Solidariteit gaan reusenetwerk van gildes vestig

Die toekoms van werk gaan anders lyk met Solidariteit se beroepsgildes en interaktiewe werkplatform. (Foto: Ramy Mans/Unsplash)

Solidariteit gaan as deel van sy werkherstelprogram ’n omvattende netwerk van beroepsgildes vestig. Dit beteken dat mense nie net volgens hul werkplekke georganiseer word soos die gebruik gewoonlik in die vakbondwese was nie, maar ook volgens hul beroepe.

Die organisasie het vroeër die maand ʼn omvattende werkherstelprogram met ʼn begroting van R4,7 miljard bekend gestel. Die program gaan oor die volgende vyf jaar ingestel word.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die werkherstelprogram is juis ontwikkel in reaksie op die versnelling van staatverswakking en druk op die ekonomie en werkskepping weens die Covid-19-inperkingsregulasies.

“Die vestiging van die gildes gaan een van die grootste groeifases nóg vir Solidariteit inlui. Ons gaan beroepe organiseer wat nie tradisioneel deur Solidariteit georganiseer was nie. Dit gaan onder andere ’n mediese, regs-, finansiële, ambags-, maatskaplike, kommunikasie-, onderwys‑ en kantooradministrasiegilde insluit,” het Hermann gesê.

Solidariteit se gildes gaan help dat beroepe verantwoordelikheid neem om mekaar te help om werk te herstel. Jongmense gaan deur die verskillende beroepsgildes gehelp word om die beroep te betree. Studiefondse vir jongmense gaan deur die gildes gestig word. Internskappe, mentorskappe en werkgeleenthede gaan ook deur die beroepsgildes gefasiliteer word. Die gildes gaan hul lede help met voortgesette opleiding. Gildes gaan ook as ’n waghond vir beroepe optree. Netwerke gaan in die beroepe gevestig word. Solidariteit gaan ook help dat dienste van gilde-lede aan die gemeenskap beskikbaar gestel word.

“Die netwerk van gildes gaan ’n reuseveranderlike in werkherstel wees. Die basis van die Solidariteit Werkherstelprogram is dat ons sélf verantwoordelikheid moet neem. Die Solidariteit Gildes gaan beroepsgemeenskappe in staat stel om self verantwoordelikheid te neem.”

 Massiewe interaktiewe werkplatform op pad

Nog ʼn aspek van Solidariteit se werkherstelprogram is ’n massiewe interaktiewe werkplatform.

Volgens Hermann sal Solidariteit se werkplatform werk, internskappe, mentorskappe, opleiding, beroepsnetwerke, koopkrag en dienste in die gemeenskap fasiliteer.

Dié platform gaan ook die tuiste wees vir die netwerk van Solidariteit se beroepsgildes wat gevestig gaan word. Gilde-lede gaan ook hier hul dienste aan die gemeenskap op dié platform beskikbaar stel.

“Hierdie platform sal die krag van die gemeenskap ontsluit. Mense gaan mekaar help om die werkmag te betree en om op die werkpad te vorder.”

Volgens Hermann is drie belangrike kenmerke van die vierde nywerheidsrewolusie ontwrigtende kennis, skakeling tussen mense en platforms wat dit fasiliteer.

“Nuwe tegnologie bring nuwe antwoorde op vrae waarvoor daar voorheen nie antwoorde was nie. Nuwe tegnologie breek ook die mag van die sentrale staat en stel gemeenskappe in staat om self verantwoordelikheid te neem.

“Hierdie werkplatform gaan mense met mekaar verbind sodat hulle mekaar kan help. Die platform gaan ook aan die gemeenskap toegang gee tot verskeie dienste binne die Solidariteit Netwerk van Werk wat insluit Wolkskool, Solidariteit Jeug, Akademia, Sol-Tech, Bo-Karoo Opleiding, S-leer, werkvoorbereiding, werkbeskerming en Solidariteit Gildes,” sê hy.

