Sosiale media gons oor ‘afstigting van die Kaap’

Foto: Verskaf.

Sosiale media is vandeesweek omtrént aan die gons oor die sogenaamde “afstigting van die Kaap”.

Video’s en berigte is rondgestuur van koning Khoebaha Cornelius III, die selfverklaarde koning van die Khoisan-mense van Suid-Afrika, wat Maandagoggend by die parlement die landsvlag gestryk en die Soewereine staat van Goeie Hoop” se vlag gehys het.

In beeldmateriaal van die voorval kan gehoor word hoe lede van die groep skree: “We are the owners of this country!”

Cornelius sê ook in ʼn video dat hulle ʼn uitsettingsbevel op die parlement beteken het en dat die parlement kwansuis tot Vrydag vandeesweek het om die eiendom te ontruim. Volgens hom het die afstigtingsproses reeds op 24 September 2017 begin.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, het egter Woensdagoggend dié “feit” weerlê en aan Maroela Media gesê die parlement is nie bewus van enige kennisgewing van uitsetting wat op hulle beteken is of enige begeerte van enige individu om af te stig nie.

Oor die hysing van hul vlag het Mothapo gesê: “Inmeng met of die vandalisering van die vlag is ʼn kriminele oortreding en die parlement is besig om die beeldmateriaal te bestudeer om die gepaste stappe vorentoe te bepaal.”

Volgens die ‘Soewereine staat van Goeie Hoop’ se webtuiste beywer die organisasie hom vir “die vorming van ʼn nuwe soewereine nasionale staat as ʼn resultaat van die legitieme en wettige proses van afstigting deur die tradisionele oorerflike stamleier van die Khoisan nasie Gaob (wat losweg vertaal word na ‘koning’) Khoebaha Calvin Cornelius III.”

Dié gebied sluit volgens Cornelius die Wes-Kaap, Noord-Kaap en die Oos-Kaap “tot by die Visrivier” in.

Die webtuiste beweer verder dat wit Suid-Afrikaners die Khoisan-koning genader het met ʼn plan van afstigting en dat die afstigting bespreek is in ʼn vyf uur lange vergadering tussen die partye.

Volgens die webtuiste is ʼn plan in plek gestel dat die koning, met die ondersteuning van die “Afrikaner (Boere), Eurokaner (wit afstammelinge van Europese lande) en bruin mense” sou afstig.

Volgens die webtuiste meen hulle afstigting is nodig in Suid-Afrika aangesien die ANC-regering ekonomiese beleide geïmplementeer het wat reusewerkloosheidsyfers en die korrupsie van hulpbronne tot gevolg gehad het wat Suid-Afrika in ʼn noodtoestand ingedryf het.

https://www.youtube.com/watch?v=GadjXHmgJfI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

120 Kommentare

Wonder ·

Ek het gewonder wanneer dit die nuus sou haal. Weet al vir weke van die berugte. Is dit in werklikheid so maklik? Dan kan almal mos net n eie staat stig of hoe werk dit? Kan iemand meer lig op die onderwerp gee asb?

Joseph ·

Hulle het meer waarheid as die hele anc en goodwill zwelintini

Christian ·

Nee, ‘n land kan nie sommer afstig nie. Die Montevideo-Konferensie van 1930 reël die vyf vereistes om ‘n staat te kan word. Jy benodig ‘n (1) afgebakende grondgebied, wat reeds deur (2) ‘n erkende (plaaslike) owerheid bestuur word, waarvan die bestuur reeds in jou hande is. Daardie (plaaslike) owerheid moet (3) in staat wees om internasionale bande te onderhou. Ook benodig jy (4) ‘n eie bevolking, wat anders is as die bevolking van die land waarvan jy wil afstig. Tot slot is daar (5) die vereiste van internasionale erkenning; erkende lande sal jou as ‘n land moet erken. Sonder erkenning bestaan die “land” nie en kan daar geen internasionale verhoudings (voorwaarde 3) geskep word nie.

Die Kaap het geen afgebakende gebied nie (maar dele van 3 provinsies), geen erkende (plaaslike) owerheid wat die hele gebied bestuur, het wel ‘n afwykende bevolking, maar Afrikaners en bruin mense is ook in die meerderheid in sekere (woon)gebiede buite die Kaap. En die kanse op erkenning is skaars.

