Die VF Plus het Vrydag gesê pres. Jacob Zuma se staatsrede openbaar niks prakties wat Suid-Afrika se ekonomie sal laat groei nie en sy fokus op wit mense asof hulle die ekonomie beheer, steeds die topposte beklee en steeds meer verdien as swartes, is niks anders nie as ʼn rassistiese aanval op witmense nie.
Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê die president misbruik wit mense as ʼn rookskerm om sy eie onvermoë en onbevoegdheid weg te steek.
“Hy moet eerder ʼn moratorium plaas op regstellende aksie (RA) en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) om die ekonomie te laat groei. Dit is jammer dat soveel struikelblokke in wittes se pad geplaas word, aangesien hulle graag ʼn bydrae wil lewer om die ekonomie te laat groei en werk te skep,” het Groenewald in ʼn verklaring gesê.
“Al wat pres. Zuma in sy staatsrede gesê het oor die sogenaamde radikale ekonomiese transformasie, is die besluite wat die ANC in Januarie by sy bosberaad geneem het, wat dit duidelik maak dat die ANC se belange eerste gestel word en nie die land s’n nie.”
Groenewald het gesê wat grondhervorming betref, skep die president ook verder onsekerheid as hy sê hy gaan die Onteieningswet aanwend om grondhervorming te bespoedig en dit sal net voedselsekerheid bedreig.
“Daar is instellings wat reeds gesê het hulle gaan die wettigheid van die Onteieningswet in die Grondwethof betwis. Die enigste manier waarop die ANC grondhervorming kan bespoedig, is om van die omslagtige burokrasie en onbevoegde amptenare ontslae te raak en die beginsel van vrywillige koper/vrywillige verkoper, toe te pas.”
Hy het gesê ten minste 5% van Suid-Afrika se landbougrond is jaarliks op die ope mark beskikbaar en met die heersende droogte, is daar boonop baie plase wat vir selfs minder as markwaarde beskikbaar is.
“Dit is duidelik dat die ANC die grondkwessie totaal verpolitiseer om mee te ding met die EFF. Dit jaag emosies op en is ʼn resep vir wrywing en onstabiliteit in Suid-Afrika,” het Groenewald afgesluit.
HY moet seker maak iemand blameer PATETIESE ANC EN EFF.
Ek sweer dit is seker apartheid se skuld dat sy hol ook stink.
Dit is niks nuut nie, n politieke kommentator het in 1993 al gese ons sal nog baie jare hoor dit is apartheid se skuld. Ook wil die regering nie droogte plase he nie maar slegs die goed bewerkte plase want daar word gereken dit sal vanself sonder harde werk goeie obrengste lewer. Net soos die hoenderplaas aan die oosrand waarvan Maroela media berig het.
so waar. gaan kyk maar na die ander plase wat op n staatsskinkbord gegee was. stel nie belang in KOOP nie.
Dis al SO holrug gery …kry ASB iets anders want dit ook werk nie meer nie …navorsieng het duidelik bewys dat die meeste mense eintlik baie goed met mekaar regkom en dat ons almal mekaar nodig het …lees of sien die anc hierdie studies ooit …oops seker ja maar met n std 3 …mmm ok nou verstaan ek ….
Na gisteraand se gratis sirkusvertoning in die parlement.het ek afgryse geluister wat Zuma op sy hart het.niks niuts nie.elke jaar dieselfde storie. Dis nie ons wat fout maak nie dis die wittes. Asb se daai een wat Zuma se toespraake skryf.moet nou weer iets anders probeer.elke jaar dieselfde ou storie.
Elize, daar is niemand wat dit skryf nie. Hulle “COPY & PASTE” net die vorige jare s’n.
90% van die belastingbetalers het nie vir die regerende party gestem nie…
Nou het ek ook iets wys geword! Die oorsprong van spook matriek sertifikate kom van std 3 pogings jare terug! Ai tog
Wil net die volgende uitlig, die witmense het die land opgebou tot waar dit in 1993 weg gegee was, hulle het nie af gebrand nie, maar opgebou
Wat bedoel jy met weg gegee in ’93?
