Steeds min lig in beurtkragtonnel

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Fase 6-beurtkrag sal steeds daagliks vanaf 16:00 tot 05:00 in werking gestel word, terwyl fase 5-beurtkrag van 05:00 tot 16:00 sal geld.

Hierdie patroon sal tot verdere kennisgewing van krag wees.

Meer as 17 325 MW se opwekkingsvermoë is tans onbeskikbaar terwyl 5 457 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Opwekkingseenhede by die Camden-, Koeberg- en Medupi-kragstasie is oor die afgelope 24 uur weer in diens gestel, maar in dieselfde tydperk het ’n opwekkingseenheid by die by Kriel-kragsentrale onklaar geraak.

Volgens Eskom het vertragings in die terugkeer na die netwerk van ’n eenheid by die Kendal-, Kriel-, Medupi- en Tutuka-kragstasie bygedra tot die kapasiteitsbeperkings.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

domheks ·

Die laer fases was net daar om die nuwe mini-ster goed te laat lyk.

melaney ·

Ek kan dit nog aanvaar wanneer die anc die waarheid praat. Maar elke dag se leuens maak my naar. Hulle onderskat ons intelligensie.

Johanna ·

Ou nuus. Kry bevoegde mense nie basntjies vir boeties nie

Jaco ·

Verander die name van al die kragstasies met Afrikaanse name. Dalk bevorder dit kragopwekking terwyl dit “transformasie” bevorder.

Henk ·

Kan ons nie die naam Eskom verander na ANC nie? Dis tog immers hulle besigheid.

Republikein in die Wes Kaap ·

Dis ‘n mislukte staat. Staak maar die “ons sal die land regruk” twak.

Lillian ·

As enigiemand dink dat hierdie sogenaamde regering iets gaan doen om beurtkrag te beëindig leef hulle in ‘n droomwêreld. Ons word aan ons neuse rondgelei

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.