Tiener in Bedfordview vermoor

(Foto: SA Polisie)

Die polisie in Gauteng het die soveelste voorval van geweld onder leerders in die provinsie se skole ten sterkste veroordeel.

In die jongste voorval is ʼn 17-jarige seun in Bedfordview, aan die Gautengse Oos-Rand, Maandagmiddag dood nadat hy in ʼn bakleiery ná skool verskeie kere met ʼn mes gesteek is, het kapt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, gesê.

Die aanvaller het tydens die bakleiery ʼn mes uitgepluk en die seun gesteek.

Die tienerseun het kort daarna in ʼn hospitaal gesterf.

Volgens Makhubela het die polisie reeds met ʼn soektog na die kind se moordenaar begin.

Hy het nie gesê of die verdagte ook ʼn leerder is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wondermaarnet ·

Wat maak die kinders in elk geval met messe by die skool? Dit is dan mos hul intensie om iemand te beseer.

E ·

Kinders, mense – ek dink die term word baie los gebruik. Hierdie is nie terme wat deesdae by 90% skole gebruik behoort te word nie. Dit is nie verweg dat homeschool die norm eerder as die uitsondering gaan word nie.

Stink-Afrikaner'tjie ·

Hulle wil soos die Amerikaanse rappers wees en dink dis super ‘cool’
Dis kommin soos gras.

Dries ·

Stink-Afrkaner’tjie jy slaan die spyker op die kop. En die meeste van daardie rappers is in elk geval gansters.

isabelle ·

My vraag…was dinge altyd so Rof,die duiwel so lustig,of is dit nou maar sosiale media wat ons meer bewus maak as vroeer jare?

Scalla ·

Lyfstraf is mos afgeskaf, is al hoe hulle voel as die boude brand

Nell ·

Vroeëre jare – beslis nie! Hierdie tendens van geweld onder skoliere het na onafhanklikheid begin kopuitsteek – toe respek, dissipline, godsdiens ens. by die klaskamervenster uit is.

Agter die skerms..... ·

Stem saam met almal – eersens soos Wondermaarnet se wat maak die kinders met messe by die skool – – sjoe kinners was nog kinners toe ons nog kinners was. Die duiwel is baie listig – en ek dink dit ook deur sosiale media wat ons meer bewus is van wat rerig aar buite gebeur. Dit is hartseer watmet hierdie kind gebeur het – doodgesteek – ‘n 17 jarige kind oorlede en sy familie wat hulle dood treur. Die geweld by die skole is ook erg. Hoor gereeld hoe my familie se kinders praat.

Gemaskerde Sopbeen ·

Alles het begin verkeerd loop toe ‘n regverdige pak slae verbied is.

Nie Verbaas ·

Die wapens word met n doel gedra. Gaan dit help om dit in skole te verbied? Ek glo nie. Dit is wat gebeur as daar geen waarde en respek vir die samelewing is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.