Sewe Gauteng-skoliere sterf binne ʼn week

Argieffoto (Foto: ArtTower/Pixabay)

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sy meegevoel betuig nadat nog twee leerders in die provinsie gesterf het. Dit bring die getal sterftes onder skoliere op sewe te staan die afgelope week.

ʼn 17-jarige matrikulant van Oosrand Secondary School in Boksburg is Saterdag deur passasiers in ʼn taxi aangeval. Sy het in Germiston uit die bewegende taxi gespring en is op die toneel oorlede, het Steve Mabona, woordvoerder van die departement, in ʼn verklaring gesê.

“Die skoolgemeenskap is Maandag in kennis gestel dat die skoolhoof en die bestuurspan van die skool besoek afgelê het aan die gesin by die Ramaphosa- informele nedersetting om hul meegevoel te betuig en die nodige ondersteuning te bied.”

Die polisie ondersoek die voorval.

“ʼn Agtjarige meisie van Durban Deep Primary School (Roodepoort) is Saterdag meegesleur deur kitsvloede by die Princess- informele nedersetting. Sy het verdrink.”

Lesufi het gesê hulle sal steeds vir Goddelike ingryping bid. “Ons is vol hoop dat geestelike leiers ons hierdeur sal lei.”

Lesufi het gesê 10 sterftes is reeds aangemeld sedert die skole vir die akademiese jaar in 2020 begin het.

“Ons het die 2020- akademiese jaar op ʼn baie slegte noot afgeskop, met verskeie sterftes en tragiese voorvalle by ons skole,” het Lesufi vroeër gesê. “Ons het nou geen ander keuse as om te vra dat geestelike leiers van alle geloofsrigtings saamkom en ons in gebed lei nie. Ons vra vir ʼn Goddelike ingryping.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Niné ·

En ek vra ASB vir n goddelike ingryping dat jy moet tata….en sommer al julle koruptes wat regeer saam met jou!

Jdb ·

Miskien moet die magtige en gesaghebbende Lesufi dan maar taxi’s verban en vloede “suspend”. I ja, en berading voorsien.

007 ·

Ja Lesufi jy het dan Godsdiens uit die skole gehaal? En wat sê jou maatjie Maasdorp van dit alles?

Magda ·

Ek vra dat ONSE VADER ASB ook sal ingryp in ons GODDELOSE REGERING. Bring GODDIENS terug in skole en ook in ons daaglikse lewe. AMEN

msp ·

Stem saam Magda, vir my net so snaaks dat as jy in baie FB groepe net ń Bybelversie plaas om mense te bemoedig dan kom soveel in opstand daaroor dis asof jy hulle gevloek het. My meegevoel aan al die ouers wat deur die moeilike tyd moet gaan. Al is dit baie moeilik om te troos want dit bring nie mens se kinders terug nie kan ek net bid dat God sal onderneem en hulle vertroos met Sy liefde en genade.

Sarel ·

Jy was dan aan die voorpunt om Christelike Gidsdiens af te skaf in skole en nou? Wil jy nou van God ‘n grap maak. Jy kan nie die een dag Sy bestasn teenstaan en die volgende dag betoro dien op God nie.

Dries ·

Klink of baie skoliere se sterftes nie rerig enige iets met die skool self te doen het nie. As Pietie Poggenpoel van Centurion oor die vakansie by Durban verdrink, gaan Lesufi ook iets te se he?

msp ·

Dit is vir my onsettende slegte nuus. Ek het ook kinders en kleinkinders op skool en kan my net voorstel. Will nie eers daaraan dink nie. Wonder of die blf en eff ook feesvier hieroor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.