Tshwane-metro ondersoek ook grondtransaksies

Stevens Mokgalapa. Foto: DA

Die burgemeester van die Tshwane-metro het die korrupsieklagtes wat deur AfriForum aanhangig gemaak is rakende beweerde verdagte grondtransaksies, verwelkom.

Volgens burgemeester Stevens Mokgalapa is die metro ook reeds besig met sy eie ondersoek na verskeie grondtransaksies nadat daar glo reeds in Mei vanjaar talle klagtes daaroor ontvang is.

“Die stad sal die gepaste stappe doen na die uitslag van die ondersoek. Die stad mag onder geen omstandighede sy sake onverantwoordelik doen of sonder om die optimale waarde te oorweeg wat hy verdien om inwoners te bevoordeel nie,” het Mokgalapa gesê.

“Die DA-geleide administrasie is hewig gekant teen enige optrede wat ons belofte delegitimeer om die lewens van Tshwane-inwoners positief te verander. Ek kan die publiek verseker dat enige amptenaar wat die wet oortree het aan die pen sal ry.”

AfriForum het Maandag klagtes van miljoene rande se bedrog teen die Tshwane-metro, Proco Management, Linked Thoughts Consulting en Faragamo Trading by die SAPD ingedien.

Luidens ʼn mediaverklaring deur AfriForum uitgereik, het bogenoemde instansies as middelmanne opgetree en drie plase in die Tshwane-distrik aan die Tshwane-metro verkoop teen pryse heelwat hoër as die markwaarde daarvan. Hierdie plase is Strydfontein, Klipfontein en Roodepoort 504.

Maroela Media het reeds in Augustus en September berig dat ʼn paar mense miljoene rande in die sak gesteek het nadat die Tshwane-metro groot stukke grond bekom het.

Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid (Foto: Reint Dykema, AfriForum)

Volgens Monique Taute, hoof van AfriForum se teenkorrupsie-eenheid, beloop die bedrag wat reeds vermors is weens dié verdagte grondtransaksies altesaam R176 miljoen.

Volgens Taute is belastingbetalers die slagoffers in dié verdagte transaksies.

“Terwyl die skuldige partye na bewering miljoene rande binne ’n paar minute in die sak kry, laat dienslewering veel te wense oor – iets waarvoor hierdie vermorste belastinggeld eerder aangewend moes word,” sê Taute.

“Dit is onaanvaarbaar dat geen stappe tot dusver gedoen is teen die verkopers óf die senior amptenare wat by die transaksies betrokke was nie,” lui die verklaring.

Proco Management het die oorspronklike eienaars van die plaas Strydfontein met R117 miljoen vergoed. Tshwane-metro het op dieselfde dag dié plaas vir R211 miljoen gekoop en Proco Management kon dus ʼn wins van R94 miljoen in hul sak steek.

Tshwane-metro het die Klipfontein-plaas vir R85,5 miljoen by Linked Thoughts Consulting gekoop, wat die plaas op sy beurt vir R53 miljoen by die oorspronklike eienaar gekoop het. Dié middelman het ʼn wins van meer as R32 miljoen uit die transaksie gemaak.

Augustine Makgata, Tshwane-metro se hoof van beplanning en ontwikkeling, het dié hoë aankooppryse van Klipfontein en Strydfontein in ’n verslag aanbeveel. In die betrokke verslag het hy ook voorgegee dat Proco Management en sy stille vennoot, Nungu Trading, oorspronklik die eienaars van Strydfontein was. Makgata kon egter nie waardasies verskaf om sy prysaanbevelings te staaf nie.

Faragamo Trading het die Roodepoort 504-plaas wat in die Bronkhorstspruit-omgewing geleë is, vir R40 miljoen by die oorspronklike eienaar gekoop en 40 dae later vir R90 miljoen aan die Tshwane-metro verkoop. Dié oordragte is direk ná mekaar gedoen. Dié plaas is intern deur die Tshwane-metro vir R5,9 miljoen waardeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Anel ·

Dis soos die park in die middel vanValhalla wat vir die Islamic trust weggegee is. Hulle is nou besig om ‘n moskee op te rig. Maak nie saak hoe die inwoners kapsie gemaak het nie. Daar was ander instansie wat die grond wou koop, maar dit is vir hierdie klomp gegee.

Frikkie Geld en huis ·

Hierdie gevalle sal, soos hordes ander, ‘n stille dood sterf. ‘n Komrat bly ‘n komrat.

schaun ·

Ek dink hulle moet die ondersoek vir Afriforum los en meer aandag gee aan die moot se vuil strate en parke en die hordes straatligte wat nie werk nie veral die Rietfontein, Villieria area.

Gert van Wierdapark ·

Dis “Mostert na die Maal” mnr die Burge-Meester! Die storie kom skynbaar al n lang pad nadat die publikasie “Noseweek” dit al lankal oopgevlek het! Die punte wat die Raad nou probeer “score”, is ongelukkig teen hulself! “. Volgens die berigte is die ampte-naar wat die groen lig by Tshwane vir die aankoop-transaksie(s) gegee het, nou ‘n departementshoof by die Jhb Raad! Lekker man, lekker!! Al wat ons as belastingbetalers van Afriforum vra, is om die verdagtes behoorlik op te dreun!!! Dankie vir wakkerheid en dapperheid!

K P ·

Dit is deels van die rede hoekom ons as belasting betalers sulke hoë belasting moet betaal in Pretoria. Hulle is net so sleg soos die anc

Swerwer ·

Nou wonder die DA hoekom Pretoria stemme verloor. Moes al lankal van die ANC kaders ontslae geraak het. Tot tyd en wyl hulle nie ruggraat toon en hulle in die pad steek nie gaan DA nog stemme verloor.

Fred ·

Die DA speel lekker Saam……..Geen ruggegraat nie……Kan nie op hulle staat maak nie….

Alida ·

Die DA en VF+ saam het nou spoed gevang. Hou so aan en roer dir ANC.

sweis ·

Ek kan nie glo u noem die DA en VF+ in dieselfde sin nie eersgenoemde is n party wat diskriminerende wette goedkeur teen minderhede en die VF+ beveg diskriminasie teen minderhede,ek kon geen verskil sien in Pretoria nie ek wil amper sê dinge het beter gegaan met die anc ,regte afrikaners stem VF+ en oningeligtes stem DA.

Riaan ·

Wat? Al wanneer die da spoedvang is as dit ten koste van blankes is of as hulle uitgevang is. Jy kan nie eers begin om die da en VF te vergelyk of in een sin gebtuik nie!

Oosie ·

Waar het die prokureur wat van die transaksies hanteer het en nou oorsee bly die geld gekry om landuit te gaan? Vra maar net…

Spook op thaba ·

Tjaaa….nou wonder ek of antie Helen die DA sal kan red. Hulle het ons as kiesers verloor for ever

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.