‘Trek regulasies eerder terug as om werkplek deur ras te polariseer’

Thulas Nxesi. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

“Die werkplek word deur rasteikens niks anders as ʼn syferspel nie. Dit is ʼn ernstige aanklag teen die ANC-regering dat daar ter wille van politieke oorlewing, 30 jaar na demokrasie, al meer op raswetgewing staat gemaak word.”

Só sê die Afrikanerbond in sy kommentaar op die konsepregulasies wat deel vorm van die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming. Die Afrikanerbond het Saterdag sy kommentaar hierop ingedien, tesame met ʼn skrywe aan Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid.

“Hierdie is uiters belangrike wetgewing wat saam met die konsepregulasies ʼn enorme impak op die werkplek gaan inhou. Daarom wil ons nou reeds versoek dat die regulasies wat die wetgewing moet interpreteer, teruggetrek moet word,” het Dries Wiese, voorsitter van die Afrikanerbond, gesê.

“Waar die Suid-Afrikaanse Grondwet se aanhef dit duidelik stel ‘dat Suid-Afrika aan almal wat daarin woon behoort, verenig in ons verskeidenheid’, is die wetgewing en die konsepregulasies daarop gemik om die diverse verskeidenheid van Suid-Afrika op rasgronde te verdeel.”

Die ANC as regerende party steun meer op die Vryheidshandves as die Suid-Afrikaanse Grondwet en voorskrifte van die ideaal van gelykheid word deur die wetgewing en konsepregulasies ongedaan gemaak en bring trouens groter ongelykheid, sê Wiese. “Dit is verbasend dat die ANC nie hierdie ironie insien nie.”

“Ons kan nie anders nie as om te vra of die ANC enigsins die ekonomiese implikasies verreken het van die wetgewing en regulasies. Waar Suid-Afrika tans onder ernstige ekonomiese druk is, is nog meer werkloosheid deur rigiede rasvoorskrifte nie die oplossing nie. Dit is duidelik dat die implikasies van die wetgewing en die regulasies nie deeglik oordink is nie. Die wetgewing en regulasies moet eerder onttrek word en nuut opgestel word in oorleg met die ekonomiese rolspelers wat ʼn positiewe bydrae wil lewer tot die groei van Suid-Afrika.”

Die Afrikanerbond is van mening dat ʼn meer regverdige werkplekverdeling gegrond op meriete en prestasie ʼn voorvereiste is vir ekonomiese groei wat die koek sal vergroot en dat die ideaal van ʼn meer verteenwoordigende werkmag op dié basis behaal kan word.

Verskeie partye, groepe en organisasies het reeds aangedui dat hulle die howe sal nader om die rasregulasies te beveg indien dit aanvaar word.

ʼn Verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) oor die verwagte arbeidsmark- en ekonomiese uitwerking van die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming en gepaardgaande teikens, meen dit blyk dat die konsepregulasies se doel veel eerder is om minderheidsgroepe uit die arbeidsmark op sekere posvlakke uit te sluit, as wat dit is om diversiteit en gelykheid te bevorder.

Dié teikens kan bepaal in watter provinsies, sektore en op watter posvlakke rasgroepe welkom is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

KatjieDeKat ·

Dis beslis rassisme. Gaan ons blankes, Indiers en Kleurlinge een vd dae ook net by sekere restaurante en publieke plekke mag ingaan, en in sekere dele woon?

Amelia ·

Ander rasse moet net weier om die bevoordeelde op te lei boek geleerdheid werk nie altyd in praktyd nie veral nie met n 33% nie Die sekere restaurante en woongebiede sal my nie pla nie
darm dink ek sal meer vrede wees en stilte

Wondermaarnet ·

Meer besighede gaan vou, want wat help dit jy neem iemand in diens op grond van kleur en hy/sy kan nie die werk doen nie.

ES ·

Natuurlik, dis teen die konstitusie – die een wat hulle gepromulgeer het!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime storm voort. Besware gaan hulle nie stop nie. Selfs nie eers die hof nie. Wanneer gaan die minderhede dit besef? Ander planne moet gemaak word.

JN ·

Daar lê jou antwoord.
Die Anc gee nie om of Suid Afrika vou of nie.Nes Mugabe is baie van die Fat cat kaders trommel dik gevreet en kan oorleef al vou die ekononie..Hul soek die grond en minerale, banke ens als genasionaliseer.Nes Mugabe toe kan die Anc nie wag om ontslae te raak van die blankes op elke vlak moontlik nie,kyk maar Afrikaanse skole word gevat,hul vee geskiedenes weg en verplaas dit met skuldgevoelens.
Hul die Anc soek die blankes in plakkasies al bedelend op straathoeke vir kos.