Eintlik moet net die mense wat belasting betaal te kan stem
Ek stem saam hiermee. As ‘n mense hard gerwerk het en jy besit eiendom dan sal jy mooi daarna kyk. Daar is engelse spreekwoord wat dit mooi opsom ” Easy come, easy go”. M.A.W slegs mense wat belang het in daardie area moet daarvoor kan stem.
Ek sal dit waardeer indien julle na “wittes” verwys as blankes of wit-mense.
Die waarste waarheid nog wat op hierdie kommentare gesê is.
Wit is ‘n minderheid wat nie van belang is nie. Nie meer nie.
Net ter inligting, Transkei bestaan uit die vrugbaarste landbougrond in Suid-Afrika en het die potensiaal om 25% van Suid-Afrika se totale voed te produseer.
Regstelling:
Transkei bestaan uit die vrugbaarste landbougrond in Suid-Afrika en het die potensiaal om 25% van Suid-Afrika se totale voedsel te produseer.
Lem ek verstaan wat jy se, nie nodig vir regstelling nie, my bloed kook ook vinniger as wat my vinngers kan tik.
Nou hoe dan anders. Die paaie, geboue, baksteenhuise, skole, universiteite ens net om n paar te noem is ook alles die wittes se skuld.
Hoekom het die Volksfront-plus nie ook die sirkus verlaat soos die DA nie ? Met die aantygings teen wittes nie ! Lafharig sal ek sê ! So sal die wittes net die ‘ DIENENDE MARTA’S ‘ wees !
Hulle het uitgestap
Ek dink hulle weier om deur massa histerie opgesweep te word. Dit is maar deel van ons volk se trotsheid wat in die gene gesetel is.
Presies kaspaas en hoekom wil niemand in swaziland of in Lebowa of enige ander plek na n skool gaan of daar gaan bly nie ….presies dis nog n groter gemors en intussen word alles hier verwaarloos en verder opgeneuk …die beginsel is net as jy nie werk vir iets dan weet jy nie wat dit vat om dit te bekom nie ….” easy come easy go ”
Wie is die outeur van hierdie artikel? Elke artikel, nuusberig of nuuskommentaar of rubriek se outeur moet asseblief aangedui word. Dit is professionele joernalistieke gebruik.
Dagsé Erdvark
Soos in die berig gemeld, is dit ‘n persverklaring van die VF Plus
Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media
Is daar n studie al gedoen oor wat die BEE wat superryk geword het uit staatstenders terug in die gemeenskap ploeg? Toe Checkers n inisiatief n paar terug gedoen het sodat verbruikers vir honger kinders in Afrika blikkieskos en nie bederfbare kos moet skenk, toe bly die trollies leeg. Hoekom? Want hulle het deesdae die geld maar worry nie oor hul eie mense nie.
Al wat die swartes kan wys is hul getalle. (Ek mag dit mos sê as julle ‘wittes’ in jul opskrif gebruik.)
Presies AL kyk ook maar wie gee n geldtjie vir die ou wat bedel by die stopstraat …presies jy is so reg en dis vir my so opvallend
Wat my pot se deksel is, is dat meer ad 50% grond steeds in staatsbesit is!! Hoekom step hulle net belang in grond wat REEDS eienaars het? Dis net ‘n heksejag!!
Menses, dit is ‘n Africa stories. Geen verasing wat aangaan nie. Vat jou goed en trek!
Niks gaan beter word nie, net erger bloot omdat demokrasie n self vernietaginde stelsel is.
In demokrasie heers die meerderheid d.m.v die stembus. Die meerderheid is arm en lewe onder die broodlyn en is baie laag geskoold.
Die bevolkings aanwas onder die groep is ontsetend hoog en dis juis hulle wat baie beinvloedbaar is met beloftes en die skep van frese.
Hef die middel klas op en verklein die gaping tussen arm en ryk en dan kan daar n kans wees om by die stembus te wen en alles te herstel. Goue hand druk en gratus huis saam grond onteiening en korrupsie maak die vrugbare armes net nog meer vrugbaar vir revolusie.
