Sewe van EMPD in hof ná man se dood  

hof-hamer

(Argieffoto)

Sewe beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) het Maandag in die Tsakane-landdroshof verskyn nadat ʼn man tydens ʼn klopjag doodgeskiet is.

Laurens Daniel Venter (49), Nkululeko Walter Mtetwa (36), Daniel Eric van Wyk (39), Gideon Johannes Myburg (60), Justin Sibusiso Ncube (50), Thamodhran Pillay (50) en Eugene Phillip Raubenheimer (62) staan tereg op aanklag van moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en regsverydeling.

Die beamptes het hulself oor die naweek aan die polisie oorgegee. Volgens Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het die verdediging aan die hof gesê dat Raubenheimer ʼn hangende saak van kwaadwillige saakbeskadiging en diefstal teen hom het. Hy moet op 23 September in die Boksburg-landdroshof verskyn op dié aanklagte.

Die saak teen die sewe beamptes is tot Woensdag uitgestel wanneer hulle om borgtog sal aansoek doen. Volgens Mahanjana sal die staat borgtog teenstaan.

Daar word beweer dat die beamptes op 8 September net voor middernag op ʼn huis toegeslaan het. ʼn 19-jarige man is tydens die voorval dood en ʼn 29-jarige man is gewond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kokerboom ·

Konstant hoor ons van metropolisie wat hul magte oorskry. Baie strenger keuring moet plaasvind

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.