Só lyk die beurtkragvooruitsig

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Eskom sal vandeesweek verskeie beurtkragfases instel en dit daagliks tot verdere kennisgewing laat geld.

Die kragvoorsiener het Dinsdagmiddag aangekondig dat fase 3-beurtrkag vandag tot 16:00 van krag sal wees, waarna fase 4 tot 16:00 Woensdag ingestel word. Van Woensdag om 16:00 sal fase 5-beurtkrag tot Donderdag om 05:00 van krag wees, waarna daar weer oorgeskakel word na fase 4 tot en met 16:00.

“Hierdie beurtkragskedule sal tot verdere kennisgewing geld en enige veranderinge sal gekommunikeer word,” lui Eskom se verklaring.

ʼn Opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Lethabo-, Majuba- en Tutuka-kragstasie het in die afgelope 24-uur onklaar geraak, terwyl ʼn opwekkingseenheid elk by die Camden-, Kriel-, Matla- en Matimba-kragstasie intussen weer in diens geneem is.

“Die vertragings in die terugkeer van ʼn eenheid elk by die Arnot-, Camden-, Duvha- en Kendal-kragstasie dra by tot die huidige kapasiteitsbeperkings,” sê die kragvoorsiener.

Altesaam 4 174 MW is tans nie beskikbaar nie weens beplande instandhouding, terwyl ʼn reuse- 19 031 MW weens onbeplande onderbrekings nie beskikbaar is nie.

Só lyk vandeesweek se beurtkragskedule:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nettie ·

Hierdie is wat ek hoor: Kom ons kyk hoe ons dit die slegste vir julle kan maak deur die meeste rond te spring op verskillende vlakke.

Lees iemand ooit nog watter eenhede het die gees waar gegee? Dit beteken nou niks meer nie…

Wondermaarnet ·

Eskom se skedules word nie bygehou nie en ook nie die app nie, so spaar julle tyd en hou op skedules uitstuur.

Piet 6 ·

My ESP app is 100% op datum. Ek kry die nuwe skedules op die app voor dit in die media kom.

Piet ·

Al hierdie verandering van die beurtkragfases elke dag maak mens mal!

Keelvol ·

Beurt Krag is die grootste bedrog spul nog. Alles gaan om swak bestuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.