Selfs die kleine Orania het beter papiere dan die Kaap…

Nettie ·

Soewereine Staat van die Kaapland? Hmmmmmmm ….. kan werk, maar ek stem nie vir daai dik omie met die karos om sy skouers en daai snaakse gedoente op sy kop nie. Daai’s mos nie my “heritage” nie en ek staan nie vir ‘n koning nie – ons is mos LAAAAAANK verby die monargiale tydperk in ons lewens.

Maar ….e…. enige iets sal beter wees as ‘n korrupte, stelende regering onder die ANC se beheer.

Sterrestelsel ·

Daardie deel van Suid Afrika het nog altyd aan die Khoi behoort. Jy kan se hulle het al die ander regerings net geakomudeer. Hulle het nou besluit Suid Afrika is regeer deur mense wat nie van sy land af is nie en hulle veroorsaak onrus. So die koning het die reg om sy land trug te vat, en die ander nasies uit te stoot.

Ben ·

Lekker lag ek nou vir hierdie lotjie se verwaandheid, hul is skoon simpel met hul eise en optrede, maar hul manewales laat mens darem bietjie van die koue vergeet.

B ·

Hulle is nie verwaand, hulle is eintlik baie trots-nederig maar wil (soos ek ook) nie onder die ANC se totalitere beheer staan nie.

Anoniem ·

Passop wat jy se. Jy mag dalk in die toekoms hierdie verwaande mense se voete was om verskoning te vra en vra om deel van hul te wees

Arend ·

Ben: Jy klink doodgelukkig net daar waar jy is. Lekker lag ek nou vir jou…

Antionette ·

Hulle is glad nie verwaand nie!! Hulle moes en het by die United Nations aansoek gedoen om die Kaap in ‘n onafhanklike Soweteine staat te verklaar en die aansoek was deur die United Nations goedgekèur! Hoekom dink julle is die UN magte hier?? Om die ANC en EFF te ondersteun?? Nee, dis om ons by te stan en toe te sien dat alles sonder probleme geskied!!

RH ·

He who laughs, lasts. Lag vir n lig van hoop is eintlik maar baie sad ou Ben! Ons SA’ners is SO gewoond aan slegte nuus en gebeurtenisse, dat dit nou al gelag word wanneer daar hoop is om die lewe te kan leef wat elkeen van ons verdien. Kom ons wag en kyk. As enige iemand dink daar is enige persoon (behalwe malema) wat braaf en idiooties genoeg is om so iets te doen sonder om die regte stappe te volg, dan moet jy maar hersiening doen oor jou gedagtes en gaan doen jou huiswerk oor alles wat gedoen is soos MOET.

Jaco ·

Met daai woorde, net weereens n bewys dat baie Afrikaners nie kan saamstaan nie…waar daar n wil is, is n weg.

Pieter ·

Hier op ons dorp het hulle reeds die winkelstoep oorgevat, wyntjie in die hand….

Sandra ·

Het nou heerlik gelag !
Ek vermoed dit is die geval op vele dorpe se stoepe in die Kaap .

bgj van der westhuizen ·

moet se die vlag lyk beter as die een wat nou daar is ek wil nou graag hoor wat se anc en eff op dit

Koos ·

Hier kom n ding wat gaan eskaleer. Dit bied hoop aan mense wat deur Zille se nuwe ingeloktes oorstroom en bedreig word.
Die ding kom al lankal aan., maar word net onderdruk.

rina ·

Hoe wens ek tog nou dat dit waar moet wees maar hulle moet dan die Vrystaat ook daarby voeg, vir my kan hierdie poging werk

koos1 ·

En terwyl die DA en ANC oor die Wes Kaap baklei, kom hulle en vat dit sommer so.
Dit is net weer ‘n bewys dat mense van alle rasse keelvol is vir die politieke landskap in ons land. Koning Cornelius, sal jy asb vir my plek hou? Ek sal kom help bou aan die staat.

Nel ·

‘n Sprekende voorbeeld van twee brakke wat oor ‘n been baklei en die derde ene wat daarmee weghol.

koi sang!! ·

ons hele familie sal DADELIK trek na die nuwe
land van heuning en melk. geen ANC viva viva viva!!!

RH ·

Ja Koos dis waar. Die agenda van die politicians VS die citizens op straat, verskil totaal van dag en nag! Politicians is daar om haat op te bou in alle opsigte en maniere wat hulle kan. Solank die mense baklei, het hulle minder mense wat die regte vrae wil vra!

