Só lyk regering se plan om ligte aan te hou

Pres. Cyril Maandagaand aan die woord. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die regering het uiteindelik ’n plan om die land se ligte aan te hou. Dié plan behels ’n groter begroting vir instandhoudingswerk, die aankoop en invoer van elektrisiteit en ’n kragkrisiskomitee. Dit behels egter nié die afkondiging van ’n nasionale ramptoestand nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het dit Maandagaand duidelik gestel dat die kragnetwerk in staatsbesit sal bly, hoewel dit op private beleggers en kragverskaffers sal staatmaak.

Volgens Ramaphosa sal daar egter heel eerste daarop gefokus word om die prestasie van Eskom se bestaande vloot kragstasies te verbeter.

Die begroting vir kritieke instandhouding sal gevolglik oor die volgende 12 maande verhoog word, terwyl vaardige personeel, waaronder voormalige senior Eskom-aanlegbestuurders en ingenieurs uit die private sektor, gewerf sal word.

Eskom sal oor die volgende drie maande ook surplus krag aankoop in ’n poging om in die land se vraag na elektrisiteit te voldoen. Surplus elektrisiteit sal van bestaande onafhanklike kragprodusente gekoop kan word. Dít sluit in kragsentrales met meer kapasiteit as wat nodig is en wat tans in staat is om hul oortollige krag aan Eskom te verskaf.

Die Medupi-kragsentrale. (Foto: Eskom)

Eskom sal ook bykomende energie van bestaande private kragopwekkers soos myne, papiermeulens, winkelsentrums en ander private entiteite met oortollige krag aankoop.

Ramaphosa het voorts daarop gewys dat ander Afrika-lande, waaronder Botswana en Zambië, meer elektrisiteitskapasiteit het as wat hulle benodig. Eskom sal nou elektrisiteit vanaf hierdie lande invoer.

Eskom sal ook tussentydse kragoplossings, soos mobiele kragopwekkers, gebruik om huidige opwekkingskapasiteit vir ’n beperkte tydperk aan te vul.

’n Kragkrisiskomitee sal intussen op die been gebring word. Die direkteur-generaal in die presidensie sal as voorsitter dien, terwyl die res van die komitee sal bestaan uit die departemente en entiteite wat reeds betrokke is by die voorsiening van elektrisiteit.

Die betrokke ministers sal op ’n gereelde grondslag direk aan Ramaphosa rapporteer.

Lede van ’n spesiale polisietaakmag sal op hul beurt Eskom help om diefstal, korrupsie en sabotasie te pak. Dít terwyl die tesourie ’n volhoubare oplossing vir Eskom se skuld van byna R400 miljard sal bedink.

Hou Maroela Media dop vir meer oor die regering se plan om die land se kragkrisis te bowe te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Inderdaad. Die somme gaan sleg lyk, ten sy Eskom mense afdank.

Louis ·

Die kragnstwerk moet

Onder staatsbeheer uitkom. Hulle is te korrup

PieterJ ·

Is die regering van nuture totaal nutteloos of woon hul kursusse by om so te wees?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

eBatho Pele and ANC transformationism at its best in the ANC’ s communist National Democratic Society known as eMzansibabwe. More jobs and cash every day for the chosen elite on this Animal Farm. Who cares about the rest?

Rooikopheks ·

Zambië het nie eers krag vir hulself nie, hulle het elke dag beurtkrag, soms tot 3 dae aaneen geen krag nie. Nou hoe wil hulle daar krag koop??

DieKriek ·

‘n Plan? Ons het nie regtig gedink hy gaan met iets uitkom wat eintlik gaan werk nie, nè.

Mallie ·

CR moet net begin om Eskom te betaal, dan sal ons nie “loadshedding” he nie.

mirka ·

Eskom bly in staatsbesit. Geen verdere planne nodig. Die resultaat sal dieselfde bly.

