Talle dorpe se water beperk weens wanbetaling

(Foto: pixabay)

Rand Water het drie munisipaliteite in kennis gestel dat waterdruk na die munisipaliteite verminder gaan word weens dié munisipaliteite se versuim om hul waterrekening te betaal.

Die grootste verskaffer van water in die land het Vrydag gesê hulle sal vanaf Maandag die waterdruk na die Ngwathe-munisipaliteit in die Vrystaat (Heilbron, Koppies en Parys) met 20% verminder. Dié munisipaliteit skuld Rand Water meer as R5,2 miljoen.

Net so skuld die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga (Evander, Secunda en Bethal) Rand Water ʼn astronomiese R47 miljoen. Ook dié munisipaliteit se waterdruk sal van Maandag af met 20% verminder word. Dié munisipaliteit se water word reeds met 40% beperk weens hul agterstallige rekening.

Die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes (Brits) skuld Rand Water sowat R10,5 miljoen en sal ook van Maandag af met minder water moet klaarkom.

“Hierdie munisipaliteite is bewus daarvan dat die kantore van die plaaslike LUR’e, die minster van water, sanitasie en menslike nedersetting, sowel as die nasionale tesourie reeds ingelig is oor hierdie stap,” sê Rand Water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Mandela het destyds gesê, (as reg onthou word) nà die anc aan bewind is, gaan almal Mercedes’e en wasmasjiene hê.

Africangrey ·

Nee man, met nä het hy bedoel as die anc klaar regeer het, en die boere weer die leisels oorgeneem en die land weer van voor af opgebouw is, dán kry almal wasmasjiene en mooi karre, want hy het gewert boere werk hard en hou hulle woord, ons moet darem nie mandela in n slegte lig plaas hier nie, dit was n vieslike misverstand van alles wat anc gestem het, kyk, toe mandela klaar is, was dit die boere se beurt, almal sou nou n goeie lewe gehad het, dis rérig jammer van die misunderstanding,ceish man my broer

Vriendelike Frikkie ·

Dis al amper waar. Dis net dat hulle dit nie noodwendig gekoop het nie…

Snowball ·

Gewone burgers word gestraf omdat die korrupte, onbevoegde kaders in munisipaliteite mense wat wél vir dienste betaal (lees minderheid) se geld in ander, onbevoegde, korrupte kaders se sakke druk, ipv om hulle skuld te delg. Dis nou hoe ‘n mens korrupsie en wanbestuur aanspreek.

Yvonne ·

Dit gaan my verstand te bowe dat daar geen maar geen verantwoordbaarheid is nie en dit word by die dag erger

daniel ·

Selfs onder apartheid is jou dienste gestaak as jy nie daarvoor betaal nie, Maar afsluiting of afskakeling was individual en nie algeheel nie.
As n munisipaliteit swak bestuur word en gelde nie oorbetaal word nie moet die verantwoordelike person aangekla word.
Dit help nie on skuldiges vir jare te skors met betaling nie .

Kokerboom ·

Dit is tyd dat die ge-affekteerde munisipaliteite dieselfde roete volg as Harrismith. Die betrokke minister en senior amptenare is net absoluut te onbevoeg om die munisipale problem op te los

Anel ·

Dis jammer mens moet die geld vir water en krag in die munisipaliteite se rekenings in betaal. Sou soveel beter gewees het as ons dirke kon betaal aan Eskom en Randwater. Selfs vir vuilgoedverwydering.

Willem ·

Hoekom moet ons voortgaan om hierdie onbevoegde, onverantwoordelike en kleptokratiese ANC kaders te duld?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.