Treine in Mamelodi staan stil oor Eskom

(Foto: @MbalulaFikile/Twitter)

Metrorail Gauteng kon die afgelope drie dae geen dienste lewer aan die gemeenskap van Mamelodi wat van Pienaarspoort na Pretoria wou reis nie. Dit raak ook treine tussen Pretoria en Mamelodi Gardens.

“Metrorail vervoer ongeveer 25 000 pendelaars in Pienaarspoort en dit kom neer op 28 treinreise wat daagliks gekanselleer moet word,” sê Lilian Mofokeng, woordvoerder van Metrorail.

Eskom het verlede naweek gesê een van hul komponente het onklaar geraak en dit het beteken dat daar geen kragtoevoer was na Metrorail se substasies nie.

Treine is sedert 24 April 2023 nie beskikbaar in Mamelodi nie.

“Metrorail se tegniese span is in gesprek met Eskom-tegnici in dié verband. Daar is egter nog nie enige positiewe uitslag nie.”

Die 25 000 pendelaars sluit nie skoliere in wat op die treine staat maak om by hul skole uit te kom nie. “Alhoewel ons verskeie platforms gebruik om met ons lojale pendelaars te kommunikeer, kan ons nie die impak gering skat wat dié situasie op gebruikers se beursies het nie. Treine is baie bekostigbaar.”

Metrorail is vol vertroue dat Eskom binnekort die probleem sal oplos en die kragtoevoer na sy substasies sal herstel.

Die bestuur van Metrorail vra om verskoning aan pendelaars en sy werknemers vir die ongerief wat die probleme veroorsaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Realis Thailand ·

Die mense kry mos nou die diens wat hulle voorgestem het deur vir die anc te stem
Laat hulle maar loop en die veel duurder taxis gebruik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.