Theuns Jordaan se ma sterf

‘n Foto van Theuns Jordaan, sy ma, Maryna, suster Linda en pa Willie wat in Theuns se gedenkdiensbrief verskyn het.

Die Afrikaanse sanger Theuns Jordaan wat op 17 November weens kanker gesterf het, se ma Maryna Jordaan is Sondag oorlede.

‘n Bron na aan die familie het die nuus bevestig. Die oorsaak van haar dood is egter nog nie bekend nie.

‘n Gedenkdiens vir Theuns is Vrydag vanuit die NG Moreletapark-gemeente in Pretoria gehou. Maryna het in ʼn versorgingsoord in Bethulie in die Vrystaat gewoon en kon nie Vrydag haar enigste seun se gedenkdiens bywoon nie.

Theuns se suster, Linda, het haar ma bygestaan en kon ook nie die diens bywoon nie.

ʼn Emosionele Willie Jordaan, Theuns se pa, is Vrydag tydens sy seun se gedenkdiens deur die sangeres Juanita du Plessis, haar man, Doepie, en die sangeres Cordelia ondersteun.

Theuns Jordaan. (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

“Ek en Maryna het ʼn seun, Theuns, en hy is en was die son in haar lewe, haar alles, haar witkop-blouoog-seun. Haar alles,” het Willie tydens sy hartroerende huldeblyk gesê.

“Net ʼn vrou met ʼn seun weet waarvan ek praat. Niemand het nog daardie spesiale magic iets [tussen ʼn ma en seun] probeer beskryf of vertel hoe dit is nie. Daai ma vat jou nie tot diep in haar hart nie, maar sy gee nie om wie hy is nie – hy is haar seun.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Misky ·

Dubbele terugslag vir die familie. My hart en gebede gaan uit na julle, dis bitter hartseer

madels ·

Ja ek ken daai diep diep liefde, my kinders is my lewe.. sterkte vir die familie,, dit n dubbele hartseer. Mag die Here julle almal styf vashou in hierdie moeilike tyd

Anel ·

Ai, oom Willie. Dis so hartseer. Ek hoop van harte dat jy die tannie kon groet. Baie sterkte aan jou, Linda en al die familie en vriende. Ek bid dat God julle sal toevou en Sy Vaderarms. Baie sterkte.

Chantel ·

Ai die ou lewe is so onvoorspelbaar. Sterkte aan oom Willie en die kinders.

JN ·

Regtig n swaar tyd vir die familie…Ai my hart gaan uit na julle..

Chris ·

Dit is absoluut tragies. Ons harte en gebede gaan uit na oom willie en die hele familie.

Skappie ·

Sterkte aan julle as familie en vriende . Mag onse Liewe Heer julle almal styf in sy arms vashou deur hierdie moeilike tyd wat vir julle wag. Kan glad nie maklik wees om 2 van ‘n gesin aan die dood af te staan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.