Ek wonder dikwels waarom hulle altyd “apartheid” die skuld gee vir alles. Bedoel hulle nie miskien dat ons hulle onder ons vlerke moes neem toe die witman in beheer van Suid-Afrika was nie. Hulle kon so baie by ons leer wat landsbestuur in al sy fasette aanbetref. Moontlik was daar ‘n kortsigtigheid aan albei kante.
Dit is maar net ‘n teorie hierdie.
Verhoog die boetes vir alle oortredings, maak dit moeilik om permitte te bekom, soedoende gee jy die oneerlike amptenaar ‘n geleentheid om ‘n goeie inkomste te hê. Korrupsie is hoog. Staat uitgawe, elke 2de amptenaar het ‘n staatvoertuig vir eie gebruik sender om belasting te betaal op by-voordeel, maar op ons koste
Tensy blankes tot ‘n spoedige en deurdagte vorm van praktiese selfbestuur kom, gaan ons nog vir jare onder toenmende druk sit en kommentaar lewer sonder eie herlewing. Afrika, ongelukkig en ten spyte van die kosmetiese pogings, ook in die liberale media, is wat dit is.
Kan iemand net 1 land noem in Afrika wat eintlik reg werk
SA NIKS FOUT MET REGERING FOUT LE BY DIE DRYWERS
Klink nogal baie soos Zim….
Dit help ook nie mens sê vir Jacob Regop hulle moet self hand uit die mou steek nie, want ‘mou’ is ‘n Westerse konsep.
Die meeste ‘wit’ mense wat Zuma veralgemeen as ‘white Supremacy’ is nie altyd wit Afrikaners nie. Die ‘wittes’ wat die meeste van die ekonomie beheer is buitelanders. Ons gewone ouens kry pak slae verniet
Daar is beslis ‘n groei in apartheid, om dit beter te stel finasiele apartheid wat bestaan uit die super rykes (wit en swart) en die arm mense (wit en swart).
Hierdie tendens word al hoe sterker waar die werker uitgebuit word met lae salaris sodat die skatryk eienaar of CEO kan voortleef in sy luukshede.
Verloorders blameer altyd ander vir hul mislukkings.
Vir twee termyne het Zuma en Anc publiek gespeel terwyl hul ekonomie doodgewurg het! Natuurlik sal hy wittes vir alles die skuld gee, want dit het maklik geword om agter rassistiese wetgewing te skuil.Anc het n obsessie ontwikkel met wittes en nie n obsessie ontwikkel met oplossings vir SA nie! Moet niks verder goeds verwag van die parlement nie! Belastingbetalers gaan voos belas word!Uiters omstrede wetgewing gaan ook volg.
JZ het in sy toespraak genoem dat daar 80 m hektaar bewerkbare grond nog in blanke besit is.nog net 8m aan opkomende boere gegee.hierdie grond proses moet dis vinniger geskied .nou is my vraag die 8m wat nou al klaar in opkomende boere se besit is .wat is die sukses verhaal .hoekom ek dit vra .net duskant Kruger hek was Lisbon Estates .
uitvoer vrugte geproduseer .glo nie daar is in die afgelope seisoen nie 100 kaste nie maar nie eers 100 vrugte (mangoes) ge oes nie .en so kan ons plase opnoem .is dit seker ook die blankes se skuld.
Gus, ons ry nou en dan daar verby, dan wonder ons, ek is nie so seker of die pakhuis nog staan nie. Ons weet mos in Hazyview, Kiepersol omgewing was daar lodges wat lank gelede al toegemaak het as gevolg van die misdaad. Ek dink aan die Blue Mountain Lodge, dan ook ‘n vyfster oord wat in die omgewing van die Dagamadam was. Ons ry nou een dag die Kiepersolpad, vol slaggate, stukke teer is sommer weg, mens kan beswaarlik daar ry. Ook die pad van Sabie af na Hazyview is maar plek plek vodde.