Witbaard ·

En raai wie gaan uiteindelik betaal vir sy sogenaamde plan

Arno ·

Hierdie is nie die eerste “plan” wat hulle gehad het nie. Hulle het wel die keer ‘n plan wat privaat opwekking stimileer wat deminste een plus punt is. Ek wonder wel of die plan gaan werk of gaan dit flop soos al die res. Mens kan nie wag vir elke 5 jaar vir hulle om met ‘n nuwe plan voor en dag te kom nie, omdat die een tevore nie gewerk het nie. Ek voel amper asof die regeering BBBEE gaan gebruik om te beslis van wié hulle krag af van gaan koop.

Al wat dit vir my meer na lyk is ‘n pooging vir die ANC om weer goed te lyk vir die 2024 verkiesing.

Danie ·

Kyk mooi wat Oktober gaan gebeur met die Minister van finansies se begroting. Dink bietjie terug na die dae van Hob huise toe ons ekstra belasting moes betaal

Hoekom ·

Eskom bly in staatbesit. Daar is die ondergang net daar….

Chris dupreez ·

Dis n stap in die regte ringting, n paar jaar laat maar darem.

Manie ·

Het iemand al aan die regering gevra welke positiewe reaksie dit teweeg sal bring indien die verkoop van SA opgewekte krag aan die 7 buurlande gestaak of verminder word?

henndrik ·

Ek sien geen aanduiding oor wanneer dit moet begin gebeur nie

Papsak ·

Hy kan hom self nie reg ruk nie wat nog te se krag reg ruk ag asb speel op highway

Andrew ·

“kragkrieseskomitee” , bring maar n spyker en hammer dat ons die doodskis kan toeslaan. Niks oor SEB opskort nie, net nog meer SEB

Kobus ·

As ek reg onthou was die einste agbare Rampposa paar jaar gelede aan die hoof van ‘n sogenaamde ” War room ” vir Eskom. Dadels daarvan gekom maar hy sê niks daarvan nie.

SjN ·

Hoekom word daar niks deur hom gese van die nie betalers en onwettige aansluitings nie, jy is seker bang hul verloor stemme. Daar word krag aan buurlande voorsien maar hul wil aankoop, tipiese kader denke.

VaalDonkie ·

Daar gaan daai R450 minder belasting wat ek hierdie jaar betaal het.

Miena ·

Blah – blah – blah- klak… en skielik is die liggies af! Nee wat baie gepraat en niks gese nie. Boer maak n plan, en…. wel maak jyself maar die sin klaar want as ek dit moet doen dan gaan ek verban word…

Herman L ·

As ander lande in Afrika surplus krag het, waarom word daar nou eers besluit om krag van hulle in te voer? Dit is duidelik dat die regering nie ‘n krisis kan raaksien voordat dit ‘n ramp is nie.

Samuel ·

Why the hell do I not believe you, CR? Gee die land oor aan Patrice Motsepe.

Jack ·

Solank korrupsie in beheer bly sal die goue gans verniet eiers le. Ons sal nie die voordeel hiervan geniet nie. Jammer op papier is dit reg.

Sê maar net ·

Mmmmm. Waarom noem hy niks van pres Biden se toespraak waarin Biden gesê het dat hulle nou begin om steenkool kragopwekking in Suid Afrika af te wentel nie? Biden wil glo, volgens sy eie toespraak, meer haalbare kragopwekking vir Suid Afrika in werking stel. Dis ‘n globale plan. Nie net in Amerika nie. Waarom sien ons niks daarvan in ons nuus nie? Want hulle wil die skapies blind en doof hou vir hul PLAN vir 2030. En nee, dis nie ‘n “conspiracy theory” nie. Dis op oorsese nuus. Ek het self Biden se toespraak gesien. Maak julle ogies oop mense. Hier is groter dinge aan die gang. Hierdie sg “nuwe planne” van Ramaposa is net tydelike krisisbestuur, as daar ooit iets daarvan gaan kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.