Solidariteit, minister vergader Maandag oor Kubaanse ingenieurs

Lindiwe Sisulu. (Foto: @DWS_RSA
/Twitter)

Solidariteit sal Maandag met die minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, en haar departement oor die aanstelling van die Kubaanse ingenieurs vergader.

Die vergadering volg nadat Solidariteit ʼn regsproses teen Sisulu begin het oor die gebruik van die 24 Kubaanse ingenieurs vir waterinfrastruktuurprojekte in Suid-Afrika.

Maroela Media het vroeër berig Solidariteit het ʼn brief van die departement ontvang in reaksie op die regsproses wat die organisasie aanhangig gemaak het om die wettigheid van die gebruik van dié ingenieurs te bevraagteken.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê Solidariteit verwelkom die besluit van die minister en die departement om oor die kwessie te vergader.

“Ons sal van die geleentheid gebruik maak om die minister se aandag daarop te vestig dat daar genoegsame kundigheid in Suid-Afrika is om self die kwessies op te los sonder dat hulp ontbied moet word uit ʼn land wat boonop met soortgelyke uitdagings te kampe het,” sê Hermann.

“Dit is belangrik dat die minister ook besef dat die invoer van sogenaamde kundigheid onderhewig is aan sekere regulasies en bepalings en dat haar Kubaanse ingenieurs nie in Suid-Afrika geakkrediteer is nie omdat hulle nie aan die bepalings van die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (SARI) voldoen nie. Indien ons nie tot ʼn vergelyk oor die kwessie kan kom nie, sal Solidariteit voortgaan met die voorgenome regsaksie teen die minister en haar departement.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Ek is bly en dankbaar vir wat Solidariteit vir ons doen, maar hierdie vrou het haar eie agenda. Sy het net ingestem tot die vergadering om te kan sê dat sy na hulle geluister het en sy gaan voort met haar eie planne. Hulle gee nie ‘n duit om nie, want hulle weet hulle sal niks, maar niks oorkom nie. Reels volg is vir die voëls

Pieter ·

Ek hou glad nie my asem op nie. Sy sit alreeds reg met ‘n hele aantal redes waarom sy eerder van Kubane as van (oorwegend wit) Suid-Afrikaners sal gebruikmaak……

Samuel ·

Mens moet in gedagte hou die Kubane is ou vriende. Weereens kader ontplooiing. Mors Solidariteit nie hul geld nie?

Dup ·

Vra sommer vir die minister of sy haar pruike ook vanaf Kuba invoer……

JohanR ·

Hulle is al klaar hier, en al seker klaar betaal. Gaan hulle terug gestuur word? Dink nie soe nie.

Samuel ·

Die Kubane sal so nooit as te nimmer teruggestuur word nie.

Esme ·

Solidariteit, ons staan agter julle – saam met julle. Hier is soveel mense wat wel die werk kan doen, maar die Minister van Agenda’s sal altyd die Kubane insleep. Ek was in Desember in die hospitaal met Covid en ‘n Nigeriese dokter het my behandel. Ek wonder nou nog wat hy vir my gese het. Het g’n woord verstaan nie.

Pieter ·

Ons moet n manier vind om die ANC kommuniste se geld krane toe te maak. Praat gaan ons niks help nie dan kan hulle die kubane uit hulle eie sak betasl.

Madz ·

Ek mag nie sê wat ek van die sogenaamde minister se kwalifikasies, kundigheid en veral Commin-Sense dink nie…..

Marcello ·

Dankie Solidariteit, en wys die kretisie waartoe julle instaat is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.