Stakende Nehawu-lede gewaarsku; kommer oor toerusting

(Foto: Nehawu/Facebook)

Die Gautengse departement van gesondheid het stakende gesondheidswerkers versoek om terug te keer werk toe en gewaarsku dat hulle deur dissiplinêre stappe in die gesig gestaar word.

Die departement het die stakers gewaarsku om onmiddellik op te hou om die lewering van gesondheidsdienste te belemmer asook om skade aan eiendom aan te rig aangesien dit in stryd is met ʼn hofbevel en sal lei tot dissiplinêre stappe teen oortreders. Diegene wat nie vir werk opdaag nie sal nie betaal word nie.

Daar is samesprekings met wetstoepassingsagentskappe gevoer en volgens die departement kan hy nou verseker dat sy werknemers in ʼn veilige en intimidasievrye omgewing sal kan werk.

“Die hofbevel gee die polisie onder meer opdrag om alle stappe te doen wat nodig is om uitvoering te gee aan die tussentydse bevel, insluitend die verwydering en uitsetting van enige persoon uit eiendomme en persele van die departement.”

Lebogang Maile, LUR vir menslike nedersettings en infrastruktuurontwikkeling, het intussen gewaarsku oor die groot risiko’s in die geval van enige toerustingonderbreking.

Dit volg op berigte dat die instandhoudingspanne toegang tot ʼn aantal fasiliteite geweier is deur die stakende werkers.

“Die staking het ons gedwing om waaksaam te wees en ekstra maatreëls te tref om enige dade van sabotasie in al ons fasiliteite teë te werk. Ons doen ons bes om enige tragiese gebeurtenis wat mag voorkom te vermy,” het Maile gesê.

“Die risiko is uiters hoog vir pasiënte. Ons doen ʼn beroep op betogers om hul reg om te staak binne die grense van die wet en stakingsreëls uit te oefen.”

Van die openbare hospitale wat geraak word, sluit in Charlotte Maxeke, Helen Joseph, Leratong, Dr Yusuf Dadoo, Thelle Mogoerane, Sebokeng, Kopanong, Heidelberg, Johan Heyns, Discoverers, Carletonville en Bheki Mlangeni.

Kommer oor geweld, intimidasie

(Foto: Nehawu/Facebook)

Die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) en die parlementêre komitee oor gesondheid het hul kommer oor die staking uitgespreek.

Volgens die HPCSA het die raad met kommer kennis geneem van die geweld en intimidasie wat met die staking verband hou.

“Die verskaffing van gesondheidsorg is ʼn noodsaaklike diens, en die publiek het die reg op toegang tot hierdie basiese menseregtedienste soos gewaarborg in die Grondwet.

“Die HPCSA doen ʼn beroep op die stakende werkers om selfbeheersing uit te oefen en binne die grense van die wet op te tree wanneer hulle hul griewe uitspreek. Die raad veroordeel ten sterkste die gedrag wat deur sommige van die stakende werkers vertoon word, aangesien die voortsetting van sulke dade die verskaffing van gesondheidsorgdienste aan die publiek ernstig sal beïnvloed,” het prof. Simon Nemutandani, president van die HPCSA, gesê.

Dr. Kenneth Jacobs, voorsitter van die parlementêre komitee oor gesondheid, het ʼn beroep op die regering en vakbonde gedoen om oplossings te vind vir die loongeskil.

“Ons doen ʼn beroep op die partye, Nehawu en die werkgewer, om onmiddellike oplossings vir die dispuut te vind.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Harley Davidson ·

Daar word teen my gediskrimineer oor my velkleur, SEB ,sport,sekere rigtings op universiteit soos veral medies die onsekerheid oor my betaalde eiendom,maar nog nooit het ek met opset iemand anders se eiendom vernietig of op ander mense se lewens reg inbraak gemaak nie omrede ek beskaaf en opgevoed is.

Marius ·

Mense net gewaarsku ???
Hulle breek af en brand en word net gewaarsku ???
Is dit omdat hulle vir die anc stem , maar was dit andersom het die tronkdeure lankal toe geklap!!!!!!

Harley Davidson ·

Daar is nie meer plek in die tronke nie die meeste tronke wat net voor 94 gebou is 150% vol,sal ou mynskagte moet inrig.

Linda ·

Moet ons deur geweldadige lede later versorg word in hospitale?

Lindi ·

Ek dink ook daaroor. As hulle gedwing word en nog sonder betaling te wees, gaan dit op die pasiente uitgehaal word, maar om toe te gee aan hulle eise is ook nie die opslossing nie. So wat nou?

Republikein in die Wes Kaap ·

Hulle word lankal verbied om te staak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die kriminele volg maar net die mentaliteit van die regime.

Vrystaat2109 ·

Dissiplinere stappe!!! Om van te lag, julle gaan nie betaal word nie, hulle skrik hulle boeglam en almal HARDLOOP terug werk toe en lewer hoë produktiwiteits diens!!!
“Wishfull thinking” in ‘n land sonder dissipline waar stakers en kriminele doen net wat hulle wil, breek af, steek aan die brand.
Die regering laat dit toe want dit is die “babatjie” wat hulle geskep het en nou is die “babatjie” groot en nou pluk hulle die vrugte van daardie skepping.

henndrik ·

Hoekom terugkom werk toe, hulle behoort ontslaan te word en krimineel vervolg word

annie ·

Hoekom dra soveel van die stakers rooi klere? Is hulle kommuniste of lede van die EFF. Hulle is bereid om teen geen betaling te betoog vir groter salarisse. Huh? Die hoogsgevorderde vlak van ontwikkeling van hul lede wat die ANC voorhou as sou dit gelykstaande aan eerstewêreldstandaard wees, blyk bloot harsingskimme te wees. Om net af te breek maar te maak of jy vooruit boer, is redelik baie onnosel en halsstarrig.

domheks ·

Viva cANCer! Julle het hulle mooi opgevoed! Toi-toi, breek af, verbrand alles wat voorkom. 30% mentaliteit! Vat wat julle wil he….

Erika ·

Ons is in gebou toe gemaak, omdat hulle hier voor Isabalo House nou strike. Die van ons wat “early birds” is, sit nou maar hier vasgevang, en die wat buite was, kon huis toe ry, om glo van die huis af te werk. Nie eers die polisie kry hulle hier weg nie.

LANA is ELANè ·

Hierdie mense verdien nie om te werk nie, hulle verdien niks wat hulle ontvang vir dienste gelewer nie. Hulle is in ñ beroep slegs vir hul salaris en nie oor ñ roeping nie, dit is die gevaarlikste personeel wat jy indiens van enige gesondheids instelling kan hê, hulle sal nie huiwer om te moor as hulle nie hul sin kry nie. Dank die hele spul af en kry klaar, dit is tyd dat unies in die bek geruk word met hierdie tipe terrorisme wat hulle onder die dekmantel van regte pleeg! Hierdie tipe stakings raak jaar op jaar net meer brutaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.