Tshwane-metrobeamptes ondersoek oor video

‘n Skermskoot uit die video.

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) het ʼn ondersoek begin nadat van sy lede op video vasgevang is waar hulle klaarblyklik ʼn man aanrand.

Die video, wat wyd op sosiale media versprei word, wys hoe metropolisiebeamptes ʼn man oor ʼn muur by ʼn huis trek en stoot waarna hy op die grond val.

Die man word dan herhaaldelik teen die kop geklap waarna vier beamptes hom in ʼn TMPD-bussie laai en wegry.

“Die metropolisie kan bevestig dat dit ons voertuig en van ons beamptes is wat in die video gesien kan word,” het sr.supt. Isaac Mahamba, TMPD-woordvoerder, gesê.

ʼn Interne ondersoek is van stapel gestuur rakende die video, maar volgens Mahamba is daar nog nie amptelik ʼn klag in dié verband ingedien nie.

“Ons versoek die persoon wat klaarblyklik in die video aangerand word om na vore te kom en inligting te verskaf wat met die ondersoek kan help.”

Enigiemand met inligting oor die gebeure in die video kan die TMPD anoniem by 083 657 2998 bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ralph ·

Ek het simpatie met die polisie. Misdadigers word deur die wet beskerm en daarom raak die frustrasievlakke soms baie hoog.
In die ou dae sou die inbreker baie meer as net ‘n paar klappe ontvang het.

Lodewyk ·

So ons is nou daar waar die polisie mense kan aanrand in plaas daarvan dat how die straf uitdeel.
Volgende: Onskuldige siekes en oues word mat waterkanonne gespuit vanwee gebrek aan “social distancing”.
Volgende: Jou vrou word geskop en geklap omdat sy per ongeluk van baan verander het sonder om kar langs haar te sien. (arme polisie)
Volgende: Jy word geskop en geklap in parkeerarea toe jy vergeet om jou masker aan te sit.
In die “Ou dae” was dit verkeerd en in die nuwe dae is dit ook VERKEERD.

ooknetmens ·

Ek stem saam. paar jaar terug het minderjariges gepoog om by ons huis in tebreek. Toe polisie opdaag het hulle kinders om die hoek gevat en pak gegee, want hulle geweet kinders gaan net in sorg van hulle ouers vrygelaat word. Ons regsstelsel is te gebrekkig om kriminele te beheer.

Heinrich ·

In die ou dae was die polisie eerbaar en nie vrot van terroristiese boelies nie.

Stefan ·

Kom ons wag vir die volle verhaal.
Dit wil amper lyk of hulle ‘n inbreker en/of betreder vasgevat het, in daardie geval sou mens die frustrasie van die polisie kon verstaan.

Natasha ·

Die persoon het nie terug baklei of gestruwel nie, hoekom hom klap?

Stefan ·

Natasha, die persoon het dalk nou jou grootmoeder se trouring gevat.
Maar kom ons wag eers vir die volledige verhaal.

Natasha ·

Hoe weet hulle nie wie die persoon is nie? Daar moet sekerlik ‘n rekord wees van iemand wat ingeboek is by die stasie tensy hulle nie die persoon gearresteer het nie, wat dan plein aanranding en misbruik van mag is. Die persoon het nie gestruwel of enige iets nie, hoekom hom klap? Ons almal raak geirriteerd en frustreerd, maar ons loop en klap nie mense nie. (Wens soms ons kon) Ek sal graag die volle verhaal van alle partye wil hoor.

Patch ·

My gedagte ook. Hulle het hom dan in die voertuig gelaai en sekerlik na die polisiestasie geneem, hoe kan hulle dan vra dat die persoon na vore moet kom. Maak nie sin nie.

Sêmanet ·

Hoekom hoef hulle nie hul veiligheidsgordels te dra nie? Hy klim net in, en trek weg. Ek wonder of hulle maskers gedra het en gesanitise het?

Casper ·

Is die polisie nou judge,jury and executioner.Is die man aan enige misdade skuldig bevind.magsmisbruik is aan die order van die dag.

Lodewyk ·

Presies. Kan nie meer saamstem nie. En wie besluit wanneer kan hulle skop skiet en boomklim en wanneer nie? Wat is die KRITERIA?

Surfer ·

Hy het duidelik iets verkeerd gedoen en toe tee gesit. Moes die amptenare nou vir hom gebid het en groen koeldrank en Zoo koekies gegee het.

twaalfboor ·

Wag tot jy onskuldig aan die ontvang kant is van klappe en skoppe…… Dan vra jy vir groen koeldrank en zoo koekies.

Piet ·

Kan net genoeg geweld gebruik om die persoon in hegtenis te neem as hy hom teësit. Geklappery teen die kop is nie nodig nie. Moet egter sê dat ek as kind darem ook gesien het hoe die apartheidpolisie baie erger was, dus glad nie ‘n unieke situasie nie. Totaal onaanvaarbaar maar ek dink dit vind ook maar plaas in ander lande. Party lede kan maar net nie die bietjie mag wat hul het beheer nie.

Marius ·

As die man ook n 81 jarige tannie aangerand het en vir haar gese het dat hy haar gaan dood maak en haar rugwerwels gebreek het toe hy haar geskop en geslaan het , is dit sy verdiende loon . Jammer maar dit is hoe ek voel veral as dit jou ma is .

Raakvatter ·

Ek stem saam, wag vir die volle storie. Die beamptes het doelgerig gestap, die verdagte oor die muur getrek wat hom obviously verset het, een klap teen die kop en in die bussie. Gaan seker duimpies af kry, maar lyk nie vir my soos mags oorskryding nie. As die verdagte wel ‘n misdryf gepleeg het, well done TMPD.

Hendrik ·

Ja nee hierdie ouens het die hef in die hand. Het die burgers nog enige regte in hierdie polisiestaat?

CP ·

Die probleem is.. Hulle is ‘Traffic’ police en nie Polisie nie.
Die twee entiteite TMPD en SAPS sukkel om hul KPI’s te verstaan…

JohanR ·

Ek gee nie om wie of wat jy is nie, maar niks gee jou die mag of reg om aan iemand te klap nie. As die ou ietsie verkeerd gedoen het dan sit hom in die motor, vat hom polisie stasie toe en boek hom maar jy het geen reg om aan iemand te slaan of klap nie. Nie lank nie dan gaan hulle ‘n jong wit meisie stop op die Pretoria/Johannesburg pad wat nie vir die blou lig wou stop nie en aan haar klap, of het dit al klaar gebeur?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.