Anoniem ·

Dit sal sekerlik nie goed afgaan by ieder en elk nie, maar dink werklik goed daaroor, dis op die ou einde dalk glad nie so vergesog as wat ons nou reken nie. Gaan kyk mooi na die geskiedenis, dis nie grond wat sogenaamd van inheemse stamme “afgeneem” is nie, dit was onbewoonde gebied wat aan niemand behoort het nie, aangesien diegene wat wel daar gewoon het nomadies was. Het dieselfde nie in die Oosblok ook gebeur nie?

dirk pretorius ·

dit is beste pad vorentoe vir minderheids groepe se voortsbestaan hoop die mense kan saam staan en dit laat werk

David ·

Ek ondersteun die beweging en sal soontoe emigreer, sou dit ‘n werklikheid word.

Die Khoisan was die eerste inwoners. As die land teruggegee moet word, móét hierdie gedeeltes aan die Khoisan gaan.

Dirk Breytenbach ·

SA of Afrika se geskiedenis het nie in 1652 begin nie, gaan lees bietjie wyer oor wie honderde en duisende jare gelede ook hier gebly het. Dis nou tyd om saam te werk aan ‘n verenigde land want die eis van wie eerste was gaan niks van kom nie. Almal was omtrent gelyk hier rondom 1652 maar voor dit is daar ander geskiedenis wat gerieflikheidshalwe vergeet word.

Leeu ·

Wag vir Mmusi om die eerste rassistiese ding kwyt te raak, gevolg met sy maaitjie malema en cr

ANDRE E.E.S.R.U.F ·

Die is hoogveraad en baie mense word tans mislei. Die ANC sal nie so maaklik hul tax goed ogee nie.

gatiep ·

Andre. Wat die ANC aan ons mense doen is hoogveraad teen ons en hulle eie mense.

Arend ·

André: hoe kan dit hoogverraad wees as hulle kragtens die Grondwet optree?

foodforthought ·

As jy mooi daaroor dink – Mandela en sy manne het op Robben-eiland beland oor hoogverraad nie waar nie?

RH ·

Doen jouself n guns en gaan op die UN se webwerf en trek die Universal Declaration of Human Rights wat die VN gestig het en maak n regmerkie langs elke clause wat jy dink word teenoor ons oortree en dan dink jy aan die stappe wat moet geneem word om jou regte volgens die VN te kan terug gee sodat die wit mens weer kan lewe en werk. Asb. Doen net dit dan’s jou kop deur.

Wayne ·

Nicolene, as jy tyd het, sal jy asseblief die volgende president wees.

Martie ·

O jinne! Kaap n land op sy eie en ook KZN ons is terug in 1850…

Wayne ·

Meeste mense herken nooit hulle redders nie. Dan spot hulle ook nog hul redders. Skryf dit toe aan ‘n algehele gebrek aan insig. Ek kan maar net simpatiseer met diegene wat so arm van gees is.

leser ·

van wanneer het hy westerse klere leer dra, westerse taal (engels) leer praat, westerse ooglense dra, vra maar net?

Charles ·

Dit is wonderlike nuus, besoek gerus USAF op die web en ondersteun die Verenigde Suider-Afrikaanse Federasie en die “Soewereine Staat van Goeie Hoop”!

Halleluja! -al gaan daar miskien nie dadelik konkrete resultate hieruit vloei nie; is dit DUIDELIK dat hierdie maar NET DIE BEGIN IS EN DAT DIE BAL AAN DIE ROL GESIT IS.

Ons is moeg!!! Ons en ons bruin broers en susters SAL ‘n sukses maak van hierdie beweging!

Dit was die blanke regering van destyds se grootste fout, om ‘n Unie te stig en nie ‘n federasie nie, geen wonder baie volksleiers was so ontsteld daaroor nie, en nou word daardie fout pragtig meer as 100 jaar daarna reggestel. Saam kan ons en ons bruin broers en susters ‘n sukses hiervan maak!

bly...sommer baie bly ·

EK ondersteun hierdie beweging. Hierdie is die begin van groot verskuiwing in SA. Kaap, KZN en Vrystaat. dit kom.

