Slegte nuus oor brandstofpryse

Argieffoto. (Foto: Maroela Media)

Diesel‑ en paraffiengebruikers se sakke kan dalk van volgende maand geruk word, met ’n groot styging in dié brandstofpryse wat verwag word.

Volgens die Automobiel-Assosiasie (AA) se vooruitskatting wat gegrond is op ongeouditeerde data van die Sentrale Energiefonds, sal die prys van diesel en paraffien met 72c/liter styg.

Die prys van 95-oktaan-petrol sal na verwagting met sowat 35c/liter klim en 93-oktaan-petrol met sowat 30c/liter.

Volgens die AA is die internasionale oliepryse wat deur die maand geleidelik gestyg het, die grootste dryfveer agter die verwagte stygings.

“Wat die druk op brandstofpryse verlig, is die rand wat sy waarde teenoor die Amerikaanse dollar deur die maand versterk het. Dit verseker dat die verwagte brandstofstygings nie hoër is nie, maar die uitwerking daarvan is nie voldoende om die stygings te vermy nie,” sê die AA.

“Soos altyd moedig ons motoriste aan om te verseker dat hul voertuie in ’n goeie toestand is en optimaal loop om die korrekte hoeveelheid brandstof te gebruik. Om ritte te beplan en bande in ’n goeie toestand te hou, is ander maatreëls om optimale brandstofverbruik te verseker.

“Alle verbruikers moet bewus wees van die verwagte stygings, en hulle moet hul begrotings dienooreenkomstig aanpas om hierdie bykomende uitgawes te kan bekostig.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

J. J. ·

Dis die wet van Transvaal. Hulle probeer inflasie hoër maak, nie later nie.

MJLS ·

As dit nie eskom is nie, dan is dit die brandstof. Wanneer gaan die cANCer ophou om ons te melk?
Ek is net ‘n pensionaris.

Charles ·

Slegte nuus beteken daar moet ook goeie nuus wees. In Suid Afrika is daar net nuus. Dit bly maar konstant dieselfde met dieselfde nagevolge.

Truman Burbank ·

Hulle voel seker die mense gebruik te veel hul kragopwekkers. :-)

Papsak ·

Wel ek vra ook wanneer haan anc ons ophou uit melk met krag water en kos dit net in SA waar dit so gaan ek ook net n pensionaris maar hulle het mos van sls volop waaroor sal hulle worrie hulle moet uit gehaal word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.