Thabo Bester dreig met regstappe oor nuwe boek

Thabo Bester en sy vriendin, dr. Nandipha Magudumana. (Foto: Skermgreep)

Deur GroundUp

Die veroordeelde moordenaar en verkragter Thabo Bester wil verhoed dat ʼn boek oor hom en sy vriendin, Nandipha Magudumana, die lig sien.

NB-Uitgewers, GroundUp News en verskeie boekhandelaars het Vrydagmiddag ʼn aanmaningsbrief van die regsfirma Loubser en Loubser Ing., namens Bester en Magudumana, ontvang.

Bester se regspan versoek in dié brief ʼn digitale weergawe van ʼn nuwe boek getiteld The Thabo Bester Story: The Facebook Rapist, the Celebrity Doctor and the Escape from Cell 35 deur die GroundUp-verslaggewers Marecia Damons en Daniel Steyn.

Luidens die brief het NB-Uitgewers tot Dinsdag gehad om ʼn digitale weergawe van die boek te verskaf voordat Bester en Magudumana ʼn dringende hofaansoek sou indien om die publikasie van die boek te stuit.

Bester se regspan sê in die brief nóg sy kliënt nóg Magudumana het hul toestemming aan enige party verleen om die boek te skryf en/of te publiseer.

“Ons stel dit ook op skrif dat daar geen persoonlike onderhoude met ons kliënt óf dr. Magudumana gevoer is nie, wat kommer wek oor die akkuraatheid en korrektheid van die weergawe wat binnekort gepubliseer sal word,” lui die aanmaningsbrief.

Volgens die regsfirma wil Bester “vermy dat hy in en deur die media vervolg word voordat die saak [in die hof] afgehandel is”.

NB-Uitgewers het by navraag gesê dié uitgewery stem “grondelik nie saam met die onthutsende bewering dat daar van skrywers vereis word om vooraf toestemming vir die onderwerp van ʼn boek oor aktuele sake te verkry nie en hou vol dat al die standaardriglyne in die samestelling van die boek gevolg is”.

Bester, wat die Facebook-verkragter gedoop is, is in 2012 lewenslange tronkstraf opgelê nadat hy slagoffers op dié sosialemediaplatform gelok en hulle dan verkrag en beroof het. Hy het minstens een van sy slagoffers vermoor.

Toe word ʼn verbrande liggaam in Mei verlede jaar in sel 35 van die Mangaung-maksimumveiligheidsgevangenis in Bloemfontein aangetref, wat die owerhede aanvanklik laat glo het dat Bester homself aan die brand gesteek het.

Die liggaam is intussen geïdentifiseer as dié van Katlego Bereng Mpholo.

Magudumana word daarvan beskuldig dat sy hulp verleen het tydens Bester se ontsnapping.

Magudumana is in April vanjaar saam met Bester in Tanzanië in hegtenis geneem. Sy het egter vroeër beweer dat Bester haar teen haar sin ontvoer en na Tanzanië geneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

annie ·

Hoe siek is ons nie al vir hierdie misbruik van die openbare uitsaaier om dié spesifieke hofsaak vir ure lank te moet verduur nie. Wat laat die SAUK besluit dat hierdie moord mense tot op Mars mag verveel tot in lengte van dae?

Bolandse Nooi ·

Jy weet hy het TWEE vroue op Facebook gelok, hulle toe wreed verkrag en toe vermoor, huh annie? Hy … sy mede-beskuldigdes het toe ‘n ánder, onskuldige man ook vermoor (vir sy lyk) sodat hy uit die gevangenis kon ontsnap. Tegnies-gesproke is hy ‘n reeksmoordenaar, dus, al het hy nie self die derde persoon se dood veroorsaak nie.

Suzette ·

Ek wens regtig hierdie saak wil rigting kry en ‘n ordentlike vonnis word die twee moordenaars opgelê. Op die oomblik word hierdie hanteer asof dit twee uiters belangrike en beroemde persone is wat onregverdig aangekla word….

Mariana ·

Hulle kry te veel aandag en is boonop vreeslik verwaand. Dink hulle is belangrik, tyd dat hulle betaal vir hul gruweldade.

miche ·

Her Highness, Madam Dokter het mos flou geword voor net so voor haar hofverskyning, so verwag maar ‘n klompie truuks vorentoe van die tweetjies. Die gaan nóg ‘n lang, uitgerekte storie wees.

Jacobus ·

Vermetelheid van formaat. Die krimineel maak aanspraak op regte wat ons as gewone burgers nie het nie – moet dit by sy tjomme in ANC en Zuma leer!

Samuel ·

Dit is regtig ‘n vervelige besigheid en die menseregte van kriminele geniet voorrang.

marius ·

Niks verhoed dat die ontsnapping uit wettige aanhouding aanklag teen hom voortgaan nie . Begin met dit en kry klaar . Die hele ding ontaard in ‘n media sensasie sirkus.

snaaks ·

Dit wil vir my voorkom wanneer jy in die tronk is jy kan doen en sê net wat jy wil.

57 Chevy ·

Die storie raak nou af gesaag . Net soos die sepie ” So Are The Days Of Our Lifes ” . Kry nou verdomp klaar sodat die slagoffers en hulle famielies kan berusting kry hulle word geteroriseer deur die frot sage wat nie klaar kry nie !

Bolandse Nooi ·

Uhm ……….. dié oompie kan (1) sy goeters nie op hul plek hou nie en (2) dink hy is VERSKRIKLIK bekend (hy is eerder BERUG), (3) vergeet hy dat hy ‘n VEROORDEELDE VERKRAGTER en MISDADIGER is, (4) het niemand sý of sy kwaksalwer-dokter-houvrou se toestemming nodig om ‘n boek te publiseer nie. NB Uitgewers is ‘n gesiene publikasie-huis; hulle sal nie hul openbare beeld só skade aandoen om ‘n boek wat op geen- of beperkte-feite gebaseer is, te publiseer nie. So, “mister Bester”, gaan mors maar jou geld verder met ‘n hofbevel – ek hoop die saak word met koste na jou terugverwys!

Karoo ·

Al rede hoekom Bester dit wil keer is omdat sy kamstage Dr. vriendin haar eie boek wil uitbring waaruit hulle 2 dan die geld gaan deel. As iemand anders ‘n boek skryf, is daar niks in dit vir hulle nie en haar beplande boek gaan niks in die sak bring nie.

SjN ·

En die regsfirma wil nog geld maak uit die aak nadat hy reeds skuldig bevind was in die hof en gevonnis was,.

Hendrik ·

Bester in die haglike situasie waarin jy verstrik is,is dit algeheel ondenkbaar dat jy nog n positiewe beeld kan beleef. Die heel beste is swyg maar.

DEON ·

So, ñ krimineel het die laaste sê in die land. Kriminele mag dus nou besluit wat mag of nie mag gebeur. Hy moet reeds lewenslank sit nou dink hy dat hy die mag het om besluite te neem dat die res van die land nie mag hoor of sien hoe kurrup die regstelsel is nie. Publiseer die boek, dit gaan nie net oor hom nie, maar oor die kurupsie in die land ook. Die boek sal elke landsburger die vergunning gee om te sien dat hulle nie deur die huidige regering beskerm word teen misdaad

Ronél ·

Sy behoort haar titel as DR te verloor wanneer die uitspraak nie in haar guns is nie.

George ·

Wie is Bester om dreigemente te wil opper !!!…hy is n veroordeelde moordenaar en het geen regte behalwe om asem te haal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.