Transnet ‘hoopvol’ oor loongesprek

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Facebook)

Transnet se gesprekke met vakbonde oor loononderhandelings gaan vandag (12 Oktober) voort by die Transnet-bedingingsraad onder die vaandel van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

Die gesprekke het reeds Maandag begin, toe alternatiewe voorstelle oorweeg is om die loondispuut op te klaar.

Lede van die vakbonde Untu en Satawu het Dinsdag die staking voortgesit nadat ʼn dooiepunt tydens samesprekings oor loonverhogings Maandag bereik is. Transnet-werkers vra verhogings van tussen 12% en 13,5%, terwyl die staatsbeheerde instelling se aanbod op tussen 3% en 4% staan, afhangende van die posvlak van die werker.

Transnet, wat Suid-Afrika se spoorvragnetwerk en al die land se hawens bedryf, het verlede week ʼn dooiepunt met vakbonde bereik oor loonverhogings. ʼn Gevolglike staking het die reeds sukkelende staatsbeheerde instelling nog verder lamgelê.

“Transnet is hoopvol dat die vakbonde hul standpunt formeel ter tafel sal lê, om die maatskappy in staat te stel om die haalbaarheid daarvan te evalueer. Dit is belangrik dat ons ʼn oplossing vind wat volhoubaar en bekostigbaar is vir die onderneming, maar ook aan die behoeftes van werkers voldoen,” sê Ayanda Shezi, woordvoerder van Transnet.

“Transnet bly verbind tot ʼn spoedige oplossing vir die huidige dooiepunt, en om sy aandag op die volhoubare ommeswaai en verbetering van bedrywighede te fokus.”

Maroela Media het vroeër berig Transnet het weens die staking verlede week al force majeure verklaar en kenners sê na raming kan die staking die ekonomie tussen R6 miljard en R8 miljard per dag kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Waarnemer ·

Laat ramaphosa en sy trawante die geld wat hulle spaar deur nie vir jrag water en behuising spaar vir transnet werkers se verhogings betaal.

Pietertjie ·

Indien ‘n ooreenkoms bereik word, sal dit die vertrekpunt vir ‘n volgende, afpersende geskil wees. Dís hoe kommunisme werk.

Hannelie ·

Ek glo daar is geld om Transnet se werkers te vergoed, net ‘n skande dat hulle ‘n skamele 3-4% aanbied. Terwyl Ramaphosa en die res van die regering in weelde vlieg, en leef.

Di ·

Baie van ons sit in dieselfde bootjie – het die afgelope 3 jaar geen verhogings gekry, word net reguit gese daar is nie geld nie. Instussen styg alles daagliks met ‘n helse tempo

Heinrich ·

Hierdie is niks minder as doenbewuste sabotasie van die staat nie, hulle hoort agter tralies.

Rocco ·

Fikile Mbalula die nar, het weer nie alles onder beheer in die sirkustent nie. Ramaphosa, jy moet jou kabinet afdank – dis te veel van ‘n gesukkel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.