Sowat R1,6 miljoen van Denel se bates opgeveil

Die veiling het Vrydag op Denel se perseel in Lyttelton plaasgevind (Foto: Dirk Hermann, Facebook)

Sowat R1,6 miljoen van Denel se bates is Vrydag op ʼn veiling opgeveil.

Die veiling is gehou sodat die uitstaande salarisse van byna R90 miljoen wat dié wapenvervaardiger aan Solidariteit‑lede skuld, gedeeltelik betaal kan word. Die eerste deel van die agterstallige salarisse kan nou betaal word.

Maroela Media het vroeër berig Denel het versuim om ʼn hofbevel na te kom waarin hy hierdie reusebedrag teen 8 Maart aan Solidariteit moes oorbetaal.

Altesaam 13 voertuie is opgeveil (Foto: Dirk Hermann, Facebook)

Solidariteit het toe ʼn lasbrief van eksekusie by die balju ingedien in ʼn poging om die uitstaande salarisse uit Denel te dwing en daar is op roerende bates, waaronder motors en kantoormeubels, beslag gelê.

Die veiling het Vrydag om 10:00 op Denel se perseel by Selbourneweg 368  in Lyttelton, Centurion, plaasgevind.

Volgens Helgard Cronjé, adjunkhoofsekretaris vir die openbare sektor by Solidariteit, dek die veiling slegs ʼn baie klein gedeelte van Solidariteit se eis, en dit is bloot die eerste fase.

“Ons het ook reeds op Denel Korporatief se bankrekening beslag gelê en verdere veilings sal volg totdat ons op die ou einde die volle bedrag ingewin het,” het Cronjé gesê.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die veiling was ʼn hartseer, maar tog hoopvolle en suksesvolle dag.

“Werknemers het trane in hul oë gehad – nie hartseer of kwaad vir Solidariteit of die balju nie, maar kwaad vir dít wat daartoe gelei het,” sê Hermann.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nie Verbaas ·

ANC en BEE, dit is wat fout gegaan het. Net nog n bewys van hoe onbevoeg en onbeholpe die klomp is.

Yvonne ·

Die regering het geen bevoegtheid om enigsins te regeer nie….. die bewyse is daar vir almal om te sien

Kokerboom ·

So as alles nou opgeveil is is Denel in sy kanon en werknemers het verder geen toekoms?!!!!!
EN… die huidigr regeerders toon GEEN “remorse” en plunder verder. Soos Mantashe sal betrokke minister seker ‘n 2e Denel voorstel as kompetisie vir die verwoeste no 1..ala Eskom!

Jr ·

Solidariteit neem somer Denel oor en maak hom die wêreld gehalte wat hy was pre 94

Jandup ·

Solidariteit het die kundigheid (lede) wat daar kan werk. Dit is werkskepping en die eens trotse Ktygkor en Atlas kan weer opstaan.
Die toerusting wat gebou word kan weer wêreld gehalte wees. Die beste op die mark beskikbaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.