Skieters brand los op gesin

Drie mense het Donderdagaand in ‘n koeëlreën gesterf. (Argieffoto: pixabay)

Die polisie in die Oos-Kaap is op soek na twee verdagtes wat Donderdagaand op ’n gesin in die Ekuphumleni-plakkerskamp losgebrand en drie mense doodgeskiet het.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê ’n voorlopige ondersoek dui daarop dat die verdagtes die niksvermoedende gesin se huis binnegestorm en lukraak begin skiet het.

Drie lede van die gesin, almal tussen 22 en 27 jaar oud, het in die koeëlreën gesterf.

Drie ander lede van die gesin, onder wie ’n driejarige seuntjie, is in die voorval ernstig beseer en na ’n nabygeleë hospitaal gehaas.

“Die beseerdes is tans in ’n kritieke toestand,” sê Kinana.

Hy sê voorts hoewel die motief vir die skietaanval in dié stadium onduidelik is, ondersoek die polisie drie moordsake en drie sake van poging tot moord.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het ʼn 72-uur-aktiveringsplan in werking gestel met die oog op die inhegtenisneming van die verdagtes.

“Die skuldiges moet vinnig opgespoor word. ’n Kultuur van mense wat ander vermoor kan nie geduld word nie. Die skuldige partye moet verantwoordelik gehou word en aan die pen ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

JohanR ·

Ja nee Sarel hy klou was. In Amerika dink ek nie eers hy sou ‘n werk kon kry by KFC om die hoender stukkies in die meel te rol nie!

Tiptol ·

Moord het ‘n alledaagse ding geword. Die moordenaars is gewapen en hul word nie gevang nie.

Anel ·

Wat van die kultuur van blankes wat vermoor word? Wanneer word daar gesê dat daar ‘n 72 uur aktiveringsplan in werking gestel? En hoeveel is nie alweer die week vermoor nie, en niemand rep ‘n woord nie! Maak nie saak wie vermoor word nie, dis nie reg nie en elke moord moet dieselfde hanteer word. Dieselfde energie moet in die opsporing van die skuldiges gesit word vir elke moord. Geen uitsondering. Maar die is maar net my mening.

Persheks Adri ·

Beslis nie besig om die vuurwapen wet se kommentaar van ons af te lees nie pffft! Hy gaan niks sê nie Willem ongelukkig

Frank John ·

Ek dink ons polisie hoof is die hoof van die geweld soos die “Godfather”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.