Denel se bates Vrydag opgeveil

Die wapenvervaardiger Denel het versuim om miljoene aan Solidariteit oor te betaal. (Foto: Denel SOC/Facebook)

Die balju gaan Vrydag van Denel se bates opveil sodat die byna R90 miljoen se uitstaande salarisse wat dié wapenvervaardiger aan Solidariteit‑lede skuld, gedeeltelik betaal kan word.

Denel het versuim om ʼn hofbevel na te kom waarin hy hierdie reusebedrag teen 8 Maart aan Solidariteit moes oorbetaal.

Solidariteit het toe ʼn lasbrief van eksekusie by die balju ingedien in ʼn poging om die uitstaande salarisse uit Denel te dwing en daar is op roerende bates, waaronder motors en kantoormeubels, beslag gelê.

Derek Mans, sektorkoördineerder van verdediging en lugvaart by die vakbond Solidariteit, sê die balju gaan self die veiling hanteer wat Vrydag om 10:00 op Denel se perseel by Selbourne-weg 368  in Lyttelton, Centurion, plaasvind.

Altesaam 13 voertuie word opgeveil, waaronder vier Toyota Hilux-bakkies, drie Nissan NP200-bakkies, ’n Toyota Venture-stasiewa, drie Volkswagen Blue Motion-motors, ’n Toyota Conquest-motor en ’n Chevrolet Aveo-motor.

Daar word ook drie vurkhysers, ’n LG‑plasma-TV, tien swart leerstoele, ’n kroegyskas, agt grys banke, vier kantoorlessenaars en agt swart kantoorstoele opgeveil.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die veiling is ’n skande vir die staat, “wat geplunder, besteel en swak bestuur is” en nou genoop is om hul bates te verkoop.

“Agter hierdie skande is gewone mense wat hard werk. Baie van hulle werk steeds getrou om Denel aan die gang te hou. Van hulle sukkel om huur te betaal, ander het hul huise verloor. Van hulle sukkel met depressieprobleme of staan in rye vir kospakkies by Solidariteit Helpende Hand. Ander se gesinne verbrokkel en kan nie kinders se skoolgelde betaal nie. Dit is die gesig van staatsplundering. Regte mense met hartseer en aangrypende stories. Dis hoekom ons dit nie los nie,” sê Hermann.

Maroela Media het vroeër berig werknemers van Denel Vehicle Systems – wat weens die staatsentiteit se finansiële moeilikheid reeds maande lank sonder ’n salaris moet klaarkom – se mediese voordeel is Mei óók opgeskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Jean ·

Hulle gaan seker nie eers 1.5 miljoen kry vir die items nie.

Shakespeare ·

Jy kan maar net kyk na die bestuur van Denel ( 97% swart) en al die ander instansies wat verwoes is. Almal BEE, korrup en onbevoeg. Wat het ons verwag as net totale ineenstorting ?? As Klaas beheer oorneem dan SAL alles ineen stort.

domheks ·

en wat se die cANCer?? ‘n Doodse stilte – klaar geplunder!

Witbaard ·

HaHaHaa dink die balju hulle gaan 90 miljoen kry vir die paar items?

Perdeby ·

Wees bly as julle 1.2 miljoen gaan kry. Sal darem ‘n paar werkers se salarisse betaal.

Kokerboom ·

Ek laat sak my kop in skaamte Denel!!! Die eens wereldklas organisasie in die grond betuur deur ANC. En hul voel ‘n veer!!Ons wil NIKS verder met hul te doen hê en verafsku hul!!!

Vriendelike Frikkie ·

In 2014 het ons ‘n e-mail gekry van bestuur af daai tyd. Dit het ons geluk gewens dat ons as een van die top 5 wapen vervaardigers in die wêreld gereken was. Dit was ook die laaste jaar wat ons ‘n skoon audit gekry het.

