“In hierdie tyd van beproewing het ons net weereens besef hoe dankbaar ons vir elke liewe persoon is wat met ‘n doel oor ons pad gestuur is.”
Lees meerAlles vir Vrydag 22 Maart 2019
Ma eis groot bedrag ná onnie kind klap
Die ma van die oudleerling van die Sans Souci Girls’ High School in Kaapstad wat glo deur ʼn onderwyseres geklap is, eis nou ‘n groot bedrag in skadevergoeding.
Wees versigtig met Grondwet, maan kundige insette
Die eerste drie kennersmenings wat ingewin is deur die parlement se ad hoc-komitee oor die verandering van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik, het gemaan tot groot omsigtigheid.
Tientalle vas na polisiestasie brand
Terwyl die polisie een groep betogers gemonitor het, het die ander groep die polisiestasie aan die brand gesteek.
Pa sterf toe hy dogter wou red
Die pa en ma het in die moeilikheid beland toe hulle hul dogter probeer help het.
‘Speel oop kaarte oor Eskom-situasie’
“Indien daar ʼn waarskynlikheid is dat die netwerk wel op ʼn beheersde of onbeheersde wyse in duie kan stort, moet Eskom dit erken.”
ToekomsVenster: Die belydenis van Petrus
Wie sê julle is Ek? Een groter as Elia. Die Messias-koning, die kneg van die Here, die Spruit van Dawid, die Loot, Die Lam, die Here.
Mbalula: ‘Niemand wou saam met my teen Guptas opstaan’
“Niemand het opgestaan nie… maar ek verstaan dit, want om op te staan teen die president [Zuma] was ongehoord omdat jy om middernag [tydens ʼn kabinetskommeling] uitgeskuif kon word.”
Mooi, mooier, mooiste ma: Hier is die finaliste!
Maroela Media gaan vanjaar een van dié ma’s bederf vir Moedersdag met ons mooi, mooier, mooiste mamma-kompetisie. Stem vir die finaliste!
Orrelpype by kerk uitgebreek en gesteel
“Hulle het die deure van die kerk oopgebreek. Hulle het die orrelpype uitgebreek en platgetrap en gesteel. Hulle het op die orrel se note getrap om die pype uit te breek.”
SA se skokkende plastiekvoetspoor
Suid-Afrika produseer 54,8 ton gemors per dag, die 15de hoogste ter wêreld en net 10% daarvan word herwin. Daar word verwag plaaslike plastiekproduksie sal met 40% toeneem teen 2030.
Twee SA wyne op gesogte wynranglys
: Dié lys is saamgestel deur meer as 200 van die bekendste en invloedrykste mense in die internasionale wynbedryf.
Staking dreig by inkomstediens
Die PSA, wat byna die helfte van die werksmag by die inkomstediens verteenwoordig, eis ’n salarisverhoging van 11,4% vir sy lede.
Die wêreld in foto’s – 22 Maart 2019
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie.
Onwrikbare geloof en Giovanni se Bybelvers
Die storie van Giovanni Hendriks, die matriekleerling van Pretoria wat verlam gelaat is nadat hy vir ʼn tweede keer met Guillain-Barré-sindroom gediagnoseer is, is meer as net hartseer – dit is ʼn inspirerende getuienis van dié gesin se onwrikbare geloof.
Foto’s: Uilpaar van Langebaan het sosiale media gaande
“Mense begin my al vra hoe dit met Bob en Kevin gaan as ek ’n lang ruk niks van hulle op sosiale media geplaas het nie.”
Wen ʼn kragopwekker met jou “Lig in die donker”-storie!
Die mooiste, lekkerste, snaaksste of mees positiewe storie mag dalk net vir jou en jou gesin ʼn kragopwekker ter waarde van R7 500 in die sak bring.
Nederlandse stemuitslae dui op polarisasie
“Aardverskuiwend”. “Monstersege”. Dít is die opskrifte in Nederlandse koerante ná 20 Maart se verkiesing vir provinsiale besture en indirek ook vir die lede van die dié land se senaat.
Man sterf weke ná skietery by skool
Daar is aan hom gesê dat hy nie die skoolhoof kan sien nie, waarna hy gewelddadig geraak het.
Vyf slim maniere om krag te bespaar
Te midde van voortdurende beurtkrag en Nersa se onlangse goedkeuring van kragtariefverhogings, was dit nog nooit belangriker as nou om krag te bespaar nie.