toegelaat dat julle werknemers in sulke toestande werk? Nou dat julle uitgevang is nou sê julle sulke belaglike goed? As dit regtig die geval was hoekom lyk die gebou dan so? Cele klim seker uit sy kantoor in ‘n helikopter en het geen idee wat onder in die gebou gebeur nie.

Anel ·

Die Telkom torings is nie in Pretoriusstraat nie maar Strubbenstraat. Die ou Waghthuis is in Pretoriusstraat.
Mens kan verstaan dat die gebou vervalle raak agv nie instandhouding nie, maar jy ksn self die toilet skoon hou en jou rie rommel optel. Dit is doe lede self wat die plek so bemors. Daar is nie ‘n toestromming van die publiek nie. Maar gaan kyk maar ook hoe lyk polisiewoinstelle of enkelkwartiere. Wat eens die trots van lede was! ‘n Varkhok lyk soos ‘n hotel in vergelyking! Wat ‘n skande vir lede wat nog ‘n trots het. Dan eonder mens wat word in die kolleges geleer!

annie ·

Dit wil voorkom of rommel aspris binne gestrooi is om hul saak te versterk om te trek. Nog ‘n gebou wag om ook verniel te word in die proses van regstellende aksie.

Lesly ·

Mees basiese onderhoud kan nie gedoen word nie. Enige infrastruktuur wat hierdie klomp best, word verwoes. Onderhoud “budget” word gebruik vir spog motors en lekker partytjies

Lettie ·

Hoe kan ‘n mens in sulke smerige omstandighede werk? Stilbly? en niks daaraan doen nie?

Victor Eric ·

As oud polisie offisier is dit darem n groot skande. cele en Fanie moet onmiddelik afbetaal word. Dan wil saps teen misdaad optree” rerig”
So lyk dit ook by die anc regering. As ons dit nie nou stop deur reg te kies nie sien ek donker tye

Kokerboom ·

Hoekom doen die Kommissaris en sy horde voorbetaalde adjunkte NIE hul werk?!!!

Ore ·

Ek verwonder my altyd aan die verval van skole en staatsgeboue. Hoe word daar toegelaat dat strukture so verwaarloos word? Daar moet tog êrens ‘n amptenaar wees wat na die dinge kyk. Hoor vanoggend oor RSG dat Cele en Kie se vloer @ R200m opgeknap is. Blink Stefaans voel duidelik ‘n veer vir sy manskappe. En dan die kennisgewing dat daar nie water is nie? Hoekom nie?

Sanet ·

R 900 miljoen belastingbetalers se geld in die drein afgespoel!!! ANC moet ook in die drein afgespoel word!!!

Witwax ·

As n staatsdiens se plek so lyk, hoe lyk die diens wat hulle lewer. Dit is n skande, slegte klomp goed wat in beheer is.

Di ·

Ja die skuld word altyd op ander gepak, dis seker weer “Apartheid” se skuld. Sekeres weet nie om in beter omstandighede the werk of te leef nie. BAIE staatsdiens kantore lyk amper soos hierdie gebou

mattk ·

Alle SAPS geboue gaan so agteruit. Ons plaaslike SAPS kantore het seker voor ’94 laas ‘n verfkwas teen sy mure gehad….. deurhandvatsels is weg en vervang met hangslotte, die mure asook ablusie geriewe is so vuil dat selfs kokkerotte eerder buite rondloop. Maar nou ja, wat kan met sê met ‘n regering wat meer belangstel om hul eie sakke te vul as om plekke in stand te hou? Hulle het maar net eenvoudig nie die administratiewe vermoë wat vereis word nie.

Grassie ·

Lettie – die smerigheid is juis veroorsaak deur die mense wat die afgelope 8 jaar daar gewerk het, die ANC se polisiediens. Die vorige bedeling se polisiemag was ‘n trotse mag waar so iets nooit, maar nooit sou gebeur nie. Dit is ‘n hartseer storie, Die vorige Mag se perdestalle was skoner, beter versorg en het skoner geruik as ons dorpie se polisiestasie. Gaan vra maar vir Victor hier bo of ek die waarheid praat.

Cecilia ·

R900 Miljoen Ooi, hulle gaan dit nou weer net blameer op APRTEID en Verwoerd die skuld gee… Hulle kan nie eens na hulle eie werk plek omsien nie hoe gaan hull die Suid Afrikaner beskerm hierdie Goverment is net n klug.

Old no7 ·

En dit is nie al waar dit so lyk nie. Parke, sport stadions, openbare oorde, woonbuurtes, in die strate ,by verkeersligte is net gemors en leë bottlels. Kyk hoe lyk die riviere en “settlements”. ń Gebrek aan basiese opvoeding van die afrika nasie weerspieël dit en reflekteer van jonk tot oud. Daar is geen selfrespek en trots nie, was ook nog nooit daar nie.

Miena ·

Ek sak my kop in skaamte en is huiwerig om hardop te noem dat ek eens n Staatsdiens-amptenaar was en in die geboue se vloere en gange geloop het saam met groot name in die mag van toentertyd. Ek dink Piet Byl maak n 360grade in sy graf en Suiker Britz sal saam my stem dat ons eens op n tyd met trots die gebou ingestap het, n saluut op aandag aan senior range in die verbystap gedoen het en dan menigte gesprekke afgesluit het met n lag en n “sien jou onder die boom” weer uit die gebou gestap het. Dit was trotse tye, trots op ons-self, trots op ons kantore, trots op ons kolegas en trots om n staatsdiens amptenaar te wees.

Mariana ·

En dan is Ramapoza so trots op wat die ANC vermag het in 30jr. Liewe hemel hy lewe regtig in wêreld van sy eie saam met Cele en kie. Dis ‘n skreiende skande dat dit so lyk en dit lyk oral so. Hulle gee nie duit om dat geboue om hulle in mekaar val nie, solank hulle kry wat hulle wil hê. Hoe kan mens trots wees op iets wat jy opgemors het, terwyl dit in puik kondisies was toe jy dit ontvang het. Gaan die verstand te bowe.

Johan ·

Absolute skande!! As die HK so lyk en die voorbeeld behoort te wees, is dit geen wonder dat by sommige SAP stasies nie eers penne beskikbaar is nie. Maar weer eens: n Snoek vrot van sy kop af en dit blyk van toepassing te wees in die SAPD asook die regering.

Andre ·

…die baas van hierdie plaas, ken nie skaamte nie; hy kannie eers onder sy hoed uit sien nie!

KB ·

Ou Cele verstaan nie die prentjie nie:
“Garbage in, garbage out!”
As jou hoofkantoor só lyk, wat verwag jy van die SAPD se diens???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.