Skote klap buite bekende prokureur se huis

William Booth. (Foto: attorneys.co.za)

Verskeie skote het Donderdagoggend buite huis van ʼn vooraanstaande Kaapstadse strafregprokureur geklap.

Maroela Media verneem minstens vier skote het William Booth se voertuig getref toe daar omstreeks 07:30 buite sy huis in Higgovale, Kaapstad, op hom losgebrand is.

Kol. Andrè Traut, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.

“Twee gewapende verdagtes met chirurgiese maskers op het skote op die slagoffer geskiet, maar dit het hom gelukkig nie getref nie.

“Hulle het van die toneel gevlug en is steeds op vrye voet,” het Traut gesê.

Booth het in 2016 ʼn klagte van intimidasie by die polisie aanhangig gemaak nadat hy ʼn brief in die pos ontvang het wat gelui het: “Jy is volgende.” Dit het bestaan uit letters wat uit koerante geknip is.

Die dreigement het gekom skaars enkele weke nadat Booth se kollega, Noorudien Hassan, buite sy huis in Crawford doodgeskiet is.

Hassan het verskeie vermeende bendeleiers verteenwoordig.

Booth kon nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Bloedhond ·

Seker niks snaaks as jy en jou tjommies verskeie vermeende bendeleiers verteenwoordig. “Time are hard and friends are few”

marius ·

As hulle gevang word sal hulle sekerlik geregtig wees op borg ?

katerinadiekat ·

Ja wel hy verdedig altyd die ergste drek. Geen simpatie. When i read about a crime and see that Booth is the person’s lawyer, i know beyond the shadow of a doubt that the person is guilty. Meng jou met drek en dis wat jy kry. Booth se karma gaan lelik lyk in sy volgende inkarnasie.

Cherokee ·

Dit is nou wettig en byna standaard om gemaskerd in die strate te loop.
Vir ‘n gesluierde moslem vrou met ‘n 4×4 wat oor die lyne geparkeer het, het ek gesê as ek soos sy bestuur het, sou ek ook ‘n masker gedra het.

ES ·

Die prokureurs weet te veel want die bende wat hul verteenwoordig moet vir hul als vertel… dis ‘n groot kans wat jy waag as jy jou met daardie onderwereld verbind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.