Die werkherstelprogram is deel van ʼn massiewe selfhelpprogram uit die Afrikaanse gemeenskap vir dié gemeenskap. Die slagspreuk van die veldtog is: “Ons sal self” en die program word deur verskeie werk- en opleidingsinstellings van die groter Solidariteit se netwerk van werk  moontlik gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kokerboom ·

Solidariteit: Julle maak my trots en skep nuwe moed ten tye van die beplande georganiseerde ANC chaos en korrupsie!!

Plaaskind ·

Baie goeie nuus en hoop vir ons land. Mag julle groot sukses behaal.

nell ·

Dis nou ”a good story to tell” en nie ‘n onhaalbare vergesig soos die een wat die presidensie nou onlangs aan ons opgedis het nie. Dankie Solidariteit ek glo van harte julle sal al julle planne kan verwesenlik!

Hendrik ·

Werkskepping/strukture/besigheidvestiging in selfbestuur areas is baie belangrik vanwaar ons kan uitreik na ander minder area waar ons onderdruk is

Jaco ·

Wat help dit om lid van ‘n gilde te wees, maar wanneer jy werk soek, kry jy NIKS want jou velkleur is “verkeerd”. Solidariteit en sy gildes is nie die regering van die land nie.
Ek was later so desperaat om werk te kry dat ek op my CV gelieg het. Ek het stilgebly oor my 2 universiteitsgrade. Net gesê “studied at university”. En met dié leuen kry ek toe sowaar werk.
Die harde werklikheid werk heeltemal anders as allerhande mooi kosmetiese oppervlakkighede soos gildes.

Eiervrug ·

Ai Jaco, jy klink na die tipe mens wie verkies om die glas heel leeg te sien. Geen wonder jou ervarings klink so depresief nie. As jy regtig nie enige iets goed uit hierdie berig kan raaklees nie is dit nogal hartseer. Ek is vrek opgewonde en trots!!! Hou op huil oor jou velkleur, en sê dankie Vader vir mense wat antwoorde vir probleme soek ipv daaroor sit en kla. (Hulle velkleur is ook “verkeerd”)….

Mauritz ·

Jaco, Ek het simpatie met jou probleem, maar die feit dat jy ‘n probleem het beteken nie dat die hele land in sak en as moet sit nie.

Miskruier ·

My vrywillige bydrae is n toekoms vir my kinders! Dankie vir hul studielenings.

Francois Le Cochon ·

Dan is daar die wat in die son sit ek kyk hoe hul koeie wei om vannaand melk saam met hul pap te he^. More en oormore weer dieselfde. Vir afwisseling gaan gooi hulle bietjie klip en brand af om hul ontevredenheid uit te spreek omdat hulle niks het nie.

Johanna Adriana ·

Saluut aan Solidariteit. Baie dankie en doen so voort! Mag die Here julle seën!

houopkruip ·

Wil die mense wat alewig negatiewe kommentaar teenoor Afriforum, Solidariteit, ens, lewer dit nie op ‘n ander platform doen nie ?
Hierdie 2 instansies, tesame met Maroela Media en Pta FM doen REUSE werk.
Gaan praat met News24 en hulle ander maatjies asb Jaco.

Jaco ·

So as ek nou nie werk kry nie net omdat ek wit is, gaan die oorwegend wit gilde van die oorwegend wit Solidariteit nou met een of ander wonderwerk help dat ek wel werk kry.
Dit gaan nie gebeur nie. Die anti-wit ANC-regering wil eintlik nie wit mense laat werk nie. Daar is dan al 26 jaar lank regstellende aksie en BEE. Eks deur dit alles. Ek weet hoe dit voel as werksaansoek na werksaansoek onsuksesvol is NET weens my “verkeerde” velkleur. Gildes kan NIKS aan SA se rassistiese anti-wit arbeidswette doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.