Johnnie ·

Khoisan Boooo!! Ek staan bank vas agter hulle. As daar mense is wat die reg het op hierdie land dan is dit die khoisan mense en hulle praat afrkaans, so ek ondersteun hulle 100%.

Lou ·

Laat waai koning Cornelius. Ek het klaar my erf gekoop in die Wes Kaap, sien julle een van die dae.

Waarom ·

Is hierdie fopnuus? Na my mening, nie eens die moeite werd om oor te berig nie.

Daarom ·

Waarom wil jy eerder nog ‘n berig gelees het van ‘n plaasmoord of verkragting??? Dis in elk geval AL waaroor daar berig word deesdae!

Hierdie is net die begin ja … en dit gaaaaaaaaaan slaag! En mense soos Waarom sal agterbly in hierdie land waarvan niks gaan oorbly nie! Buig jy maar verder voor die regerende “godjies” wat meer gate in die boot boor as wat hulle roei!

Erics ·

Stem 100% met jou saam. Mense gaan nog tou staan om te gaan.

RM ·

Aitsa man! Minderheidsgroepe is op hul eie so jy moet self sien kom klaar. Ek ondersteun hulle 100%, hulle het geregtigeheid op die grond en hoop dit is a reuse sukses. Die ANC is ‘n helse mislukking vir almal so laat hulle nou begin die vrot vrugte pluk.

chris ·

Alhoewel ek geen probleem het met die afstigting nie is daar een feit wat soos n paal bo water staan: Sonder internasionale erkening van onafhankliheid deur ander state kan hierdie gebied nie soewerein wees nie. Ons wag dus op die reaksie van die internasionale gemeenskap voordat ons opgewonde raak……….

Gerhard ·

Dit vat meer as dit, jy moet ook darem kan bewys jy verteenwoordig die mense in daardie gebied en praat nie net vir jouself nie. Daar is ‘n verkose regering en ek twyfel of hulle sogenaamde afstigting ondersteun.

Antionette ·

Hulle moes en het aansoek gedoen by die United Nations. Die het dit goedgekeur! Alles is wettig gedoen!! Die boere moeþnou ophou negatief wees en saam staan!!

Dirk Breytenbach ·

SA of Afrika se geskiedenis het nie in 1652 begin nie, gaan lees bietjie wyer oor wie honderde en duisende jare gelede ook hier gebly het. Dis nou tyd om saam te werk aan ‘n verenigde land want die eis van wie eerste was gaan niks van kom nie. Almal was omtrent gelyk hier rondom 1652 maar voor dit is daar ander geskiedenis wat gerieflikheidshalwe vergeet word.

Wessel ·

Gaan lees maar weer, almal was nie gelyk hier nie. Die droom van ‘n verenigde, nie rassige land, is ‘n droom wat al lankal ‘n nagmerrie geword het.

Antionette ·

Hulle is glad nie verwaand nie!! Hulle moes en het by die United Nations aansoek gedoen om die Kaap in ‘n onafhanklike Soweteine staat te verklaar en die aansoek was deur die United Nations goedgekèur! Hoekom dink julle is die UN magte hier?? Om die ANC en EFF te ondersteun?? Nee, dis om ons by te stan en toe te sien dat alles sonder probleme geskied!!

Charles ·

Is dit nie maar net DIE GEPOOGDE juridiese verwerkliking van ‘n de facto situasie wat ONS ALMAL weet reeds heers nie?

En vir al die ouens wat die volhoubaarheid, opregtheid en uitvoerbaarheid van hierdie beweging betwyfel; hoe op aarde dink julle het Kosovo dit reggekry om af te stig, daar is NIE ‘n manier dat hulle die vereistes van die Montevideo konferensie bevredig het nie.

Feit is, hierdie beweging is besonders tydig en aktueel , en meer en meer mense besef dat hulle nie hulle identiteit, en waarvoor dit staan, en WIE hulle is as Afrikaners, bruinmense, Afrikaanses en Afrikane gaan verwerp en oorlaat aan die diskriminerende, Afrikanistiese, voorskriftelike en onderdrukkende ANC party om te definieer, en te besluit wie hoort waar, en wie hoort nie waar nie !

Charles ·

Is dit nie maar net DIE GEPOOGDE juridiese verwerkliking van ‘n de facto situasie wat ONS ALMAL weet reeds heers nie?

