Tieners kritiek beseer in ‘speletjie’

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Twee tieners is in ʼn kritieke toestand na ʼn Johannesburgse hospitaal geneem, nadat hulle Dinsdagaand in ʼn lewensgevaarlike “speletjie” beseer is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het Woensdag gesê die seuns het vermoedelik aan kabelduikery (oftewel train surfing) by die Riverlea-treinstasie, in die weste van die stad, deelgeneem. Dit is ʼn aktiwiteit waarin jongmense op ʼn bewegende trein se dak balanseer en koes vir die oorhoofse elektriese kabels.

“Gemeenskapslede het paramedici omstreeks 19:30 na die treinspoor gelei,” het Vermaak gesê.

Van die omstanders het aan paramedici gesê hulle het vroeër mense bo op ʼn trein sien staan. Hulle het later ʼn harde slag gehoor, waarna die elektrisiteit in die omgewing onderbreek is. “Die omstanders meen die slag is veroorsaak toe een van die tieners die oorhoofse kabels getref het.”

ʼn 16-jarige kon ná die slag daarin slaag om na ʼn nabygeleë huis te loop om hulp te ontbied. “Hy het erge snywonde aan sy maag opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Life Fourways-hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

ʼn 17-jarige seun is bewusteloos by die treinspoor aangetref. Hy het verskeie ernstige beserings opgedoen en is na die Helen Joseph-hospitaal gehaas vir behandeling.

Volgens Vermaak het die 16-jarige aanvanklik aan omstanders gesê hulle is beroof en van die bewegende trein afgegooi. Die polisie is ontbied om die voorval behoorlik te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Ek hoop hulle ouers laat die seuns se basse brand. Dis nou goed wat ouers oud maak voor hulle tyd. Sterkte aan die seuns se ouers.

Maria van Dieweeck ·

Joann het die regte idee! Wie betaal nou daarvoor? Maar as ek my kind vir hulp met n stuk staal in haar voet hospitaal toe neem, dan word daar gese sy moet oor n naweek le en haar beurt afwag want daar is soveel arme`gunshot wounds victims` en ander `imagincies` . Ja wat het maar geldjies uitgekrap en privaat gegaan. Sal nie eens self met my haelgeweer n naweek daar deurbring tussen al die krims nie, watwou nog my dogter?

Johann ·

Weereens: roem hulleself op “previously disadvantaged”… en “currently taking advantage”. Jammer om te hoor van hulle onverandwoordelikheid se resultate!

Johann Marx ·

My kids het groot geword met die volgende lewens-leuse: Jy is altyd vry om te kies, maar jy is nooit vry van die gevolge van jou keuses nie. As jy kies om op ‘n bewegende trein se dak te staan…..nou ja..

koos1 ·

Dankie Johann. Ek sal van nou af dit my kinders se leuse ook maak.

Tanya ·

Ons land sal darem maar ‘n baie beter plek gewees het as almal hulle kinders met die leuse groot maak Johann. In die ou dae het ons kinders Berg geklim, boom geklim, valskerm gespring of “bungi jumping” gedoen vir ‘n “rush” en nou “surf” hulle treine..nee oh genade, wat is volgende!!

Karma ·

“Dumb gets as dumb does”, sê die Engelse. Sê ek ook, as die tweetjies gaan kabelduik het …..

Ruby ·

Trein 1, Speletjie 0.

Met die dat hulle wil lieg ook, het ek hulle terug op die trein gesit.

Jef ·

Hulle het nou hulle les geleer op n harde manier plus n behoorlike pak slae moet genoeg wees om hulle te laat besef watse stomiteit hulle aangevang het.

Wat-ek-lees ·

Ek kan hulle sien: “op-en-af-en-op-en-af-en-op en-af-en-kadwa!!-plat op jou g@t”.

Louise ·

Ek wil net se dat kinders hulself in onnodige dinge plaas.
Ek weet wat hulle gedoen het was verkeer en ek sal my kinders goed vas vat as hulle dit moet doen.
Maar toe ek klein was en ek praat van 10 het ek in my boetie baie die trein geklim wanner hulle spore wissel en dan weer afgespring, so ook wanneer dit baie reen en die rivier kom af het ons daring gespring. Kinders is stout en as ek vandag so terug kyk kan ek net dankbaar wees dat niks het gebeur nie. Sterkte aan daardie seuns en die ouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.