Seun (6) val uit gebou na sy dood

Die gebou waaruit die kind geval het. Foto: Netcare 911

ʼn Sesjarige kind is dood nadat hy Saterdagoggend uit die negende verdieping van ʼn gebou in die Johannesburgse sakesentrum geval het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 10:40 na die toneel in Pritchardstraat ontbied. Daar het hulle die seuntjie op die grond aangetref. Getuies op die toneel het aan paramedici gesê die kind het uit die negende verdieping van die gebou geval.

“Die kind is op die toneel ondersoek, maar hy het geen tekens van lewe getoon nie. Paramedici het hom dood verklaar,” het Herbst gesê.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Hy kon nie onmiddellik bevestig waar die kinders se ouers ten tyde van die voorval was nie. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

8 Kommentare

Retha Thiardt ·

Pure nalatigheid!!! Ek is nou vreeslik ontstel waar ek hier sit. Kon die ouers nie behoorlik toesig hou nie???! Of was hul nie eens daar ten tyde hiervan?

Nee wragties, die hoeveelheid moord, doodslag en ongelukke deesdae in die nuus is genoeg om enige persoon tot depressie te dryf.

Rus sag kleine lyfie.

Marinda ·

Dis erg. Laat ons nie oordeel voor ons weet presies wat gebeur het nie.

Soutpot ·

Kinders wat in woonstelle grootword behoort nie aan hulle eie genade oorgelaat te word nie! Ek sien daagliks hoe kinders wat skaars kan praat, alleen trappe klim en alleen rondloop! Nie eers in jou eie jaart kan jy jou kind sonder toesig laat nie!..Jammer vir die kind, sy ouers was seker afwesig??..

Siek en sat ·

So ontsettend hartseer. Hoe wens ek daar was n goeie-nuus koerant waar mens net mooi dinge kon lees en mekaar help.

jaco ·

dit kom nou van overcrowded woonstelle met families van 6 mense per kamer, so dis 18 mense of meer wat een badkamer en een kombuis deel. kla jy daaroor (ek bly in n woonbuurt met sulke huise), dan reën dit neer van beskuldigings van rassisme en “you whites don’t understand our culture”

Johann Fourie ·

Ek wil nie simpatiseer nie, my vraag is waar was die kind se toesighoudende party?????

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.