Transnet-hoë met verlof hangende ondersoek

Pepi Silinga, uitvoerende hoof van Transnet se nasionale hawe-owerheid. (Foto: X)

Die uitvoerende hoof van Transnet se nasionale hawe-owerheid (TNPA) het aangebied om verlof te neem terwyl ’n onafhanklike regsfirma “verdagte aktiwiteite” by TNPA ondersoek.

Transnet het Pepi Silinga se aanbod aanvaar.

Adv. Phyllis Difeto sal as waarnemende uitvoerende hoof van TNPA dien terwyl Silinga met verlof is.

“Transnet het ’n aantal bewerings oor aktiwiteite by TNPA ontvang. Transnet neem die standpunt van nulverdraagsaamheid teenoor korrupsie en bedrog in en beskou hierdie bewerings in ’n ernstige lig,” sê Michelle Phillips, uitvoerende hoof van Transnet Pipelines.

Phillips het geen besonderhede oor die beweerde verdagte aktiwiteite by TNPA verskaf nie.

Phillips het wel gesê die ondersoek is in ’n vroeë stadium. Die onafhanklike regsfirma sal alle dokumentasie nagaan en mense ondervra wat relevant is vir die ondersoek voordat hy eindelik ’n verslag met sy bevindings en aanbevelings sal saamstel en aan Transnet oorhandig.

Silinga het glo aangebied om verlof te neem om nie die integriteit van die proses in gedrang te bring nie.

“Die aangeleentheid word met dringendheid behandel en nog belangriker, binne die omvang van die wet,” het Phillips verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Edgar ·

Hoog tyd dat die wete verander word en diegene wat op ‘verlof’ gesit word onbetaalde word kry.
As hulle onskuldig bewys word, goed en wel betaal hulle salarisse dan eers uit.
Indien skuldig, leef hulle lekker op ons onkostes en jy hoor nooit dat enige gelde verhaal word nie.

Cassie Carstens ·

Edgar, ek stem saam. Die soustrein ry te lekker want aalmal het menseregte. Die feit dat die ou terugstaan, is nie om dowe neute nie. Hy kon die haweowerheid nie reg bestuur nie, is nou moeg gewerk en wil bietjie verlof neem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.