SAUK gekap oor ‘plan vir Afrikaans’  

SAUK-gebou in Kaapstad. (Foto: Maroela Media)

Die lewering van die Afrikaanse inhoud bly ʼn sleutelaspek vir die SAUK en sal nie in die gedrang gebring word nie.

Só het die SAUK gereageer op ʼn vraag of die plan om Afrikaanse inhoud van SABC2 na SABC3 te skuif ten doel het om van Afrikaans ontslae te raak.

Oorblywende Afrikaanse inhoud sal glo binnekort van kanale verskuif word. Volgens Mmoni Seapolelo, woordvoerder van die SAUK, is die videovermaak-afdeling voortdurend betrokke by verskeie strategieë om die inhoudsaanbod te verbeter, wat kan lei tot programverskuiwings en wat verskuiwings na ander kanale behels.

“Die verskuiwings word ingelig deur gedetailleerde insigte, insluitend oorweging van die SAUK se finansiële volhoubaarheid.”

SABC3 se uitsaaisein is glo veel swakker as SABC2 en die kanaal het baie minder kykers.

Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, sê die strategie om Afrikaanse inhoud na SABC3 te skuif word waarskynlik polities gedryf. “Die reikwydte en opvangs van SABC3 is veel kleiner en Afrikaanssprekers in die Wes-Kaap en Noord-Kaap sal gevolglik aan die kortste ent trek. Die besluit is gevolglik ʼn ontkenning van die demografiese realiteite.”

Bosman sê die oortuiging dat daar politieke motiewe agter die besluit is, is gegrond op die SABC se eie nienakoming van redaksionele beleid en verbintenis tot die bevordering en uitbreiding van die taalaanbod.

“Van ewewigheid en gelyke respek is hier nie sprake nie want Afrikaans word afgeskaal en beperk met die aanbod in die nuwe strategie. Die vraag ontstaan dus wie die invloed het om taalbeleid eensydig te wysig om besluite wat waarskynlik polities beïnvloed is, af te dwing op kanale en taalgebruik deur ʼn openbare uitsaaier.”

Bosman meen dit sou interessant wees om te verneem of die SABC se bestuurshoofde hulle onderwerp het aan hul eie redaksionele beleid, wat insluit ʼn taalbeleid, in die kortsigtige besluit om Afrikaans af te skaal na ʼn veel kleiner kanaal. “Indien wel sou die bestuurshoofde besef het dat Afrikaans nie net ʼn streekstaal is nie, maar in werklikheid ʼn groeiende en nasionale taal is.

“Die SABC pluk egter die vrugte van eie finansiële tekortkominge en wanbestuur en ʼn verminderde aanbod van Afrikaanse inhoud die laaste jare, wat sepies insluit. Dit is jammer dat die openbare uitsaaier die geleentheid mis en so skouspelagtig faal in sy openbare mandaat. Ander kommersiële kanale en maatskappye het die geleentheid en waarde van Afrikaans ingesien en benut dit ten volle. Dit is aanduidend van die waarde van Afrikaans en getuig opnuut daarvan dat Afrikaanssprekendes altyd vasberade is om ʼn pad te vind om hulle eie taal te handhaaf, deur gedrukte media, radio en ook met TV-dienste en kanale.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Casper ·

Afrikaans het in alle sfere ‘n politieke speelbal geword,van onderwys tot sepies waar daar onderskrifte in Engels vertoon word wat uiters irriterend is.

KB ·

Maak toe die SABC…hulle is klaar so pateties.
Jan Bosman, wanneer laas het jý na die kwaliteit van Afrikaanse programme op SABC 2 gekyk? Jy mors kosbare tyd en geld…begin liefs iets behoudends!

willie ·

Ek kyk al vir baie jare glad nie enige sabc programme nie. Ek is bly ek is ontslae van die gemors wat hulle uitsaai!!!!!

Steyn ·

Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek enige van SAUK se programme gekyk het nie, dink dit waas 3 jaar terug toe ek DSTV laat afsit het.

Johan ·

Dit is nie juis asof daar veel Afrikaanse inhoud op SABC TV oor is nie.
Ek reken dié wat dit nie kan bekostig om skottel TV te kry nie, sal net ophou om TV lisensies te betaal omdat daar niks meer is om voor te betaal nie.

Grawe net ‘n dieper graf vir hulself.

Daisy ·

Ek is dankbaar hierdie nuus raak my geensins nie – wie wil nog SAUK se gemors kyk?

Ruby ·

Ek gaan van hierdie jaar af nie my jaarlikse lisensie hernu nie.

Ons gebruik die TV vir My Family Cinema, kyk nie eers SABC, so hoekom moet ek betaal, nie ‘n sent verder nie!

Hendrik ·

Dit is sekerlik binne die vermoe van die privaatsektor om los te kom van die greep van die staat. Waarom nie???

Di ·

Ons moet elke jaar stiptelik on TV lisensie betaal maar met die minste tevrede wees? Meeste van die meerderheid in die land kyk na SABC kanale maar BETAAL GEEN lisensiegelde nie, DAAROM is die SABC ook op bankrot stadium. Ek kyk in elke geval ook na die gemors wat hulle wys op daardie kanale nie

Hussin ·

Ek kyk ook nie SAUK TV nie. Nie eers geweet daar is meer as een kanaal nie. Neem egter in ag dat dit vir armer mense soms die enigste opsie is, gemors of nie. Baie van hulle bejaardes wat nie noodwendig baie kan beweeg nie en geen werklike vooruitsigte het nie. Hulle het dit nodig. Nou word dit ook in effek van hulle weg gevat. Dit is ook oor ras grense heen.

Fran ·

Stem saam. De klerk en Meyer se ‘wonderlike’ onderhandelingsvaardighede. Dis waar ons nou sit met die anc wat alles Afrikaans afgebreek het!

mattk ·

EK het al 3 jaar terug tot my DSTV en TV lisensie gekanselleer, maar kry nog elke maand ‘n dreigende SMS oor my uitstaande lisensie gelde. Die kaders het geen administratiewe vaardighede nie en sorg net vir hulself.

Impact ·

Ek kyk nie tv nie maar dit het my opgeval hoe baie nuwe programme in ander talle as Engels of Arikaans die lig gesien het sedert Oktober 2023.

Kaptein ·

Sauk,daar verloor julle my TV lisensie. Sterkte vir julle. Nou gaan nog minder lisensies betaal word.

Yolandy ·

Ongelukkig is daar niks meer weird van Afrikaans op SABC kanale nie, dis net tyd Mors om SABC kanale te kyk. Ek kyk glad nie meer enige SABC kanale nie want daar is niks I’m the sien of the kyk nie

JohanR ·

Na 30 jaar dit uiteindelik reg gekry om Afrikaans op radio en tv in SA dood te maak. Hoopelik na verkiesing 2024 sal die 30percenters en ANC kaders by SAUK waai.

Henry ·

Ek hoop die anc word aangekla vir misdade teen oor die nasie, Hulle hoort maar weer in die tronk. Dis eintlik siek , so skelm is die klomp drek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.