En vir al die ouens wat die volhoubaarheid, opregtheid en uitvoerbaarheid van hierdie beweging betwyfel; hoe op aarde dink julle het Kosovo dit reggekry om af te stig, daar is NIE ‘n manier dat hulle die vereistes van die Montevideo konferensie bevredig het nie.

Feit is, hierdie beweging is besonders tydig en aktueel , en meer en meer mense besef dat hulle nie hulle identiteit, en waarvoor dit staan, en WIE hulle is as Afrikaners, bruinmense, Afrikaanses en Afrikane gaan verwerp en oorlaat aan die diskriminerende, Afrikanistiese, voorskriftelike en onderdrukkende ANC party om te definieer, en te besluit wie hoort waar, WATTER TAAL JY KAN EN MAG PRAAT NIE, AAN WIE EN WATTER ORDE JY JOU LOJALITEIT MAG UITROEP, en wie hoort nie waar nie !!!

Charles ·

Is dit nie maar net DIE GEPOOGDE juridiese verwerkliking van ‘n de facto situasie wat ONS ALMAL weet reeds heers nie?

En vir al die ouens wat die volhoubaarheid, opregtheid en uitvoerbaarheid van hierdie beweging betwyfel; hoe op aarde dink julle het Kosovo dit reggekry om af te stig, daar is NIE ‘n manier dat hulle die vereistes van die Montevideo konferensie bevredig het nie.

Feit is, hierdie beweging is besonders tydig en aktueel , en meer en meer mense besef dat hulle nie hulle identiteit, en waarvoor dit staan, en WIE hulle is as Afrikaners, bruinmense, Afrikaanses en Afrikane gaan verwerp en oorlaat aan die diskriminerende, Afrikanistiese, voorskriftelike en onderdrukkende ANC party om te definieer, en te besluit wie hoort waar, WATTER TAAL JY KAN EN MAG PRAAT NIE, AAN WIE EN WATTER ORDE JY JOU LOJALITEIT MAG UITROEP, en wie hoort waar nie !!!

Annelize ·

Ek LOVE daardie vlag!

Ek het ook al ‘n ruk terug van hierdie afstiging gehoor deur Whatsapp boodskappe, maar het my nie veel daaraan gesteur nie, want Whatsapps is soos die regering, jy kan nie alles glo nie. Maar kyk nou, lyk my die mense wil nou regtig hier ‘n pot aan die kook kry. Sal nie omgee om in die Kaap te gaan bly nie.

Burger ·

Ek sien geen blink toekoms vir wit Afrikaners in Afrika nie. Dit sal basies die enigste opsie oor wees wat kan werk. Ek is blanke Afrikaans en sal enige tyd in die land van die Wes-Kaap wil bly saam met die bruin mense indien dit wel onafhanklik word en grens beheer ingevoer word. Die feit dat Afrikaners nou nie eers daarmee kan saamstaan nie bewys maar net hierdie Afrikaner sal maar moet uitsterf. Kla oor plaasmoorde en geweld maar wil nie saamstaan nie. Nee dan, kry maar vir julle.

Wayne ·

Gelukkig steur ons ons nie aan wat jy “sien” of nie “sien” nie, want jy is mos nie ‘n siener nie. Ons sal eerder die Siener vra.

Pieterse ·

Die hele Wes-Kaap, dele van die Noord- Kaap, Oos-Kaap en miskien ook Namibië. Ek sal enige tyd terug trek vanaf Europa en help bou aan die land as dit waar word.

Gawesand ·

Die goab lyk na ‘n goeie man, ‘n slim man. Hulle het ‘n punt, maar die hele affêre is baie lagwekkend.

MB ·

Ek ondersteun die beweging ook 100%. Saluut aan Koning Cornelius wat al so lank vir sy volk veg. Baie Dankie dat hy ons ander minderwaardiges ook in die land verwelkom en selfs ‘ n plek in die Parliament gee. Dankie Hemelse Vader dat ons almal mag saamstaan on van hierdie nuwe staat ‘n sukses te maak.

Matthew ·

Gaan die Boere in Australië, Rusland ens. weer terug trek as die land onafhanklik verklaar word? Hoop net hulle gaan die grense goed beheer en dat uitlanders nie gaan toegelaat word om sommer hier te kom woon nie.

