Theo de Jager US-konvokasie se nuwe president

dr-theo-de-jager-01

Dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai. Foto: Verskaf.

Dis amptelik: Theo de Jager, ook direksievoorsitter van Saai, is die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) se nuwe president.

De Jager, ʼn oud-Matie, was die enigste kandidaat om vir die posisie benoem te word en is gevolglik tot verkose president van die konvokasie verklaar.

Verskeie ander kandidate is benoem vir die oorblywende vier vakatures in die uitvoerende komitee van die konvokasie. Lede van die konvokasie word nou genooi om vir dié kandidate te stem.

Dr. Ronel Retief, registrateur van die US, sê die universiteit het twee geldige benoemings vir die posisie adjunkpresident ontvang, asook twee benoemings vir sekretaris en vier vir die twee vakatures vir bykomende lede.

Die benoemdes is: Taryn Cohn (Moos), strateeg en eggenote van wyle US-raadsvoorsitter Ainsley Moos; Isabelle de Taillefer, Stellenbosch-raadslid; Jan Naude de Villiers, DA-LP; Simphiwe Artwell Malaza, sakeman; Nomzamo Portia Ntombela, PhD-kandidaat in sosiologie aan die US; Lwazi Phakade, Stad Kaapstad-raadslid; Bernard Pieters, bestuurder van gemeenskapsaktivering by Kaapse Forum;​ en Johan Acker Smit, sakeman.

(Foto: Universiteit Stellenbosch/Facebook)

Lede van die konvokasie het van Woensdag af kans om vir hul voorkeurkandidaat te stem.

Retief sê aangesien die gewone tien dae lange stemtydperk ʼn hele paar openbare vakansiedae insluit, sal die stemtydperk effens verleng word. Lede van die konvokasie het dus tot Donderdag 4 April kans om hul stem uit te bring.

Retief sê die volledige verkiesingsuitslae (getal stemme vir elke kandidaat, en nie slegs die suksesvolle kandidate nie) sal binne ʼn redelike tyd nadat die stemportaal gesluit het, bekend gemaak word.

Klik hier om meer oor die onderskeie kandidate te wete te kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Goldy ·

Wat n verfrissende verassing. Uiteindelik begin US weer logiesmdink, ten minste met hierdie besluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.