Pierre ·

Ras ras en nogmaal ras en op grondvlak vat meeste rasse hand en werk goed saam, politiek sal politiek bly en als draai om aan die stuur te bly ongeag van hoe die land of die land se mense voel, dink en oorleef, ras kwotas word gesien as sogenaamde pleister vir die gevaalde staat, enige iets om so paar ekstra verlore stemm te probeer terug wen.

Chris ·

Ek is nie rêrig stomgeslaan oor die beplande wetgewing nie. Wat my egter verbaas is wat het geword van die regte kwalifikasies vir die regte pos, wat ook per slot van sake ook verdag is. Met die betalende bedryf van die koop van kwalifikasies van enige opleidings onderneming is dit ook verdag. Absurditeite.

Wonder ·

Ek weet nie vir wat probeer hull die ding nou so aan almal af smeer nie, ek meen die persoon wat die werk kan doen moet die pos kry, almal het mos nou die reg vir onderwys.

Waarom ·

As jy deesdae jou geslag kan kies in die siek wêreld kan jy dan seker jou ras kies. Altyd gewonder as die pa swart is en die ma wit watse ras is die kinders. As die kinders swart is, is hulle dan deel van die voorheen benadeeldes en BEE?

JACF ·

Dit is besonder goeie nuus dat die Broeders nou erg ontsteld deurkom rondom die ras kwessie binne onse geledere.
Hul was jare gelede gewaarsku dat sake erg gaan verkeerd loop, maar, ten spyte het hul voort gestorm om die land weg te teken.
Nou gaan dit Broeder vernuf kos om die saak om te keer.
Sterkte Broeders, ons vertrou jul met hierdie taak.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Broeders het destyds nie geluister nie, en sal steeds weier om te luister.

André ·

Die ANC het niks meer vir die 2024 verkiesing nie, dus die “Populism” onderwerp van rasse teikens. Dit sal hulle in die nuus bring en mense laat praat. Dit is ook om die hoi polloi se ore te kielie. My vraag is, is daar net werk vir 7% van die populasie? Hoekom moet die meerderheid die minderheid bullie met wetgewing, na 30 jaar? Almal moet nou al die selfde vlak van opvoeding en opleiding gekry het.

Papsak ·

Wat is die anc se probleem met ras en kleur gee ons almal werk SA behoort aan ons almal nie net aan swartes nie of die anc nie hou op ons so te wil regeer julle nie ons base nie onthou dit hierdie is kwaai rasime op sy ergrste

Koos 100 ·

Papsak, dis hulle enigste en laaste strooihalmpie. Sien, die ANC misluk met alles (behalwe korrupsie) wat hulle doen. Hulle gebruik dan ras om politieke punte te kry.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die Britte het apartheid ontwerp, die NP het dit geïmplemeteer, en die ANC het dit vervolmaak.

JvR ·

En arme Verwoerd is die sondebok. En al wat hy wou he was aparte onwikkeling. Want hy het geweet daar sal clash of cultures wees

Schalk ·

Elke nuwe wet wat rasgedrewe of polities demografies georienteer is wys indirek na elke vlak van faal van die ANC. Die wat daarin lees en glo dat hulle nou voordeel gaan trek kan ek net voor jammer voel. Diegene wat verstaan weet dit is net vir ‘n baie klein elite groepie van die ANC beskore.

JvR ·

Hierdie kan n bloeityd wees vir klein sake. Maak seker dit is familie besigheid. Ek weet van baie sulkes.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien jy tevrede is om soos ‘n setlaar te leef stem ek saam. Maar moenie te veel van die owerhede verwag nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nie veel opsies nie. Daar is wittes in Botswana. Zimbabwe, Zambië, Tanzanië, Malawië, Rwanda, Kenia, Uganda, Ghana en ander lande wat goed doen. Hulle is burgers wat boer en firmas bestuur. Baie besit hul eie ondernemings. Hulle betaal belasting en ondersteun mekaar, maar bly uit politiek en regeringsbeleid. Hulle eis niks en kritiseer niemand. Ons sal seker ook daai pad loop.

skurweberg ·

Die ANC moet meer moeite doen om met suksesvolle mense in hul eie land te gesels oor wat die geheim is van sukses.

Moet net nie die raad wat julle kry as voorskryf beskou nie, omdat julle die houding het dat julle nie voorgeskryf sal word nie. Veral nie deur ‘n ander rasgroep nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.