RM ·

Ek dink jy sal verbaas wees hoe baie mense, nie net Suid-Afrikaners nie, stroom terug na ‘n veilige land met geleentheid waar hulle kinders kan droom, leer en werk kry. As Suid-Afrika reg bestuur is, is dit een van die lekkerste plekke op aarde om te bly. ‘n Mens kan net verbeter, afstof en regmaak wat die ANC verwaarloos het en hoop dat hulle ondersteuners genoeg ervaring het om deur al die leuens te sien.

Kobus ·

Hoe word ek ‘n Burger van die land as ek nie in die Wes-Kaap woon nie?

Koos ·

Maklik. Jy doen net aansoek om asiel. Dis wat die Xhosas gaan doen…

Denise ·

Dit gan baie beter wees vir almal in die wes- kaap indien hulle sukses behaal met dit hoop regtig dit is so !!!!!

Grotman ·

Dit sal beste nuus ooit wees as dit kan gebeur. Ek stem 100% vir dit.

Rynhardt ·

Hier kom groot moeilikheid met afstigting van Wes-Kaap.Cyril en kie.gaan dit beslis nie aanvaar nie.Nou kan julle afrikane4s die ellende sien waarin jul die Boermense ingedompel het.

KP ·

Waar kan ek so n vlag koop bly klaar hier. Steun hierdie idee.

White Rhino ·

As jy nie droom of hoop het nie – dan het jy niks.
Ek droom en hoop en sal dit aanhou doen.

Lene Heymans ·

Ek verstaan dat Good Hope reeds Kroasië se steun het…..en die VN ook alreeds bewus is daarvan. So ook ander lande wat persoonlik gebader is vir steun.

Afrikaanse Knaap ·

Ek trek more. Solank ek net nie van hoogverraad tronk toe gestuur word nie.

RM ·

Ek wens so die Boere het vooruitsig gehad om ook vir hulle kinders ‘n Ingonyama Trust na te laat. ‘n Veilige gebied waar jy nie vermoor word vir jou geloof en kultuur nie.

Oujongvrou ·

As Ons Vader as dit net waar was. Ons sal mos kan saamwerk daar in die mooie Kaap.

Nikita ·

Stem 100% saam die Khoisan. Doen so voort. Alle sterkte en voorspoed hiermee. Voorwaarts mars!

Nel ·

Ja en ek hoor Trump het blykbaar reeds finansiële steun aangebied vir die aanbou van die grensmuur…

Kapenaar ·

Dis ons mense en ons het in wese dieselfde behoeftes en drome. Sal maklik met hul handevat en n sukses maak indien hulle die een deurhaak. Moet nie onderskat hoe die Here somtyds n uitkoms gee op die mees “onmootlike” manier nie. Bid en vra vir leiding in die saak en wees oopkop en ingelig. Ons kan saam n geweldige groot drukgroep vorm.

GAB ·

Ek ondersteun die idee. Lankal gedink Wes Kaap moet volks grond word vir die wat moeg is vir politiek en kinderagtige spul in die rasse diskriminasie rigering

humor ·

Ek ondersteun 100% hierdie afskop van groot ideaal. Ons moet egter besef dit gaan nie soos n ryp appel in ons skoot val nie daar le baie en harde werk voor, maar daarvoor was die Afrikaner Boere nog nooit bang nie. Mmusi moet nou baie versigtig wees wat hy se, want baaaie van hierdie mense wat hierdie ideaal nastreef is tans sy kiesers. Ek voorsien hy gaan hulle in elkgeval in langtermein verloor.

Faan Bothma ·

Ons as Afrikaners moet terugkry wat aan ons voorouers behoort het voor die besmetting van die Kaap deur die engelse. Dit is naastenby die teenswoordige Weskaap. Alhoewel die Koisan in die omgewing was het hulle nooit daar ‘gevestig’ nie. Darenteen het die ‘trekarbeiders’ uit Holland wat nie wou teruggaan Holland toe nie met hul nageslag daar ‘gevesig’ en infrastruktuur tot stand gebring. Die ‘Hugenoot-asielsoekers’ het later die getalle gesterk.
As die engelse nie die Kaap besmet het nie sou die groottrek nie plaasgevind het nie. Dan was ons almal Kaaplanders wat Kaaps gepraat het met daai ouens wat vandag kaapse-engels praat in Griekwaland. Terloops, die engelse het die Griekwas, wat ‘n ontluikende nasie was gereduseer tot ‘Capies’ en identiteitloos gelaat.

