Die soektog na die vermiste tweejarige meisie van Delportshoop in die Noord-Kaap wat oor die naweek ontvoer is, het tot ʼn einde gekom toe die kind se liggaam Donderdagmiddag in die Vaalrivier ontdek is.
Volgens kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, is die meisie se liggaam omstreeks 12:50 in die water ontdek. Daar was ʼn klip aan die liggaam vasgemaak.
Delportshoop lê aan die Vaalrivier.
Die gemeenskap het ses dae lank saam met lede van verskeie eenhede van die polisie, insluitend die honde- en soek-en-reddingseenheid, na die kind wat sedert Saterdag vermis word, gesoek.
Maroela Media het vroeër berig die meisie se klere is enkele dae gelede in ’n veld gevind. Volgens Tawana is dié klere ʼn paar meter van die rivier se oewer gevind.
Dit volg nadat ʼn man, in sy 30’s, Saterdagaand by die meisie en haar ma se huis ingebreek het terwyl hulle gelê en slaap het. Die man het glo gedreig om die ma te vermoor waarna hy haar probeer verkrag het. “ʼn Struweling het tussen die ma en die man uitgebreek en hy kon daarin slaag om los te breek. Daar word vermoed dat die man die vrou se kind gegryp het voordat hy op die vlug geslaan het.”
Die man is aangekeer en het vandeesweek vlugtig in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn op vier aanklagte, onder meer poging tot verkragting, huisbraak en ontvoering. ’n Moordklag van sal ná afloop van vandag se ontdekking ook teen die verdagte aanhangig gemaak word.
Tawana het gesê die Noord-Kaapse polisie veroordeel misdade teen vroue en kinders ten sterkste.
RED: Die berig is aangepas sedert dit oorspronklik gepubliseer is om die geslag van die kind reg te stel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Hoe siek is ons land net nie……
In die hof sal hy praat van sy “human right” en aandring om vrygelaat te word. Doodstraf is al uitweg vir hierdie onmenslikheid.
Dan sal hy in die hof aandring op sy “human rights”. Hierdie land sal regkom die dag as die doodstraf terugkom. My simpatie aan die ma van hierdie klein seuntjie.
Nog ‘n Kindermoord en die Politieke leiers is stil behalwe indien hulle daardeur stemme kan werf.
Die kind is dood…. Maar die beskuldige is nog lewendig…. Bring trug die dood straf… Die bybel se n oog vir oog.. Baie hartseer.