ʼn Man van Sinoville in Pretoria is twee lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting en aanranding van sy stiefdogter.
Lumka Mahanjana, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die man – wie se naam weerhou word om die identiteit van die kind te beskerm – is skuldig bevind op ʼn aanklag van verkragting, drie aanklagte van seksuele aanranding en twee aanklagte van die aanranding van ʼn minderjarige.
“Die voorvalle het oor ʼn tydperk van vier jaar plaasgevind terwyl die kind tussen ses en 10 jaar oud was. In daardie stadium was [die man] en die ma van die kind verloof en het hulle saamgewoon. [Hy] sou snags, terwyl die ma geslaap het, na die kind se kamer gaan en haar verkrag of aanrand,” het Mahanjana gesê.
Die kind het op 11-jarige ouderdom vir haar tannie van die misbruik vertel. Dié het die voorvalle by die polisie aangemeld.
“Die kind is daarna vir haar eie veiligheid in die tannie se sorg geplaas.”
Hanlie du Preez, staatsaanklaer, het die vonnis verwelkom en gesê die beskerming van slagoffers is uiters belangrik.
Die man is benewens die twee lewenslange vonnisse nóg 13 jaar tronkstraf opgelê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Ekstra 13 bonusjare dis goed.
Hoe gebeur so iets vir vier jaar in n huis waar die ma slaap en van niks weet nie. Maak die kind nie enige geluid nie?
Mag hy dieselfde behandeling ontvan in die tronk
Sy tronkstraf moet lees: Vir ewig!
As die Tronk Voels hom in die hande kry….Eina