‘Transitorower’ weer vas ná tweede ontsnapping

Lundi Mzimkhulu (Foto: Verskaf)

ʼn Vermeende transitorower wat in Augustus vir ’n tweede keer uit aanhouding in die Oos-Kaap ontsnap het, is weer in hegtenis geneem.

Lundi Mzimkhulu (33) is Dinsdagaand in Dutywa weer in hegtenis geneem nadat hy en vyf ander gevangenes op 14 Augustus uit die Sada-gevangenis in Whittlesea ontsnap het.

Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, sê Mzimkhulu is in die besit van ’n gekaapte voertuig en ’n vuurwapen voorgekeer en weer in hegtenis geneem.

Mzimkhulu en sy makkers het tydens hul ontsnapping ’n vuurwapen op korrektiewe beamptes gerig, hulle in ʼn kantoor ingedwing en die sleutels van die gevangenis se hek en die amptenare se motorsleutels gegryp. Hulle het ook die beamptes se uniforms gevat.

Die gevangenes, geklee in die amptenare se uniforms, het uit die gevangenis ontsnap en met ’n staatsvoertuig weggejaag.

Drie van die ses is kort ná die ontsnapping weer in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig dit was nie die Mzimkhulu se eerste ontsnapping uit aanhouding nie.

Mzimkhulu word saam met drie ander verdagtes aan ʼn transitorooftog in November 2018 in Whittlesea verbind.

Hy en twee van dié verdagtes het op 11 Maart vanjaar twee polisiebeamptes wat hulle na die Whittlesea-hof begelei het, oorrompel en hul vuurwapens afgeneem en met die polisievoertuig op die vlug geslaan. Die voertuig is later in die Dongwe-nedersetting gevind.

Mzimkhulu is toe weer op 25 Maart in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek kan nie verstaan hoe hulle ontsnap nie! Dis nou ‘n gewoonte mmmmmmm. Great die kriminele is beter as die polisie, korrektiewe dienste en hoër mense op gelei in die nuwe SA! Pateties verby. Hoop julle het nou ‘n les geleer en boei hulle ten volle tot die voete ook

Tsek! ·

Rerig….het jy al gesien hoe lyk hulle in uniform van al die KFC…???

Marius ·

Ek sal dit nogal nie verkondig het nie , want dit laat die organisasie lyk asof hulle geen beheer het nie .
Welkom in die nuwe sa na 20+ jaar en dit gaan net swakker en erger .

Magda ·

Niks nuut nie – lees weer een vd dae van sy ontsnapping weer. Welkom na n 26+jaar van SWART regering. Dit gebeur as Kriminele n Party stig – ANC (ALL NATIONAL CRIMINALS) Oor en oor bewys.

JohanR ·

As jou eerste probeer slag met transitoroof misluk het, dan moet jy darem ‘n kans gegee word om ‘n tweede keer te probeer! By elke transitoroof kan jy maar weet daar is ‘n polisieman of ‘n “inside”kenner in hulle kring. En dan wonder ons hoekom hulle ontsnap?

Cecilia ·

Hoe kry hy so maklik ontsnap. Het weer n korrupte Wag omgekoop. D SAPS en GEVANGENIS lede is almal onbevoeg en oorgewig. Hkm is hy nie in boeie nie as hulle weet hy is n risiko. Hopelik is hy nou in afsondering tydens aanhouding waar hy 23ure vd dag 6x6m sel het om in te loop.

Cornelius ·

Die kriminele is beslis baie slimmer en beter as die polisie. Genade wat n sirkus.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.