Sanette ·

Wat ek net nie kan verstaan nie – hoekom het die balju net beslag gele op simpel goed soos leerbanke en stoele en yskaste as Denel die personeel R90MILJOEN skuld? Daar is mos ‘n hofbevel wat Solidariteit die mag gee om beslag te le op goedere ter waarde van R90miljoen. Hoekom nie beslag le op geboue nie? Denel het hoeveel ongebruikte geboue en ander eiendom die hele land deur. Met die R25 miljoen wat hulle nou kan kry uit die verkoop van hierdie goed – hoeveel van die uitstaande salarisse kan vereffen word? Nou moet die hele proses herhaal word as Denel of die regering hulle nie hieraan steur nie en geen agterstallige salarisse betaal nie?

Vriendelike Frikkie ·

Daar gaan veilings by elke Denel filiaal gehou word. Ons moet net nie uit die oog verloor dat die meeste items wat geld werd is deur internasionale wetgewing beheer word. Geen militêre toerusting mag verkoop word nie. Daar is reeds ‘n aksie aan die gang om die verskillende filiale te laat saamsit op kleiner persele sodat die groter persele verkoop kan word. So ja, Vrydag is maar net die begin.

Swerwer ·

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, niks wat in hierdie land van ons plaasvind is ’n skande vir die Komministiese Regering nie want dit is hoe die kommuniste leef. Alles draai net rondom hulself en hul gee nie ‘n duit om vir die res van die landsburgers nie, die feit is hul het nie eens respek vir hulself nie.

Pannies ·

Tragies dat die eens trotse en winsgewende besigheid nou so in die grond in bestuur is ….

annie ·

Miskien koop die Gupas die kroegstoeltjies ter nagedagtenis aan hul lekker kuiers saam met Zuma by die vele funksies in die museum. Die museum was glo ‘n groot aantrekkingskrag. Wat sou daarin gebêre gewees wat soveel aandag vereis het?

Martin ·

Die volgende Suid-Afrikaanse algemene verkiesing sal in 2024 gehou word om ‘n nuwe Nasionale Vergadering sowel as die provinsiale wetgewer in elke provinsie te verkies. Ons huidige regering aan bewind het sedert 1994 bewys dat hulle onbevoeg is om ‘n land te regeer en meeste van die ondernemings in staatsbesit is bankrot. Denel, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, South African Express Airways, die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie, die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie, die Suid Afrikaanse Poskantoor en die lys gaan aan en aan… Die mense van die land moet volgende keer vir ‘n ander party stem.

Korrelkop ·

Al so siek vir die naam, “Denel”. Elende op elende vandat BEE oorgeneem het…

Nie Verbaas ·

Hulle moet absoluut alles van Denel opveil. Wys maar net dat die gemors van ANC en hulle BEE beleid n totale mislukking is. Hulle voel seker baie trots en dit is ook seker apartheid se skuld.

Di ·

Skreiende skande! Wys mens net dat sekere mense net nie die vermoe het op iets te bestuur nie! Daar gaan nog BAIE plekke vou wat onder hierdie kaders se bestuur is.

007 ·

Die geboue kan nie opgeveil word onder Denel se faandel nie, dit is Dep openbare werke s’n. Die Militêre items en alles wat daarmee saamgaan ook nie. So maw die salarisse gaan weer nie betaal kan word nie. Hoekom sluit hulle nie die spul kaders toe en kry klaar nie. Elke aksie het mos ‘n reaksie!

Cathy ·

Ek verstaan nie hoe die plunderaars snags slaap nie! Hoe eet mens lekker en slaap snoesig in jou gemaklike, warm bed terwyl mense hulle huise verloor en honger ly deur jou toedoen?! Dit gaan eenvoudig my verstand te bowe ????

Dawie ·

Net jammer dit gaan nie aanlyn wees nie, sal graag wil dop hou en kyk wat gaan gebeur. Maroela, weet julle wie die opveiling gaan doen? Nie almal kan n dag af vat en na so n tipe ding gaan kyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.