Skoolberader ná jare skuldig aan verkragting, kinderpornografie

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

ʼn Skoolberader van Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal is Vrydag skuldig bevind aan verkragting, seksuele aanranding en kinderpornografie.

Dít volg meer as vyf jaar nadat die berader se gru-dade aan die lig gekom het.

Natasha Ramkisson-Kara, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die 32-jarige berader is skuldig bevind op vyf aanklagte van seksuele aanranding, een aanklag van onderskeidelik verkragting en die verkryging van toegang tot kinderpornografie.

“Die man was ʼn skoolberader by ʼn laerskool in Pietermaritzburg en was gereeld saam met leerders in sy kantoor op die skoolterrein,” sê sy.

“Die meerderheid van sy slagoffers was jong seuns.”

Hy is in 2016 in hegtenis geneem nadat van die voorvalle eindelik aan die lig gekom het.

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Vrydag die man skuldig bevind en die saak na 13 tot 15 Julie uitgestel wanneer hy gevonnis sal word.

Intussen bly hy uit op borgtog.

Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die provinsie het by ʼn vorige geval, waar ʼn onderwyser aan die Hoërskool Dundee glo ʼn leerder verkrag het, gesê daar moet geen toegeeflikheid betoon word aan diegene wat kinders mishandel nie.

“Ons het geen plek vir kindermishandeling in ons samelewing nie,” het Nonhlanhla Khoza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mariana ·

Hoop van harte dat hy sy straf sal kry. Hy moet nooit weer naby kinders toegelaat word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.