Diefie ·

Die lewe is darem vol verrassings. Enige iets is moontlik.

Faan Bothma ·

My tyd, die Koisan het ‘n vlag !! Ons kort ‘n Afrikanervlag en simbole. Moenie praat van die ou landsvlag nie – die Oranje Blanje Blou – daar is ‘n union-jack op, dis nie my vlag nie. Dan is die Springbokke vandag gereduseer tot ‘boks’ en ek persoonlik wil nie deesdae met die protea assosieer nie.

Maroela, skryf asseblief ‘n kompetiesie uit waarin ons nuwe Afrikaner simbole kan voorstel en kies.

Gerhard ·

Ek volg hierdie plan van afstigiting al lank en dit gaan slaag. Met die Afrikaners, die bruin mense, die Eurokaners en die boere wat almal ‘n veilige, stabiele toekoms vir hulself en hulle kinders soek, gaan dit verseker ‘n droom vir baie van ons wees wat waar word.

Christine ·

Sjoe ons is nog nie eens daar nie en julle veg al klaar … Koning Carel III jy sal beslis ñ wet moet skep wat despote buite die “Kaapland” se grense hou.
Welgedaan Khoisan!!!

Johan ·

Gerhard waar het jy van dit gelees? Sal dit ook graag wil lees

vonni ·

viva viva viva koisan!! ASSEBLIEF AL ONS FAMILIE ASOOK VRIENDEKRING WIL in hierdie nuwe land van melk en heuning woon….want dit
sal so voel as daar GEEN ANC ASOOK DIE
ROOI GEVAAR…EFF!!!!!!!!!!! NS . LOVE LOVE LOVE DIE VLAG. ONS SOEK OOK ENE. WAAR KAN ONS KOOP??????

Santie ·

Ek praat nou uit my onkunde, maar is dit nie presies wat afsonderlike ontwikkeling wou hê nie?

Johan ·

Nee want afsonderlike ontwikkeling was gebaseer op ras. De Khoi koning wil net soos die ANC wat nou wil plase vat sonder vergoeding, dan maar ook hulle oorspronklike land terug vat. Die ANC het vir homself ‘n gat gegrawe hier. As jy net kan land vat, dan gaan die Khoi ook begin aandring op hulle land want hulle was eerste hier en reg so. Dankie vir die Khoi Koning dat hy bereid is om Afrikaans en witmense in sy land toe te laat. Hierdie is die enigste uitweg vir blankes in Afrika.

‘n Verwelkomings'n Teepartytjie vir Spesiale Mense in die Goeie Hoop ·

Waar moet diegene gaan bly wat nie deel van die Spesiale en Goeie Mense is nie? En wat gaan gebeur as die Spesiale mense onder mekaar begin baklei?

Antjie ·

Ek is so bly dat dit uiteindelik gaan plaasvind.Dit kom al lank aan. Goeie nuus vir ons Kapenaars, dankie Koning Cornelius III. Ek ondersteun die afstigting ten volle.

Die “Droom word Waar” trek na Afsondering en ons sê almal so ·

Nie so lank gelede nie het almal naarstigtelik gepak om blitsig Australië toe te verhuis en nou pak almal weer koorsagtig en snaarstyf gespanne van die opwinding vir die Groot Trek na die Utopiese Goeie Hoop waar die volmaakte Paradys wag.

Franz westley ·

1. Cornelius is al 12 jaar besig met hierdie proses.
2. Die vlag is gehuis (Die girl is swanger).
3. Hoe gaan julle/ons nou daarmee deel?
4. Die mense is gatvol vir die koerupsie en onreg van die ANC sowel as ander politieke partye. Wat het hulle vir ons gedoen behalwe om die mense te bedrieg.
5. Daars n klomp mense, bewegings en partye wat geen idee het wat gaande is nie en behalwe om die regte vrae te vra maak hulle al hierdie wyse stellings. Wow
6. Ja hierdie ding het die potensiaal om oornag te ontaard in n astronomiese gemors, daarom is die VN betrokke.
7. Waar staan jy in wat ookal gebeur? Is jy deel van die probleem of deel van die oplossing?
Dink baie mooi na oor die dinge asb.

Elmarie ·

Ek stem beslis vir hierdie koning Corneluis, as ons almal saam staan, is daar hoop vir ons afrikaner volk. Dis nou of nooit

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.