Talle tenderdokumente is aan flarde nadat iemand Dinsdagaand ʼn ploftoestel in die tenderboks van die departement van onderwys in Polokwane gegooi het.
Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder van Limpopo, het Woensdag gesê die polisie is na die toneel op die hoek van Excelsior- en Hospitaalstraat ontbied nadat ʼn ontploffing in die boks aangemeld is.
“Daar word beweer dat ʼn donkergrys Mercedes Benz omstreeks 23:00 die departement se perseel binnegery het onder die voorwendsel om tenderdokumente in die boks te gaan plaas,” het Otto gesê. Etlike minute nadat die motor weggery het, het die bus ontplof.
“Niks is gesteel nie, maar alle tenderdokumente wat in die boks was, is aan flarde.”
Die polisie ondersoek ʼn saak van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Ek wonder waar Juluis Malema en Zuma gisteraand was ?. Dalk iewers ‘n middernag Fees gevier
Aitsa maar die manne gaan groot en dit oor ‘n tender!
Ai dis darem heerlik gerieflik………………………………….
Ek vat ‘n wille kans. Iemand wat om een of ander rede nie mag tender nie. Dalk agv familiebande of so iets.
Ons moet dalk nie te hard kla nie – dalk sal dit die ANC regering en Onderwysdepartement ‘n bietjie wakker skud!!