Solidariteit se krisisfonds bars deur R14 miljoen

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (Foto: Solidariteit/Facebook)

Skenkings aan die Solidariteit Beweging se krisisfonds, wat gestig is om onder meer kinders en bejaardes met noodvoeding te help, beloop tans meer as R14 miljoen.

“Soms sien mens die grootste genade en mooiste harte in die grootste krisis,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Vrydag gesê. “Ons het dit die afgelope tyd gesien. Die Solidariteit Beweging Krisisfonds staan nou op meer as R14 miljoen! Letterlik duisende mense se bietjies het duisende mense se groot nood verlig.”

Hermann het bygevoeg die groot sprong is moontlik gemaak deur ʼn R5 miljoen-skenking van die Douw Steyn Familietrust wat Telesure begin het en Virseker besit. “Hulle help baie ander gemeenskappe ook en stel so gemeenskappe in staat om mekaar te help.”

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het in ʼn verklaring gesê dat hulp aan mekaar in hierdie moeilike tyd noodsaaklik is. “Die fonds het ‘n ander fokus en doel as die regering se Solidarity Fund. In ‘n tyd soos dié is gemeenskapsfondse noodsaaklik. Antwoorde kan nie net van die staat af kom nie.”

Die krisisfonds se fokus is om mense by te staan wat in maatskaplike nood verkeer en om kinders deur middel van ʼn Wolkskool met hul skoolwerk in die krisistyd te help.

“Intussen veg ons die regering se planne om hulp te reguleer,” het Hermann bygevoeg. “In tye soos hierdie is die krag juis in die gemeenskap. Solidariteit het ʼn reuse Nee-veldtog van stapel gestuur. Daar kom ʼn tyd wanneer ʼn gemeenskap ʼn plig het om nee te sê. Ons sê nee vir hulp op grond van ras en die nasionalisering van ons burgerlike lewe soos gesien in die sentralisering van kosverspreiding.”

Solidariteit gaan ʼn massaklag by die Verenigde Nasies indien teen die regering se rasideologie, ook midde die krisis. Klik hier om meer te lees.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Is dit toevallig, of waarom is die twee fondse se name so naby aan mekaar? Om van naam te verander is nòu totaal buite die kwessie, maar iets sal gedoen moet word om te voorkom dat mense die een vir die ander aansien.

Mieke ·

Ek dink dis glad nie toevallig nie!!! Ek is seker dis bedoel om misleidend te wees en baie blankes word só om die bos gelei.. Die ANC baat daardeur….

Yvonne ·

Dalk is dit doelbewus so gedoen….ek dink nie hulle ken dit betekenis van die woord ….solidariteit nie…of hulle wil nie weet nie

Alida ·

Wel gedaan gee ons arm blankes kos. Hulle kry in elkgeval 0 by die ANC!!!

Jerry ·

Verstaan ek reg, vir wie is die hulp siende dat die staat net nie- blank ondersteun. Ek voel ek ondersteun van nou net my eie mense.

Frank ·

Hierdie aksie is nou een van daardie voorbeelde van wat “jy beter voel om te gee as om te ontvang”.
Klim op die wa, mense!!!

ElizeK ·

Miskien moet hierdie nie so aan die groot klok gehang word nie. Dit gee die ANC net nog meer skietgoed om teen ons te gebruik.
Beweeg soos wat hulle die voorbeeld stel, in die geheim en agter geslote deure.

Estelle ·

Ek glo dit was pure moedswilligheid van die regering om hul fonds ook die Solidariteits fonds te noem. Hul het dit reggekry dat mense vir hul skenk ipv vir Solidariteit. Dis absolute vuilspel. Dit grens vir my aan plagiaat.

Jack ·

Vir my is dit nou baie duidelik dat die land se ekonomie sedert 1994 deur die staat in die grond in bestuur is. Ons het slegs n afwaartse kurwe ervaar tot nou toe en die pandemie kan nie skuld daarvoor gegee word nie. Die pandemie waarmee ons sedert 1994 sit is onbevoegdhed, korrupsie en bloot diefstal. Verder word wit persone doelbewus op alle gebiede benadeel en uitgeskakel. Dit is lankal tyd dat wit vir wit moet sorg. Die staat gee die leiding in die verband oor hoe hulle dit wil he.

Yvonne ·

Dankie aan Solidariteit wat aanhou veg…dit is n Godgegewe reg …baie dankie…wens ek kon ook miljoene bydra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.