Altesaam 46 mense is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn satellietpolisiekantoor in Nigel aan die Oos-Rand aan die brand gesteek is.
Die 46 verdagtes, 31 mans en 15 vroue, is op aanklag van openbare geweld in hegtenis geneem, het brig. Vishnu Naidoo, polisiewoordvoerder, gesê. Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.
Volgens Naidoo het ʼn groot groep betogende gemeenskapslede Hop-huise in Mackenzieville onwettig probeer beset. Die huise moet nog van water en elektrisiteit voorsien word.
“Die betogers het die pad na die huise versper en terwyl polisiebeamptes die gebeure gemonitor het, het ʼn ander groep betogers ʼn satellietpolisiekantoor in Alrapark met ʼn petrolbom bestook.”
Die polisie se eenheid vir openbare orde is intussen na die gebied ontplooi om te verseker dat daar geen verdere geweld is nie.
Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel. Volgens Sitole het die betogers se optrede nou die hele gemeenskap benadeel.
“Vandalisering en brandstigting van staatseiendom moet deur alle sektore van die samelewing veroordeel word. Ek doen ’n beroep op alle lede van die Alrapark-gemeenskap en omliggende gebiede om kalm te bly en met die polisie saam te werk.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Waarom is die polisiestasie afgebrand. Dit het immers niks te make met hulle griewe.
Niks gaan gebeur nie ??
Dit is net die begin
Alan wat stel jy voor. In die hof nie genoeg bewyse nie. Saak uit gegooi.
Hau!